Waar's Malan Koster ("Binnelanders") heen?
Foto’s: verskaf Galery
Malan Koster (Paul du Toit), die afgelope 4 jaar in Binnelanders op M-Net en kykNET, het verdwyn onder 'n wolk van geheimsinnigheid. Marguerite van Wyk het met hom gesels oor nuwe planne in sy lewe en wat hy in dié sepie geleer het.
Wat gaan jy nou doen?
Ek en my goeie vriend, die akteur Terrence Bridget, het 'n filmmaatskappy, Fanagalo Films, en daar is 'n hele paar dokumentêre projekte vir TV waaraan ons werk.
Was dit lekker om die karakter Malan in Binnelanders te speel?
Definitief. Hy was fun. Dis altyd lekker om 'n karakter te speel wat bietjie stout en nie net 'n engel is nie. Hy is een van daai karakters waarvan jy hou. Almal sien hul eie kind wat hulle irriteer of kwaad maak in hom raak, maar tog bly hulle lief vir hom. Hy is nie 'n swart of wit mens nie, maar altyd bietjie grys.
Wat was die grootste uitdaging om dié rol te speel?
Om geloofwaardigheid binne die sepie-genre te behou. Mense besef nie die hoeveelheid goed wat mens elke dag moet doen nie. As jy 'n swak dag het, moet jy net aangaan en besef dís wat uitgesaai gaan word. Die hoeveelheid fokus en konsentrasie wat nodig is om goeie spel te gee is ongelooflik. In die teater repeteer jy minstens 'n maand lank aan 'n produksie. Jy kan verskillende idees uitprobeer, maar het nie daai tyd in sepies nie. Om die woorde elke dag te leer is die maklike deel. Dis die eerste keer in my lewe dat ek in 'n sepie gespeel het en dit was 'n ongelooflike leerproses.
Gaan jy die Binnelander-stel nie baie mis nie?
Ja, maar ek het baie goeie vriende daar. Ek het bietjie van 'n breek nodig. Daai lang dae se gewerk en werkery oor naweke is nou verby. Ek het twee jong seuns, Josua (2) en Oliver (5 maande), en ek was besig om op 'n baie belangrike tyd in hul lewe uit te mis. Ek sien ook weer uit om ordentlik met my vrou, Clair, te connect. Dit was vir haar moeilik dat ons mekaar so min gesien het. Miskien vroeg in die oggend en dan weer saans agtuur. Ons was soos twee skepe wat bymekaar verbygeseil het in die nag. Sy is 'n opgeleide regsgeleerde en werk nou by 'n versekeringsmaatskappy. Sy is die linkerbrein, ek is die regterbrein. Ek geniet dit om nou bietjie tyd vir myself te hê.
Gaan jy weer terugkom na Binnelanders?
Ons sal maar sien hoe dit gaan. Die opsie om terug te gaan, bestaan wel.
Verwante artikels
-
5 minute met Karl Thaning (dr. Nathan Richards van 'Binneland')
SARIE - Junie 2010
Hy's dr. Nathan Richards in die M-Net-sepie Binneland Sub Judice. Min mense weet Karl Thaning (33) was 'n internasionale swem-sensasie. Hy's ook die nuwe liefde van Nadia Valvekens, ons voorbladgesig.
-
Akteur Erik Holm en sy suster maak 'n avontuurprogram
SARIE - Junie 2010
"Daar is nie vir my grense nie, al is ek 'n kwadrupleeg!"
-
Fanie gesels met Michelle Pienaar, Binneland Sub Judice se Yvette
SARIE September 2010
Sy het bekend geword nadat sy 'n Egoli-wedstryd in SARIE gewen het. Toe verdwyn sy 'n ruk om ma te word van Joshua Peter Crosson, nou 9 maande oud. Haar terugkeer na TV is as Yvette Stuurman in die sepie Binneland Sub Judice.
-
Lindie Stander (Elise in 'Binnelanders') se lewensreëls
Die gewilde aktrise Lindie Stander het stil-stil verloof geraak aan die vrou wat “binne vyf minute my voete onder my uitgeslaan het”. Hier deel sy haar lewensreëls.
-
Terence Bridget se hoop, vrese en lewenslesse
SARIE Augustus 2011
Terence Bridgett, Binneland-akteur en deesdae onderhoudvoerder op Late Night With Terence op
SABC2, vertel wat sy peetkinders hom leer, hoe hy voel oor die woord ‘nee’ en hoekom Barcelona
hom fassineer














Kommentaar
Magda McMahon het gesê:
Ek hoop regtig Malan (Paul du Toit) gaan terugkeer na Binnelanders. Ons het sy tong in die kies humor baie geniet. En die feit dat hy soort van 'n balans in die storie gebring het. 'n Mens kan amper se die goeie in die storie. Soos met alle sepies deesdae is die boodskap dat net die korrupte iewers in die lewe kom en die goeie karakters word uit die stories geskryf. Ons besef 'n akteur wil nie net in die een karakter vasgevang wees nie, maar dit is nie lekker as 'n goeie karakter die storie verlaat nie. Die karakter van Pippa is so so, maar weer eens is die karakter amper onrealisties en net te "goodie two shoe
3de Nov. 2009, 16:30Annemarié le Roux het gesê:
Aitog, nou's die mooiste, vriendelikste en mees natuurlike akteur uit Binnelanders... Dit is net nie meer dieselfde nie. Pippa en Malan pas soos Vinkel en Koljander!!
14de Okt. 2009, 12:32Wilna het gesê:
Ag nou ja hier sit die ou tannies en hou binnelanders dop om te sien wanner Malan weer gaan opdaag en nou hoor ons dalk nooit. Asb bring hom terug ons mag ouer wees maar nog nie blind vir 'n aantreklike man nie. Al wat nou aantreklik oorbly is At Koster met sy befoeterdgeid en al
30ste Sep. 2009, 11:18Yvonne Vos het gesê:
Groot was ons verbasing toe ons "Malan" sien optree as Dean Martin in die opvoering "Viva Las Vegas" te Sun City. Ons was op besoek aan Suid-Afrika, want ons woon tans in Kanada. Hier volg ons die daaglikse wel en wee van die Binneland kliniek via die internet. Paul, dit was 'n baie oortuigende optrede en ons as gesin hoop om "Malan" weer te sien. Jy was deel van die kliniek! Maar geniet eers jou kinders terwyl hulle klein is - die tyd vlieg verby en voor jy jou oe uitvee is hulle langer en wyser as jy.
4de Sep. 2009, 19:19ANita het gesê:
Ons sal jou baie mis, maar sterkte met die nuwe bedryf. En baie bly vir jou familie se part, hulle moet altyd eerste kom. Groete
26ste Aug. 2009, 12:09Stephanie Goosen het gesê:
Ai, dis darem sleg as die akteurs so in en uit by Binnelanders. Mens raak almal so gewoond, hulle raak soos familie in jou eie voorhuis. Ek stem saam met "a". Binnelanders sal net nie weer dieselfde wees sonder Malan nie.
24ste Aug. 2009, 20:23rene het gesê:
ag nee ek het gedink dit is deel van dir storie
24ste Aug. 2009, 19:32Christine het gesê:
baie baie slegte nuus!!! ;-(
24ste Aug. 2009, 19:18Dalene Hough het gesê:
ja nee Malan....ek glo nie jy kan net so wegbly nie!!!!!!jy dan die mooiste man in Binnelanders....mis dit vir niks....
24ste Aug. 2009, 13:34Leoné Brand het gesê:
Ag nee, ek kyk net om vir Malan te sien!!! Maritsa jy kan maar enige tyd so 'n skoonseun huis toe bring ... jammer Malan is getroud. Gelukkige vrou.
24ste Aug. 2009, 12:51a het gesê:
binnelanders is net nie dieselfde sonder malan nie....ons gaan jou mis!
24ste Aug. 2009, 11:34