Marilyn Monroe se geheime dagboeke, gedigte openbaar gemaak
Daar is min mense wat die verbeelding van die wêreld só aangegryp het soos silwerdoek-godin, Marilyn Monroe.
Die beeld wat talle van haar het, is een van 'n loskop-flooze wat die een magtige man ná die ander (gewoonlik getroude mans!) laat 'struikel' het tot in haar bed. Nou is talle van haar dagboekinskrywings, gedigte en persoonlike briewe vir die eerste keer openbaar gemaak en wys dit dat haar intelligensie, nadenkendheid en gesofistikeerdheid vrou met 'n besondere sagte hart.
Haar persoonlike lewe is een van seksuele misbruik, voortdurende psigoterapie, vernedering en verraad deur haar eggenoot en haar familiegeskiedenis van geestesversteurings. Dít en meer word in 'n nuwe boek, Fragments: Poems, Intimate Notes, Letters by Marilyn Monroe, onthul en is vanaf 12 Oktober op Amazon beskikbaar wees. Lees die eksklusiewe storie in die nuutste uitgawe van Vanity Fair.
Verwante artikels
-
Akteur van Brothers and Sisters trou - Eerste foto's
SARIE - Oktober 2010
Dave Annable (31), Justin Walker in die Emmy-bekroonde TV-reeks, Brothers & Sisters, en aktrise Odette Yustman (25) het die 10.10.10 (10 Oktober 2010) ná hulle 2-jaarlange verhouding die knoop deurgehaak.
-
Bekende Amerikaanse sangeres speel Nina Simone in nuwe fliek, Naomi Watts speel Marilyn Monroe
SARIE - Mei 2010
Die R&B-ster Mary J. Blige gaan haar jazz-stem moet afstof vir haar rol in Nina, 'n fliek oor die legendariese jazz-sangeres Nina Simone, berig www.timeslive.co.za. Dit is by vanjaar se Cannes-filmfees bevestig.
-
LOKPRENT: Michelle Williams as Marilyn Monroe
SARIE Augustus 2011 | Kommentaar: 1
Michelle Williams se nuutste fliek, My Week with Marilyn, word in Oktober in New York bekend gestel.
-
Marilyn Monroe
"Dis nie waar dat ek niks aangehad het nie. Ek het die radio aan gehad." "Hollywood is 'n plek waar hulle jou 'n duisend dollar sal betaal vir 'n soen, en 50 sent vir jou siel." "'n Loopbaan is 'n wonderlike ding, maar jy kan nie agter sy rug inkruip op...
-
Nuwe Marilyn Monroe foto's vrygestel
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Foto's wat nog nooit voorheen openbaar gemaak is nie, het nou die lig gesien van silwerdoek-ikon Marilyn Monroe.














Kommentaar