Louis Vuitton, Bono op Upington
Foto’s: Annie Leibovitz Galery
Droë gras, bossies, heuwels en wie sou nou kon dink: Louis Vuitton!
Bono, Annie Leibovitz en Louis Vuitton het saamgespan vir die nuwe Louis Vuitton-advertensieveldtog, op Upington van alle plekke, berig timeslive.co.za
Dit lyk na 'n kombinasie van net die beste: Louis Vuitton (met sy wêreldbekende reistasse, handsakke en luukse goedere), Annie Leibovitz, een van die grootste fotograwe van ons tyd, Bono (aktivis en hoofsanger van U2) en die mooie Suid-Afrika.
Louis Vuitton se splinternuwe advertensie vir sy core values-veldtog is in Suid-Afrika geskiet. In die advertensie verskyn Bono en sy vrou, Ali Hewson, en niemand anders nie as Annie Leibovitz vang die oomblikke op kamera vas...
Dis in die prentjie-mooi Upington-omgewing geskiet, met die veld se natuurlike skakerings van bruin, verbleikte olyfgroen en geel as agtergrond
Het jy geweet?
• Dis die eerste keer dat Bono in 'n advertensie verskyn sonder sy ander U2-groeplede.
• Die klere wat Bono en sy vrou dra, is nie Louis Vuitton nie. Dis hul eie klerereeks, Edun, wat in 2005 gestig is om handelsbetrekkinge met Afrika te bevorder.
• Edun en Vuitton het saamgespan om die handsakke wat Bono en vroulief dra te ontwerp.
• Dit is glo ook die eerste Louis Vuitton-produk wat in Afrika vervaardig is.
Verwante artikels
-
Augustus 2010-modesessie: Agter die skerms
SARIE Augustus 2010
Die winter is nog ver van verby en laat ons nog na ons warm klere gryp. Daarom het ons besluit om die jongste tendense vir baadjies te wys.
-
Bono met 'n reissak deur Afrika
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 4
Ons sien U2 binnekort in SA en nou pryk Bono en sy vrou, Ali Hewson, ook in ’n nuwe Louis Vuitton-advertensie wat die kollig op Afrika laat val.
-
Emmy-toekennings 2010: Wie het wát gedra?
SARIE Augustus 2010
Hier is die mode-wenners van 2010 se Emmy-toekennings.
-
Gwyneth Paltrow nou ‘n country-sangeres
SARIE September 2010
Daar's 'n splinternuwe countrymusiek-fliek op die grootskerm en Gwyneth Paltrow 'sing' die hoofrol.
-
In jou nuutste SARIE BRUID Somer 2010/11
SARIE September 2010 | Kommentaar: 40
Die nuwe SARIE BRUID Somer 2010/11 is 15 September op die rakke, met meer inspirasie as ooit!
-
Jessica Simpson kies gewone vroue as modelle vir haar nuwe klerereeks
SARIE September 2010
Ons word elke dag gebombardeer met foto's van modelle en celebs wat "opgeknap" is. En hul grootte is NUL. (Is "nul" ooit 'n klere-grootte?)
-
Louis Vuitton op safari met Ernest Hemingway se agterkleinkind!
SARIE September 2010
Daar's net iets spesiaals wanneer die son in Afrika sak. En Louis Vuitton se nuwe advertensieveldtog vir sy nuwe reis-versameling praat saam.
-
Louis Vuitton skitter by die Oscars
SARIE - Maart 2011
Ontwerpe van modehuis Louis Vuitton het by Oscars 2011 behoorlik die koppe laat draai op die rooi tapyt.
-
Met 'n reissak deur Afrika
SARIE - Januarie 2011
Die gele, kakies en bruine van die Afrika-landskap lê soos ’n skildery rondom Bono, hoofsanger van die Ierse popgroep U2, en sy vrou, Ali Hewson.
-
Nuwe Afrika-geïnspireerde modes
SARIE Augustus 2010
Vanaf 16 Augustus 2010 sal die ontwerpe van Lalesso, Sway en Thulare Monareng in uitsoektakke van Woolworths beskikbaar wees.
-
Van Ashley Judd na Bono van U2 in 'n naweek
SARIE - Maart 2011
-
Wie vervang CNN se Larry King?
SARIE September 2010
Vinkel en koljander. Nes Riaan Cruywagen die gesig van nuus op SABC2 is, is Larry King en CNN sinoniem.
-
Woody Allen se nuutste fliek (met Carla Bruni!) - Midnight in Paris
SARIE Augustus 2010
Hulle het vroeg in Julie 2010 begin skiet aan Midnight in Paris (natuurlik in die Franse hoofstad).














Kommentaar