Maak jou eie Matthew McConaughey
Foto’s: www.matthewmcconaughey.com
As jy dink die akteur Matthew McConaughey is perfek, hoor hier! Hy is nie net aantreklik, talentvol en 'n goeie pa vir sy twee kinders, Vida (15 maande) en Levi (3), nie. Hy is ook 'n kranige kok.
Maar dit is nie al nie. Hy skep sy eie resepte!
Hy het onlangs aan die aanlyn-nuusagentskap BANG Showbiz wat oor beroemdes berig, verklap dat hy sy eie sous maak vir steak, en dat hy die resep self uitgedink het. "Ek is mal daaroor om my in die kombuis uit te leef, dit voed my siel."
Kan jy dink hoe gelukkig sy vriendin, Camila Alves, is wanneer sy ná 'n lang dag by die huis kom en Matthew staan agter die kospotte . . . Hy is sowaar die volle pakket!
Matthew is veral ook trots op sy eie skemerkelkie, wat hy gereeld maak. Jy kan dit ook vanaand ná werk uittoets.
Die Matthew McConaughey
Dit is geskoei op die Margarita, wat bestaan uit Triple Sec, tequila en suurlemoensap.
Maar Matthew voeg ook die volgende by:
lemoensap
lemoenlikeur
tonikumwater
en bosbessiesap (cranberry juice)
Verwante artikels
-
Matthew McConaughey gesig van nuwe mansparfuum
SARIE September 2010
Matthew McConaughey leen sy gesig vir Dolce & Gabbana.
-
Matthew McConaughey wys sy nuwe dogter
SARIE - Februarie 2010
Die eerste foto van Vida Alves McConaughey, die nuutste toevoeging tot Matthew McConaughey en Camila Alves se gesin.














Kommentaar