Martelize Brink van rok-grootte 18-10
Martelize Brink, RSG-omroeper en -regisseur van Kaapstad, het verskeie rokgroottes voor dié Kersfees gekrimp, sy vertel wat dit vir haar beteken.
“Materiële dinge is lekker,maar niks voel so goed soos die geskenk van gesondheid nie! Ek het dit vir myself gegun om beter te voel en te lyk, maar ook van binne gesonder te wees. Dis iets wat stelselmatig moet gebeur.
“Die meeste mense se reaksie is dat net die helfte van my vorige self oorgebly het. Dit is letterlik! Ek het van ’n 18/20-grootte tot ’n 10/12 gekrimp.
“Oefen, oefen, oefen en oefen! Dis die antwoord. Daarby probeer ek reg eet. Wanneer ek van die pad afdwaal, oefen ek meer om daarvoor op te maak. “Sodra jy die gewig bereik waarna jy gestreef het, kan jy dalk ’n bietjie minder oefen. Maar die balans tussen eet en oefen is steeds belangrik.
“My Kersvoorneme is om behoorlik te dink oor geskenke vir almal sodat dit iets kan beteken. Ek dink materiële dinge kan baie oppervlakkig wees, veral as jy ’n geskenk sommer net koop, sonder om mooi daaroor te dink. Ek waardeer ’n present wat my laat besef die gewer ken my.
“Kersfees is ’n tyd van lekker kuier. Eintlik nie net ’n paar dae nie,maar die hele maand. Ek het myself een ding beloof: Dat ek nie genot sal oorslaan nie, maar dit help ook nie ek is ná die genot geweldig kwaad vir myself nie. Ek gaan beslis nie sê ‘dis nou Kersfees, die reëls geld nie meer nie’. Ek verslap hulle net so ’n bietjie!”
Verwante artikels
-
'n Lyf soos Jennifer Aniston: stap-vir-stap
SARIE Desember 2011
Jennifer Aniston (42) se lyf is slank en gespierd, maar steeds vroulik. Hoe kry sy dit reg?
-
Martelize Brink deel haar foto-album
SARIE Mei 2012 | Kommentaar: 14
Dis die sprankelstem wat miljoene mense in SA ken: Martelize Brink van RSG, omroeper, navorser, regisseur, skrywer. Maar vir háár is haar luisteraars die eintlike sterre. Sy wys 'n paar foto's uit haar album
-
Martelize Brink se gunstelinge
SARIE Mei 2012 | Kommentaar: 4
Dis die sprankelstem wat miljoene mense in SA ken: Martelize Brink van RSG, omroeper, navorser, regisseur, skrywer. Maar vir háár is haar luisteraars eintlik die sterre. Sy vertel van al haar gunstelinge
-
Só hou Halle Berry (45) haar tydlose lyf
SARIE Januarie 2012 | Kommentaar: 2
As 'n mens so na Halle Berry (45) kyk, kan jy skaars glo dat sy in haar veertigs is en ma van 'n 3-jarige. Om nie te praat van daai bikini-lyf in die James Bond-fliek nie.
-
Wat maak 'n geskenk prysloos?
SARIE Desember 2011
Kersgeskenke is duur, maar dikwels gou vergete. Vir baie mense is die grootste geskenke dié wat geld nie kan koop nie.














Kommentaar
Denise Kriel het gesê:
Wow ek wens ek het die guts gehad ek is vreeslik oorgewig maar lekker bly vir my lekker
25ste Apr. 2012, 15:18Elzabé Barnard het gesê:
Baie geluk Martelize, doen so voort. Beslis 'n inspirasie vir ons almal wat sukkel met gewigsverlies.
11de Jan. 2012, 22:36Magriet Meiring het gesê:
Baie geluk, Martelize, jy's 'n ster!!!!!
9de Des. 2011, 12:23Anton het gesê:
Jy het deursettingsvermoe Martelize,veels geluk.Ek hoop dat jy dit kan volhou.Onthou altyd dat n mens op geleende tyd op hierdie aarde is en elke dag ten volle moet leef.Dit is moeilik aan die begin maar as jy eers resultate gaan sien sal jy al hoe meer gemotiveer word en sal jy jou doelwit bereik.Vasbyt meisie!
6de Des. 2011, 11:55Ronel het gesê:
Jy lyk baie goed, veels geluk met jou deursettingsvermoë - jy inspireer my nou om oefening te begin doen! Ek het laasjaar November begin om gesonder te eet en het nou van grootte 20/18 na 12 gekrimp (na ek vir 18 jaar oorgewig was). Ek is net lui vir oefening doen maar ek gaan nou dit 'n saak van erns maak om die laaste 9 kg af te skud.
6de Des. 2011, 08:41PETRO het gesê:
WOW, AMAZING AMAZING AMAZING STIG VIR ONS N KLUB WAT JY IN N PROGRAM VIR ONS MOTIVEER OM OK SO TE DOEN SOGGENS PRAAT ONS AAN EK IS SEKER DA BAIE VAN ONS NA JOU SAL LUISTER N PRAATENDE DIEET EN OEFENING, DIT KLINK BAIE GOED OKAY VROUENS, VANDAG DOEN ONS DIT EN DAT EN EET DIT EN DAT, WOW DIT KAN WERK????
4de Des. 2011, 19:54Mariana van Wyk het gesê:
Martelize jy is werklik 'n inspirasie vir ons wat met die gewig sukkel. Mooi so!
4de Des. 2011, 15:37Florence Filton het gesê:
Martelize!! Nou weet ek waar my ekstra rolletjies vandaan kom. Jy het joune net hier op my agterstoep gelos!! Pragtig meisie, jy het toe volgehou.Veelsgeluk.Ek stem .Oefening en 'n dieet gaan hand aan hand.Geniet die kersgety.
4de Des. 2011, 15:04Amanda het gesê:
Martelize ek het 28 kg verloor en twee op getel dus nou op die stadium 26kg af en is op soek na 'n finale jaar mediesestudent om so biki die mes te oefen vir al die plooie. Ek voel tonne beter nes jy maar die spieël maak my bang!!! Welgedaan hoor jy was nog altyd mooi en nou met jou gewigsverlies lyk jy al te mooi. Gaan jy saam as ek een van die manne kan kry om op lewendige kadawer sy "snykundigheid" toe te pas?? Hoop die mediesefakulteit lees.... Soms wonder ek wat het van Dr Natie Botha geword hy mag maar... Ek is van 'n 38 na 32 en soos jy oefen ek ook en dit maak darem wraggies 'n groot verskil aan hoe jy voel omtrent jouself!! Dit voel so of 'n mens weer kan kop optel met 'n huppel in jou stap :)
4de Des. 2011, 01:04gousblom het gesê:
Ek het 26kg verloor - ook van 'n nr 16/18 na 'n 10/12. Herbalife en 'n gereelde oefenpatroon. En ek handhaaf my gewig al vir meer as 'n jaar. Ek voel 'n ander mens.
3de Des. 2011, 16:32willem jaco du toit het gesê:
as ek dit sien gee dit my weer nuwe hoop. Deel met ons groot asb.
3de Des. 2011, 14:38Retha Compion Pofadder het gesê:
Well done!!! Ek het self die jaar besluit om ten minste 10kg te verloor en die 14de Januarie begin met my Weigh Less boekie van jare gelede. As jy "saamspeel" verloor jy maklik 1kg per week. Binne 4maande het ek die 10kg afgeskud en is nog steeds op my doelgewig. Almal kan gewig verloor as jy net regtig wil. Dit beteken jy moet besluit en dan daarby hou. Eet en vet wees kan nie vergoed vir die goedvoel gevoel wanneer jou gewig normaal is nie.
3de Des. 2011, 12:26Susan het gesê:
FABULOUS FABULOUS!!! Jy lyk soos 'n jong tiener!! Baie geluk!! Mag ons weet hoe watter tydperk die "verlies" geskied het! Well Done!!!
3de Des. 2011, 06:44Petro het gesê:
Baie geluk dit wil gedoen wees. Jy lyk wonderlik. Sterkte.
2de Des. 2011, 15:46suzi het gesê:
dit wil gedoen wees....congrats!!!! jy is voorwaar inspirasie vir my....welldone!!!
2de Des. 2011, 14:02Loulita Vosloo het gesê:
Voluptious, no more! Ek is skoon jaloers. Moet nog by daai besluit kom.
2de Des. 2011, 10:41Rina het gesê:
Holy Moly!!!! FANTASTIES!!!! Gee bietjie meer besonderhede oor die tipe kosse asook oefeninge wat jy gevolg het. Jy lyk 100.....!!!!
2de Des. 2011, 10:28Cheréne het gesê:
Wat 'n stunning vrou... well done!
2de Des. 2011, 08:41Christa Grobbelaar het gesê:
Groot inspirasie vir myself en ook my dogter, sy in ook gestrem en in 'n rolstoel, sukkel maar om die gewig te beheer. Ek bewonder julle. (Sy gebore met Spina Bifida) Sy werk, al is dit nog net vir 1 en 'n halwe jaar, het haar eie huisie(woonstel)kinders(honde) en sopas 'n karretjie gekry, sy leer nog bestuur. Christelle word Desember 2011 23 jaar en ek dank die Here vir haar, al was dit soms baie moeilik. Alles het volgens God se plan geskied. Martelize waar kan mens aansluit by groepe fisiese gestremde mense, die lewe kan soms eensaam raak, ons woon in Pietersburg.
1ste Des. 2011, 21:44Ria Louw het gesê:
Jy lyk nie beter nie Martelize...jy lyK FANTASTIES!!! En ek kan glo jy voel pesies so!! Jy is 'n groot inspirasie vir baie!
1ste Des. 2011, 20:51Suri vd Merwe het gesê:
Jy lyk PRAGTIG!! Baie geluk! En 'n GROOT INSPIRASIE!!! Ek stem ook 100% saam met jou!
1ste Des. 2011, 20:43Adele Cockcroft het gesê:
Baie geluk Martelize. Ek wil dit ook doen. Moet my kop in die regte rigting kry (en dit is die moeilikste). Jy is 'n baie groot inspirasie!
1ste Des. 2011, 20:18Theresa Botha het gesê:
Mooi so! Dit wil gedoen wees! Hoekom moet alles wat ekstra lekker is vet maak?
1ste Des. 2011, 20:06Marga het gesê:
Wow! Jy was nog altyd mooi! Nou skitter jy! Wat 'n inspirasie!
1ste Des. 2011, 16:40JV het gesê:
Absoluut inspirerend. As jy kan, kan ons almal!!!
1ste Des. 2011, 15:36Andeline Williams-Pretorius het gesê:
Baie geluk Martelize. Dis 'n wonderlike geskenk wat ons almal aan onsself verskuldig is. Jy gaan baie hiermee inspireer. Jy's 'n fantastiese mens.
1ste Des. 2011, 15:20Marietjie Pretorius het gesê:
Martelize, Oulik en inspirerend is jy wel, maar glo my nou is jy 10/10 met jou nommertjie 10!! Baie geluk sterkte vir die Feestyd!!
1ste Des. 2011, 14:33Altie Willers het gesê:
Baie geluk met jou prestasie Martelize! Kan sommer oor die radio hoor jy het 'n ordentlike kopskuif in hierdie verband gemaak.
1ste Des. 2011, 14:08Rena Brown het gesê:
Voorwaar 'n inspirasie vir ons almal en 'n bewys dat waar 'n wil is, is 'n weg!
1ste Des. 2011, 13:42Amanda du Plessis het gesê:
Ek is baie trots op Martelize, wens ek het dieselfde deursettingsvermoë gehad. Ek weet ek moet en ek sal beter lyk en voel, maar die daad by die woord voeg is moeilik. Sy lyk pragtig
1ste Des. 2011, 13:39Ulandi - Gimmie het gesê:
Hey Brinkie, dis wonderlike nuus - jy is waarlik 'n inspirasie vir my en duisende vrouens daar buite. Jy kry meer gedoen as wat baie van ons nog wou by uitkom...eks so trots op jou xx
1ste Des. 2011, 12:51Irene Muller het gesê:
Baie geluk, shoe dit is omtrent 'n prestasie. GENIET dit!
1ste Des. 2011, 12:36Marie van Tonder het gesê:
Jy is 'n doring Martelize en wys aan ons almal dit KAN gedoen word... en BESLIS baat ons hele menswees daarby!! Mooi so...!!!
1ste Des. 2011, 12:25Alita het gesê:
Baie baie geluk! Ek weet presies hoe moeilik dit is om so stadig maar seker daar te kom.. Ek het op die Amway eetplan begin 12 weke terug en is al 14kg ligter. Ek eet elke 2 ure. Dis ongelooflik lekker om weer in my ou klere in te klim wat ek 6 jaar terug nog kon dra. Ek was so beindruk met die eetplan dat ek nou n agent is, en ek kan nie glo hoeveel ander mense wat dit nou ook volg ook dieselfde resultate bereik het nie!
1ste Des. 2011, 11:04Donè het gesê:
Baie geluk, dit is n groot prestasie!!! Ek wens ek kan al daar wees!! Jy is voorwaar n inspirasie!!
1ste Des. 2011, 10:31Mari Mare het gesê:
Baie geluk met jou "oorwinning" jy lyk pragtig !! Dit is 'n lang en moeilike paadjie, ek weet want ek is self op hom (ek is al van 77kg af na 69kg). Hoekom kan dit nie so maklik wees om gewig te verloor soos om dit op te tel nie??..... Wys jou net, alles in die lewe wat die moeite werd is verg harde werk en deursettingsvermoee.
1ste Des. 2011, 10:25Hendrina Lambert het gesê:
Fantasties en ja dit kan inspanning wees die tyd van die jaar maar ekt geleer mens se kop het twee bewegings dit is ja of nee en net so maklik soos jy kan sè je kan mens ook së nee! Sterkte
1ste Des. 2011, 10:08Agnes Visagie het gesê:
Baie Geluk, Martelize. Dis absoluut fantasties en wil gedoen wees! Ek het ook paar weke terug begin, en dis nie maklik nie, maar ek glo vas dat aanhouer wen!! Ek glo hoe meer mens oefen hoe makliker sal dit word!
1ste Des. 2011, 10:04Helene du Toit het gesê:
Voorwaar iets om op trots te wees, veral omdat dit gaan oor 'n mens se gesondheid. Die grootste geskenk aan jouself!
1ste Des. 2011, 09:59Louise Bezuidenhout het gesê:
WOW!!!! Jy lyk pragtig!!!
1ste Des. 2011, 09:53Amelia Ireton het gesê:
ek volg haar op twitter ook, sy is een van my gunstelinge :) ek is baie trots op haar xxx
1ste Des. 2011, 09:51leticia vd mescht het gesê:
Dit wil gedoen wees,Martelize!!! Baie geluk!! Besig met dieselfde, maar dis nou eers 3 dae. Jy gee my hoop. Alles wat mooi is vir jou die Kerstyd
1ste Des. 2011, 09:39Lizette het gesê:
Well done vir jou hoor!! Hou so aan, jy lyk wonderlik! Stem saam met jou mening.
1ste Des. 2011, 09:17Margaret van Eck Schoeman het gesê:
Martelize, ek bewonder jou deursettingsvermoe. Ek was al self daar en ek weet dit is nie maklik nie. Die groot geheim le nou net daarin om jou gewig te handhaaf. Sterkte! Jy lyk wonderlik.
1ste Des. 2011, 09:14Annelise de Witt het gesê:
Wat 'n inspirasie! Pragtig en baie geluk aan Martelize.
1ste Des. 2011, 09:08