Lindie Stander (Elise in 'Binnelanders') se lewensreëls

Deur Lou-Ann Stone

Lindie Stander (Elise in 'Binnelanders') se lewensreëls Foto’s: verskaf Galery

Die gewilde aktrise Lindie Stander het stil-stil verloof geraak aan die vrou wat “binne vyf minute my voete onder my uitgeslaan het”. Hier deel sy haar lewensreëls.

  1. Gaan gym toe, al is jy nie lus nie. Jy gaan lekkerder voel daarna, en dalk net beter lyk ook.
  2. Never trust a skinny cook. Proe aan alles wat jy maak. Dit wat jy vir ander maak en voorberei, moet vir jou ook lekker wees.
  3. Sit alles terug waar jy dit gekry het, veral wanneer dit kom by ander se harte.
  4. No one is left untouched by the simplest gesture of communication. So sê 'Hallo' met oorgawe en bedoel dit.
  5. Hou hande vas as jy 'n pad oorsteek. Dis veiliger.
  6. As jy niks nice kan sê nie, bly net stil.
  7. Moenie van mense skinder nie. Dis kommin.
  8. Hou als eenvoudig.
  9. Moenie 'n woord gebruik as jy dit nie kan spel of verstaan nie.
  10. Haal goed uitmekaar en sit dit weer aanmekaar. Dit is hoe jy gaan leer hoe dinge werk.
  11. Besluit elke dag of dit 'n goeie dag vir boomklim is.

Verwante artikels

Galery

  • Lindi Stander (Elise in Binnelanders)
  • Lindi Stander (Elise in Binnelanders)

Kommentaar

  • Ek is van Bloemfontein en sal graag met Lindie wil kontak maak in verband met 'n liefdadigheids funksie wat sal plaasvind volgende jaar saam met my 3de prinses wenner van Mev. Bloemfontein. Sal dit waardeer indien ek kan kontak maak met haar. My mail adres is: ina@prettygardenscentre.co.za Selnr. 083 456 9376 Ek is tans die PRO/Bemarker van 'n leefstylsentrum in Bloemfontein.

    1ste Des. 2011, 11:38
  • Skinder is kommin, en laat jou oog sag wees op jou medemens, en geen kritiek jou kinder se ore bereik nie.

    1ste Des. 2010, 12:40
  • Amanda Roets: Ja sal dit nie wonderlik wees as ons almal by dit kan hou nie.

    1ste Des. 2010, 11:23
  • Jy is regtig 'n insperaie vir my. Ek is mal oor jou lewens lesse. Moenie skinder nie, dis kommin is uitstekend.

    8ste Jan. 2010, 08:54

Web Development by FormFunction