Mathys Roets kan weer staan...
Mathys het by sy konsert gisteraand (Wo 10 Nov) sy gehoor verstom toe hy ewe skielik in sy nuwe stoel regop staan! Klik om dit te sien.
Mathys Roets was moeg daarvoor om mense nie meer in die oë te kon kyk nie. Waar hy altyd langer as die meeste van sy vriende was, moes hy ná sy motorfietsongeluk waarin hy verlam is na almal opkyk.
Die sanger Kevin Leo wat altyd sy kort pêl was, het ewe skielik sy lang pêl geword, spot Mathys.
Toe besluit hy genoeg is genoeg en bestel vir hom 'n spesiale stoel wat van oorsee af ingevoer is. Met dié stoel kan hy met 'n enkele beweging opstaan. Spesiale bande word om Mathys se bene en bors vasgemaak om te voorkom dat hy vooroor val wanneer hy staan. Hierdie meganiese stoel het hom 'n aardige bedrag gekos: R86 000. Die geld het uit die Met Mathys Trust gekom, wat kort na sy ongeluk gestig is.
"Dís die verskil wat my vriende en die mense daarbuite met die trust gemaak het. Hierdie stoel maak 'n groot verskil aan my menswees. Ek het 'n behoefte gehad om mense in die oë te kyk. Om te kan staan as ek braai en om in 'n kroeg waar my pêlle almal met 'n bier in die hand staan, saam met hulle te kan staan. En dan om weer te kan staan en sing . . . Nou kan ek."

Phyllis Green, SARIE-fotograaf, het Mathys in sy nuwe stoel afgeneem. Sy ken hom al 20 jaar. "Dis opmerklik hoe die ou Mathys weer dáár is wanneer hy in sy nuwe stoel staan. Hy't 'n ander tipe selfversekerdheid as in sy sit-stoel."
* Hy onthul sy nuwe stoel by sy Droomvrouens-vertoning wat 10 en 11 November by die Centurion Teater te sien is. Met dié vertoning sing hy liedjies wat groot liedjieskrywers soos Leonard Cohen, Neil Diamond, Koos Kombuis vir die spesiale vroue in hul lewens geskryf het - vroue soos Marianne, Caroline, Lisa, Maggie en Delilah...
Hy het beloof om tydens die konserte "iets te doen wat ek sedert die ongeluk nog nie kon doen nie en dít is om mense in die oë te kyk".
"Net dít alleen maak 'n reuse-verskil in hoe ek oor myself voel." - Mathys Roets
Verwante artikels
-
'Kanker, maar ek léwe' - Lucas Maree
SARIE - Mei 2009
Hy't die skok van diabetes verwerk en was besig om sy stryd teen depressie te wen. Toe kom klop `n nuwe uitdaging aan die sanger Lucas Maree se deur: kanker ...
-
Lucas Maree bewaarheid 'n groot droom, tree saam met internasionale groep op
SARIE - Oktober 2010
Hy glimlag oor die foon. 'n Mens kan dit hoor. Ten spyte van Lucas se kankerstryd maak hy een van sy grootste drome waar - hy tree op 20 Oktober in Bloem saam met Magna Carta op, die internasionale groep wat hy al bykans 40 jaar bewonder.
-
Lucas Maree oor die CD-projek + waar jy jou CD kan kry
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 10
-
Lucas Maree se Een uit 'n miljoen-VIDEO
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 1
Die waarde van vriendskap het soos 'n helder lig geskyn die dag toe 'n groep top-kunstenaars saamgekom het om geld in te samel vir hul siek musiekmaat Lucas Maree.
-
Mathys Roets doen 10km wedloop - Foto's
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 5
Mathys Roets hou eenvoudig nie op om ons te inspireer nie! Net nou die dag, op 2 April 2011, het hy aan 'n 10 km-wedloop deelgeneem saam met sy twee oefenmaats, Pieter Pretorius en Jacques le Roux.
-
Mathys Roets en Peter Sarstedt saam op verhoog - FOTO's
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Onthou nog daardie treffer ''Where do you go to my lovely?''
-
Mathys Roets se biografie bekendgestel
SARIE - Junie 2010
Steeds net Mathys word deur Naledi-uitgewers uitgegee en is Julie 2010 bekendgestel
-
Mathys Roets ski sowaar! Kyk na die eksklusiewe foto-album
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 6
Hy’t nog nooit nee gesê vir ’n uitdaging nie. Ná Mathys Roets se motorfietsongeluk het dít nie verander nie. Hy is tans op 'n ski-vakansie in Oostenryk en daarna kry hy stamselterapie in Duitsland.
-
Mathys Roets staan op by sy konsert - Foto's en video
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 7
Konsertgangers het gisteraand 'n verrassing beleef toe Mathys Roets op die verhoog opgestaan het om te sing by sy vertoning in die Centurion Teater.
-
Mathys, Jakkie en Kurt oor Lucas
SARIE - November 2010
Die waarde van vriendskap het soos 'n helder lig geskyn die dag toe 'n groep top-kunstenaars saamgekom het om geld in te samel vir hul musiekmaat Lucas Maree.
-
Mathys, Myra Maud, Andrè le Roux kuier by SARIE se Aardklop-stalletjie - Foto's
SARIE - Oktober 2010
Dit was weer feestyd op Potchefstroom en SARIE se stalletjie was bedrywig. Hier's 'n paar foto's van ons tyd by Aardklop, en kyk net wie't almal kom kuier.
-
Nuwe teater in Pretoria bekendgestel, kyk wie was daar - FOTO's
SARIE - November 2010
Dit was die bekendstelling van 'n splinternuwe teaterkompleks in Pretoria.
-
SARIE by Mathys Roets se boekbekendstelling
SARIE Julie 2010
Mathys Roets het Julie 2010 in Bloemfontein sy outobiografie, Steeds Mathys, by die Volksblad-kunstefees bekend gestel – en SARIE was eerste daar!
















Kommentaar
Ester het gesê:
Mathys, Ek en Tienie wens jou alle sukses en voorspoed toe in jou lewe. Ons is baie trots op jou as familie lede. Jou ouers, suster en 2 broers is wonderlike mense en hul liefde en ondersteuning vir jou word deur ons ook waardeer. Groete en liefde van Ester en Tienie vanaf Brits
18de Apr. 2011, 06:44Lilly het gesê:
@Ina de Bruyn. Hoe raak - ek beaam wat jy sê - al het hy gesit, het steeds na Mathys opgekyk!
13de Nov. 2010, 04:53Corrie Schoombie het gesê:
Die Here is so goed vir ons - dis great Mathys! Ek is jou grootste fan en was al by verskeie van jou optredes. Hou so aan en maak nog CD's asb! Ek geniet "Droomvrouens" baie! Sterkte vir jou - God bless!
12de Nov. 2010, 16:34Rietha Henning het gesê:
Mathys, maar jy's pure houding op hierdie staan-foto! En jy kan maar, want selfs sit-sit sing jy dat mens net meer en meer van jou wil hê. "Delilah" het nog nooit so "rou" geklink nie; ek wonder net hoe sal die rock-song "Heart" (Gene Rockwell) klink met jou stem? Ai man, ons bly kyk op na jou! Baie groete en mooiste wense.
11de Nov. 2010, 14:37Lorraine Botha het gesê:
Mathys, jy het nog altyd bo die res uitgestyg (en dit het niks met lengte uit te waai nie.) sterkte vir alles wat jy nog wil aanpak - jy is 'n inspirasie vir my en baie ander.
11de Nov. 2010, 14:36Annatjie French het gesê:
Geluk, Mathys, ek is saam met jou bly! Ek geniet jou musiek so baie!!
11de Nov. 2010, 14:32Annette Grobbelaar het gesê:
Prys die Here Mathys. Jy is so 'n pragtige voorbeeld vir ons almal. Mag die Here jou ryklik seën.
11de Nov. 2010, 12:57Felicia Hattingh het gesê:
Mathys ons is trots op jou en bid vir jou hou so aan jy sing pragtig!!!
11de Nov. 2010, 12:48Vera Hattingh het gesê:
Dis wonderlik Mathys. Ek geniet jou musiek baie!!!
11de Nov. 2010, 12:30Susan Holm het gesê:
Bravo vir die dapper man, Mathys jy het vir baie mense n dierbare les geleer, Mooi so en aanhou.
11de Nov. 2010, 11:52Joey het gesê:
PRYS DIE HERE dat jy so positief en vasberade is om nie gaan le nie....Wonderlik
11de Nov. 2010, 11:46Niki het gesê:
Matthys jy is n great inspirasie!!!
11de Nov. 2010, 10:37Retha Nel het gesê:
Hi Mathys, dit is wonderlik! Jy bly vir ons n inspirasie en voorbeeld. Sterkte vir die toekoms en mag al jou drome waar word. God's rykste seen word jou toegebid elke dag.
11de Nov. 2010, 10:23Chrisna Mouton het gesê:
Fantasties! So bly vir jou! Jy bly 'n rolmodel.
11de Nov. 2010, 09:38Tersia Jacobs het gesê:
Hi Mathys Jy lyk pragtig in daai stoel van jou. Jy was nog altyd n pragtige mens. Voorspoed en ek bid vir jou elke dag. Miskien eendag is daai stoel nie meer nodig nie. Jy weet by GOd is niks onmoontlik. Glo net en bid en God sal jou gebed verhoor.
11de Nov. 2010, 09:19Rita Fourie het gesê:
Mooi vir jou Mathys!!! Ek het jou eendag in die Brooklyn winkelsentrum in jou rolstoel gesien en wou nog groet maar het nie!!!
11de Nov. 2010, 09:09Brenda Serfontein het gesê:
Mattys, Jy is ongelooflik talentvol, al sit jy of staan jy!Dit is wonderlik dat jy weer kan staan! Sterkte met alles wat jy in jou lewe aanpak!
11de Nov. 2010, 09:02Yolande Nel het gesê:
Mathys jy is 'n voorbeeld vir ons almal. Jy is 'n wenner. Ons is deur alles in staat deur Jesus wat ons krag gee.
11de Nov. 2010, 09:01Karin Botha het gesê:
Mathys dis absoluut stunning. Ek werk by Aurora Fisiese Rehabilitasie sentrum en is baie bekend met SKI. Ek is soooo bly vir jou, ek hoop dat hierdie stoele binnekort hier teen 'n beter prys beskikbaar sal wees. Ek is ook voorsitter van Wheels for Hope (AFRICA). Ons is tans naarstiglik op soek vir fondse om twee swart seuns te help met hulle stoele en ander benodigdhede. Dalk het jy voorstelle om ons te kan help? Jy was daar en weet hoe dit voel, dink net hoe moet dit wees vir kinders van onderskeidelik 17 en 18 om heeldag in die bed te wees, aangesien hulle nie eens sitstoele kan bekostig nie. Groot seblief, miskien kan daar 'n insameling tussen ons kunstenaars gehou word. My selnommer is: 082 496 1406. Baie geluk met jou flukse vordering en sterkte vir die toekoms. Groete in mobiliteit Karin Botha
11de Nov. 2010, 08:56Martie Dussing het gesê:
Dit is die beste nuus vir 2010. Ons is trots op jou, jy het so 'n positiewe uitwerking op die nasie en ek hoop dat ander mense jou as rolmodel en inspirasie sal sien. Nogmaals ons is baie opgewonde vir jou!
11de Nov. 2010, 08:30Ina de Bruyn het gesê:
Dit is wonderlik om jou te sien staan. Al het jy gesit, het ons nog altyd na jou "opgekyk", jy is 'n inspirasie en 'n wonderlike mens.
11de Nov. 2010, 08:26