Madonna regisseur en skrywer van nuwe rolprent
Foto’s: www.go4celebrity.com Galery
Het Madonna dan geen end nie? Op 5 Julie 2010 het verfilming aan die fliek W.E. begin - sy was die mede-skrywer van dié draaiboek en is ook verantwoordelik vir die regie.
En boonop word die fliektonele regoor die wêreld geskiet, insluitend Frankryk, Amerika en Engeland. Die ander mede-skrywer is Alek Keshishian wat in 1991 saam met haar aan Madonna: Truth or Dare gewerk het.
Die fliek vertel die verhaal van twee parallelle liefdesverhale wat 6 dekades uit mekaar afspeel - die groot liefde tussen Koning Edward VIII en Wallis Simpson en dié van Wally Winthrop, 'n jong getroude New Yorker wat in 1998 'n obsessie het met wat sy as die perfekte liefdesverhaal beskou.
Wally (gespeel deur Abbie Cornish) los haar werk by Sotheby om met 'n suksesvolle psigiater te trou. Sy bevind haarself in 'n ongelukkige huwelik, gefrustreerd en verveeld. Sy soek 'n toevlug by haar ideale liefdesverhaal, dié van Koning Edward en Wallis...
Ons reis heen en weer in tyd saam met Wallis en Wally, twee vroue wat kwesbaar maar vasberade is. Hul lewens skakel ineen. Wally ontdek later dat Wallis se lewe nie so perfek is as wat sy gedink het nie...
Madonna gesig van Dolce & Gabanna in lente/somer 2010
Madonna is ook die gesig van Dolce & Gabanna se nuwe lente/somer 2010-advertensieveldtog. Die veldtog vier die sensuele en klassieke skoonheid van die Siciliaanse leefstyl. Die Italiaanse ontwerpers Domenico Dolce en Stefano Gabbana sê hulle moes twee keer dink voor hulle vir Madonna gevra het om die gesig van hul nuwe veldtog te wees, juis omdat hulle bang was dit sou hul vriendskap in gedrang bring.
Die pop-prinses vier ook vanjaar op 15 Augustus haar 52ste verjaarsdag. Gerugte wil dit hê dat sy haarself met plastiese chirurgie ter waarde van $1miljoen gaan bederf!




Bronne: buzzytimes.com, madonnafansworld.com, wikipidea, madonna.com
Verwante artikels
-
'G'n Madonna' maar meer as net 'n rooikop - Jolette Odendaal
SARIE - April 2009
Vir die eerste keer waar sanger-aktrise Jolette Odendaal haar hand aan komedie in die verhoogproduksie Op die vrou af 2. En dit werk!
-
Eksklusief! Leo DiCaprio oor sy fliek Inception
SARIE Julie 2010
Leonardo praat eksklusief met sarie.com oor sy nuwe fliek, loopbaan, en sy aantrekkingskrag vir vroue...
-
Madonna se dogter kry eie grimeerreeks
SARIE Augustus 2011 | Kommentaar: 1
Lourdes, Madonna se dogter, het pas haar eie grimeerreeks, Material Girl Beauty, bekend gestel.
-
Madonna soos sy regtig lyk
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 11
Een van die oorspronklike foto's van Madonna in die bekende Dolce and Gabbana-advertensieveltog - sonder enige Photoshop-'towerkrag' - het onlangs op die internet uitgelek.
-
Madonna vir Louis Vuitton
SARIE - Julie 2009
Die herfs/winter-mode-advertensieveldtog van Louis Vuitton volg op die sukses van die lente/somer-2009, óók met Madonna in die "hoofrol".
-
Nuwe Hanna Hoekom-fliek se voorprent is hier!
SARIE Julie 2010
sarie.com kuier agter die skerms by Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, 'n tienerfliek wat gegrond is op Marita van der Vyver se gelyknamige boek.
-
Woody Allen se nuutste fliek (met Carla Bruni!) - Midnight in Paris
SARIE Augustus 2010
Hulle het vroeg in Julie 2010 begin skiet aan Midnight in Paris (natuurlik in die Franse hoofstad).





















Kommentaar