Susan Boyle - kyk hoe lyk ek nou!
Sy sukkel om te beskryf hoe ingrypend haar lewe verander het sedert miljoene mense wêreldwyd haar in April 2009 op die verhoog van Britain’s Got Talent hoor sing het. Oornag het Susan Boyle, oujongnooi in ‘n piepklein dorpie, verander in 'n internasionale sangsensasie.
Die media-druk was oorweldigend, en Boyle het erken dat dit nie ‘n maklike pad tot hier was nie. Ten spyte van haar bekendheid is daar ‘n paar goed wat sy steeds nie doen nie – sy gaan nie met vakansie nie. Sy’s ook nie mal oor mode en gourmet-kos nie. Sy’s nie getroud met kinders nie, en het nog nie die wêreld gesien nie.
“Ek doen dit nie vir die geld nie, ek doen dit om mense te vermaak. Ek sing om mense gelukkig te maak.” (Bron: www.harpersbazaar.com)
Harper’s Bazaar het haar ‘n mooimaaksessie gegee, en kyk net hier!
Lees ‘n eksklusiewe onderhoud met haar en kyk na die video toe dié foto's geneem is.
Verwante artikels
-
Jennifer Aniston en Gerard Butler op die rooi tapyt
SARIE Maart 2010
Hier is foto's van die 'paartjie'by die onlangse New Yorkse premiere van hul fliek, The Bounty Hunter. Kyk ook uit vir 'n eksklusiewe onderhoud met Gerard Butler hier op sarie.com.
-
Susan Boyle maak geskiedenis
SARIE - November 2009
Susan se wegholsukses het begin toe sy almal op Britain's Got Talent stil gesing het.
-
Susan Boyle trek in haar nuwe huis in
SARIE September 2010
Die Britse sangsensasie Susan Boyle (49) het uiteindelik haar staats-skakelhuis vir 'n droomhuis verruil, berig Mirror.co.uk.














Kommentaar
Mariette het gesê:
Sy lyk pragtig! Sal nooit se dit is dieselfde persoon nie!
1ste Des. 2009, 13:56Heila het gesê:
Susan Boyle lyk pragtig - was eintlik nog al die tyd! Het net n haal van n towerstaf gekort en nou is sy voorwaar ongelooflik mooi...
24ste Aug. 2009, 16:13Christina het gesê:
Sy lyk ongelooflik! Sarie neem nou ASB vir Caster ook op 'n mooimaak sessie en vra iemand om vir haar oorbelle te skenk!
21ste Aug. 2009, 15:16Ina Beuken het gesê:
Sjoe, sy lyk ongelooflik!!
21ste Aug. 2009, 13:52Yvette het gesê:
Stunning!
20ste Aug. 2009, 19:52Christelle van Staden het gesê:
Sy lyk ongelooflik - kan nie glo dis dieselfde persoon nie!
20ste Aug. 2009, 14:34Louise Adams het gesê:
Dis so waar. Moenie iemand op sy voorkoms takseer nie...
20ste Aug. 2009, 13:26Judith Vermeulen het gesê:
Wow, sy lyk stunning. Toe sy aanvanklik op die verhoog met die heel 1ste optrede van haar verskyn het, het die hele gehoor en beoordelaars se gesigte duidelik gewys, wat de hel het ons hier. Soos dit maar altyd is met iemand wat nie volgens ons mening in ons classy prentjie inpas nie. Maar mens kon duidelik sien hoe hulle gesigte hul verbasing weergee toe sy begin sing het. Wat net weereens wys mens moenie iemand op sy voorkoms takseer en beoordeel nie. Jy moet na die mens binne-in kyk.
20ste Aug. 2009, 06:40