"Toe stop my hart" - Lianie May en Jay van Eden se liedjie oorrompel

SARIE Maart 2010

"...een van die mooiste Afrikaanse liedjies", "beste beste song ooit en hul sing dit so mooi saam, perfekte stemme saam", "die coolste video wat ek in 'n lang tyd gesien het..." is van die opmerkings wat die prag-duet, Toe Stop My Hart, van Lianie May en Eden se Jay op YouTube uitgelok het.

Die liedjie vertel die verhaal van ou geliefdes wat mekaar weer sien ná Jay se karakter uit die tronk vrygelaat is. Mozi Records se Sean Else was die regisseur van dié treffende video wat op 'n plaas in die Oos-Vrystaatse dorp, Memel, geskiet is.

Toe Stop My Hart is op Lianie May se nuutste album, Boeremeisie, en is reeds as Beste Afrikaanse Pop-album in vanjaar se SAMA-toekennings benoem.

Kyk die video hier:

Verwante artikels

Galery

  • Lianie May
  • Jay in die video, Toe Stop My Hart

Kommentaar

  • Sy sing baie mooi en is verskriklike mooi vrou ek luister gereeld na hair Muriel

    13de Mei. 2011, 18:26
  • Lianie en Jay sjoe - julle is awsome ! EK was nou by 'n show van hulle 2 - en down to earth kry jy nie beter nie . Hulle is great ! As mens nie iets goed van iemand kan se nie - dan moet mens stil bly! Alhoewel jaloesie is ook n nare ding ! Lianie jy is pragtig nes jy is - en jy mag maar - moenie jou steur aan ander se negatiewe komentaar nie . Jy rock!!! En wie meng nie vandag afrikaans en engels nie - sjoe man waardeer goeie kunstenaars en ondersteun hulle - !! En kyk in die spieel en kritiseer jouself...

    18de Mar. 2011, 11:00
  • Lianie en Jay sjoe - julle is awsome ! EK was nou by 'n show van hulle 2 - en down to earth kry jy nie beter nie . Hulle is great ! As mens nie iets goed van iemand kan se nie - dan moet mens stil bly! Alhoewel jaloesie is ook n nare ding ! Lianie jy is pragtig nes jy is - en jy mag maar - moenie jou steur aan ander se negatiewe komentaar nie . Jy rock!!! En wie meng nie vandag afrikaans en engels nie - sjoe man waardeer goeie kunstenaars en ondersteun hulle - !! En kyk in die spieel en kritiseer jouself...

    18de Mar. 2011, 10:59
  • Weereens 'n treffer, Lianie neem maar die negatiewe kommentaar van wie dit kom. Goed opgevoede mense sal nie hierdie meduim gebruik om enigiemand af te kraak nie, wat nog te se om een van ons land se belowenste kunstenaars probeer bykom omdat hy/sy musikaal afgestomp is. Dankie vir julle met goeie opvoeding wat gepaste kommentaar lewer.

    29ste Nov. 2010, 11:57
  • Dis n baie mooi liedjie,my seuntjie is 4jaar oud,en met sy verjaarsdag moes pappa al sy geldjies by mekaar maak om die boere meisie cd te gaan koop!!!!En kyk - hy ken elke woord!!So kom asb Secunda toe,hy sal beslis die eerste kaartjie koop! Dankie julle

    8ste Okt. 2010, 20:58
  • Dis n baie mooi liedjie,my seuntjie is 4jaar oud,en met sy verjaarsdag moes pappa al sy geldjies by mekaar maak om die boere meisie cd te gaan koop!!!!En kyk - hy ken elke woord!!So kom asb Secunda toe,hy sal beslis die eerste kaartjie koop! Dankie julle

    8ste Okt. 2010, 20:58
  • Dis n baie mooi liedjie,my seuntjie is 4jaar oud,en met sy verjaarsdag moes pappa al sy geldjies by mekaar maak om die boere meisie cd te gaan koop!!!!En kyk - hy ken elke woord!!So kom asb Secunda toe,hy sal beslis die eerste kaartjie koop! Dankie julle

    8ste Okt. 2010, 20:57
  • Vir al die "ERG" afrikaanse mense wat so kritiek op twee engelse woordjies wil lewer, julle mis heel duidelik waaroor die song gaan. Hoekom voel julle verplig om julle waardevolle tyd te mors om kritiek te lewer op n SONG wat julle so afsit omdat dit nie "suiwer afrikaans" is nie??? Ek dink julle moet eerder julle afrikaanse taal boeke gaan bestudeer en die moderne en verfrissende musiek vir die jong garde los!!! GET A LIFE. ;) Hou julle koppe hoog, die lied is wonderlik!!!

    8ste Okt. 2010, 20:43
  • AG NEE MAN MENSE!!!!! Wat is die probleem met die kritiek? Gun julle nie almal 'n plekkie onder die son nie???? As julle nie van die engelse woorde hou nie, moet dan nie die CD koop nie. As julle nie van haar hou nie, moet dan nie haar CD koop nie. Maak julle eie CD's dan sal ons sien wie dit gaan koop. Hou julle kritiek vir julle self!!!!!!!!!!!!

    16de Aug. 2010, 09:42
  • Ek was saam met Lianie op skool, sy is geensins uitlokkend of selfs eens flirterig nie daarom dat sy al jare in verhouding is met dieselfde man.Sy is pragtig en het ons dorpie op die map gesit, haar talent is uitnemend vir een wat nie eens die plaaslike skoolkoor gehaal het nie.Dus vir al die anti Lianie fans, los ander uit veral die wat jy nie eens ken nie jy is ook nie so perfek!En as jy nie hou van haar musiek nie moet dit nie luister nie, almal hou ook nie van jou musiek nie.

    13de Aug. 2010, 11:32
  • Dankie Alida Kruger, ek sekondeer op dit!!!!! Lianie jy is pragtig!!!! ek wens ek het so 'n lyf gehad om ook so aan te trek!!!

    30ste Jul. 2010, 15:18
  • Sjoe, hulle pas so mooi bymekaar, baie mooi, great song!

    30ste Jul. 2010, 12:19
  • Ek stem saam met Deon, dis belaglik, hoekom kon die son nie "sak" nie. En hoekom is almal so behep met "baby" (en ek sluit hiermee alles Afrikaanse sangers in wat dit gebruik). Gewoonlik gun ek almal maar hul plekkie in die son, al hou ek nie van hul musiek nie, maar hierdie is 'n nuwe laagtepunt, en baie swak.

    26ste Jul. 2010, 09:06
  • Ek wil ook weet wat dit beteken as die son gaan "set". Sy't seker haar graad 5 sussie gevra om die liedjie te skryf. Ek dink dis die grootste gemors wat ek al gehoor het. Hier aan die einde klink dit of sy besig is om te kraam. Lianie moet maar kyk of sy nie beter in iets anders kan wees nie, want sing kan sy beslis nie. Sy irriteer die hel uit almal in ons kantoor as Jacaranda dit 10 keer 'n dag speel.

    21ste Jul. 2010, 12:48
  • jay is n mooi man ek sal alls gee om net een soen van hom te kry en die liedjie wat hulle saam doen is perfek saam

    12de Mei. 2010, 13:04
  • jay and lianie could make a perfect couple.awsome song!!!!!!!!!!!!!!!!!

    30ste Apr. 2010, 11:12
  • Die mooiste liedjie met die mooiste woorde ooit!!! Liani, jy mag maar!

    28ste Apr. 2010, 13:01
  • Fasinerend dat mense kla oor Lianie se liedjie met baby in maar, Eden en Gerhard Steyn het ook afrikaanse liedjies met Baby in hulle en almal vrek oor die liedjies, niemand kla daaroor nie. Nou wonder mens hoekom die mense nou juis met Lianie ontevrede is omdat sy engels en afrikaans saam sing, dis haar liedjie man sy kan seker daar in sing wat sy wil. As jy nie daarvan hou nie moenie daarna luister nie, die keuse is mos joue. LEEF EN LAAT LEEF, VADERTJIE TOG. Mens kan ook nie almal gelukkig maak nie.

    7de Apr. 2010, 10:51
  • Alida het gese: Dis net jaloesie omdat Lianie so 'n stunning vrou is en so 'n stunning stem het, GO GIRL, ons meisies wat jou stem en liedjies baie waardeer hoor!!! Hou so aan, ek gaan definitief die DVD soek as ek terug is in SA, werk uit die land uit en toevallig jou nuwe DVD op YOU TUBE gesien. Mag die voorspoed jou verveel!!!!!

    7de Apr. 2010, 09:56
  • go vir dit 'my baby' stunning! sy sing mos en skryf nie matriek afrikaans nie! wat sou jy daar wou gehad het? 'my engel'?

    6de Apr. 2010, 15:18
  • pRAGTIG Nou hoop ek net die boermeisie gooi haar steen by die wat baklei teen die uitwissing van die boerevolk.

    6de Apr. 2010, 13:47
  • Sjoe, stunning song!!! Wonder of Lianie nie dalk rerig lief geraak het vir Jay met die maak van die video nie! Ek stem nogal saam oor die Engelse "baby" - nie nodig in die mooi Afrikaanse song nie.

    6de Apr. 2010, 09:41
  • Ek stem saam dat vir so 'n mooi meisie, 'n meer sagte foto baie meer inpak sou gehad het. Die een lyk of sy enige oomblik reg is om iemand te bespring.

    6de Apr. 2010, 05:21
  • allas sal reg komme

    5de Apr. 2010, 21:41
  • Ek woon nou in Nederland, nog nooit het Afrikaans vir my so mooi geklink nie. 'N pragtige song'

    5de Apr. 2010, 17:02
  • Love die song - ek dink dis great en ja die stemme werk goed saam. Great lirieke. En hey.... Su .... ek hol nou om die CD te kry. Hey man dis 'n Vrystaatse girl .... sooooooooooo bly sy het nie 'n voortrekkerkappie op nie. Miskien effe uitdagend, maar ek love dit.

    5de Apr. 2010, 14:19
  • Ik zou bijna het vliegtuig nemen om naar zuid-Afrika te gaan. Wat is ze mooi!en een kraakheldere stem, top is ze!

    5de Apr. 2010, 08:16
  • Dankie dit is baie nice jy mag maar sing jy sing baie mooi en hou so aan jy sal nog ver kom en jy lyk grate

    4de Apr. 2010, 21:15
  • Sê maar wat julle wil sy bly mooi en het 'n fantastiese stem en om saam met so 'n aantreklike man te sing wie wil enige iemand probeer uitlok jaloesie is 'n groot siekte Go girl jy rock van dit wat als in die wereld aangaan is 'n cd cover " the least of our worries"

    4de Apr. 2010, 16:19
  • baie mooi haal net di "baby" uit dan sal dit sowaar n treffer wees!

    4de Apr. 2010, 11:52
  • 'n Mooi liedjie, maar hoekom in hemelsnaam Engelse woorde in 'n Afrikaanse liedjie gebruik: "die son SET" en "BABY". Dit verwoes 'n pragtige lied. Jammerlik!!!

    4de Apr. 2010, 11:22
  • Adell NZ Lianie jy is pragtig ons is mal oor jou musiek ons luister dit elkedag hier in NZ ons is trots om te se jy is 'n SA

    4de Apr. 2010, 09:01
  • Lianie is n belediging vir Jay se stem....sy moet maar weer gaan vir sanglesse! SWAK!!!!

    4de Apr. 2010, 04:05
  • Terwyl ek van die liedjie hou, sit die foto van Lianie May my baie af. Haar houding is baie uitlokkend op die foto, of is dit wat sy wil se? Hoekom dink meisies hulle moet altyd uitlokkend wees om aandag te trek? As gevolg hiervan sal ek definitief nie die CD aanskaf nie.

    2de Apr. 2010, 17:08
  • Sjoe, dis hoendervleis kry mooi.En met so 'n man wie sal haarself nie kan in dink in die song nie? Gee mens nogals hoop dat iemand eendag saam met my die song sal sing!!!!

    30ste Mar. 2010, 22:16
  • wat 'n mooi vrou! :) en nog 'n stem! SHJOE!

    30ste Mar. 2010, 20:39

Web Development by FormFunction