Kyk net hoe lyk Neil Sandilands!
Wie skuil agter die baard?
As jou vriende speels begin sê jy begin soos 'n bergie lyk, beteken dit seker dit is tyd vir 'n haarsny en 'n skeer.
Neil Sandilands, wat deesdae in Los Angeles woon, se voorkoms verskil ligjare van die dae toe hy nog Bart in 7de Laan gespeel het.
Miskien groei hy dit vir 'n rol in 'n fliek? Mens kan net so hoop!
Karen Zoid sê op Facebook hy lyk soos 'n "sexy bergie" en sy vriendin Christina Storm se raad is: "Klits daai hare!"
"Wat 'n interessante mens is jy nie. En ek hou so baie van jou nuutste profielfoto. Waarom kan ek nie verduidelik nie," sê kos-celeb Sonia Cabano van sy nuutste profielfoto op Facebook.
"Ai Neil nou net wakker geskrik in n nagmerrie ek moes sluk na asem ek het jou profile pic in my droom gesien. Hemeltjie op aarde gelukkig was dit net 'n nagmerrie," spot Hermina Minnie Milushev. Sy raas dat Neil se meisie, die aktrise Esta Terblanche gaan ook gaan nagmerries kry as sy hom so sien.
Jacqueline Brits sê Neil se nuwe haarstyl herinner haar bietjie aan Leonardo in Man with the Iron Mask.
Komaan Neil, sny die boskaas of laat weet vir watter rol jy jou voorberei!
Verwante artikels
-
Justin Bieber stel sy eie naellakreeks bekend
SARIE - Oktober 2010
Wys jou naels wanneer jy Justin Bieber luister!
-
Neil Sandilands
“Nadat ek by hierdie reeks betrokke was, besef ek die bedryf het nie by my begin nie!” skerts Neil Sandilands, medevervaardiger van Impresario, kykNET se nuwe, insiggewende semi-dokumentêre reeks oor die lewenswerk van legendariese figure van die...
-
Neil Sandilands skiet film in Los Angeles - kyk die toneel
SARIE - Junie 2010
Neil Sandilands (7de Laan se Bart) spandeer onlangs heelwat tyd in Los Angeles. Daar het hy ook vir Esta TerBlanche raakgeloop, en soos Huisgenoot in April vanjaar berig het.
-
Neil Sandilands, akteur en regisseur
SARIE - Augustus 2009
-
Wat sê manne soos Neil Sandilands en Jan Blohm oor selluliet?
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 5
Vererger vroue dalk die voorkoms van selluliet? Ons het twee hubare mans gepols oor wat hulle werklik van selluliet dink.

















Kommentaar
Sonet het gesê:
Ek dink dit is aaklig...sorry! Probeer sjampoe en 'n skeermes.
22ste Sep. 2010, 23:38Marietjie het gesê:
jig!
22ste Sep. 2010, 12:51