Die land dink aan Mathys Roets
In die tente, by die stalletjies, om tafels en op verhoë by 2009 se KKNK is daar net een man op almal se lippe - hoe dit gaan met die sanger Mathys Roets na 'n motorfietsongeluk.
Woensdagaand het Karen Zoid tydens haar optrede op die RSG-verhoog die Leonard Cohen-treffer Hallelujah aan Mathys opgedra - self 'n groot Cohen-aanhanger. SARIE se Lou-Ann Stone het die atmosfeer as "ongelooflik en roerend" beskryf. Dis ook regstreeks op RSG uitgesaai.
Jannie Moolman het tydens hul vertoning, Hartsnaar, saam met Christa Steyn, met sy liedjie "Swerwer" hulde gebring aan Roets se harde werk en tyd wat hy deur die jare in sy loopbaan ingesit het. In die tussentyd gaan die Ses Snare sonder hom voort. "Die een snaar is net uit tune. Hy het nie gebreek nie," sê Blackie Swart. Mel Botes, nog 'n groeplid, het die Pink Floyd-liedjie, "Wish You Were Here" tydens die Ses Snare se eerste optrede ook aan Roets opgedra.
Die Mathys Roets-ondersteuningsgroep op Facebook het Donderdagmiddag reeds 2 238 lede gehad. 'n Tweede Facebook-groep, die Bid vir Mathys Roets-groep, het ook al 2 379 lede.
Mathys het Maandag 6 April naby Dewetsdorp 'n ernstige motorfietsongeluk op pad na die KKNK gemaak. Hy het onder meer ligte breinbloeding, beskadigde longe, gebreekte ribbes en verskeie rug- en ander frakture.
* Nog berigte oor sy ongeluk:
Dapper Mathys veg om sy lewe
Mathys Roets 'lyk nie goed nie'
* Lees ook SARIE se onderhoud met Mathys net voor die ongeluk.
- In samewerking met Lou-Ann Stone
Verwante artikels
-
Dr. Cival Mills
SARIE - September 2009
-
Mathys Roets se eerste TV-onderhoud op Kwêla
Coenie de Villiers, aanbieder van Kwêla op kykNET, het by sy vriend Mathys Roets gaan kuier. Kyk die aangrypende Kwêla-insetsel hier














Kommentaar
Janis de Bruin het gesê:
Mathys, a stronger and more positive person would be hard to find. Keep going and your fans in Welkom cannot wait for the new CD. Your biggest Scottish fan
12de Jan. 2010, 07:47Linda Wolfaardt het gesê:
Liewe Mathys Ek bid vir jou beterskap. Jy is elke dag in my gedagtes. Alle seënwense. Liefde groete Linda
18de Mei. 2009, 15:48gerda het gesê:
naand se mathys, vanaand dink aan n man wat werk gedoen het om lof te bring aan jesus, glo dit, hy sal jou deur hierdie tyd dra, jou van kop tot tone, elke beentjie, elke sel, elke spier in jou liggaam herstel, dis my gebed vanaand vir jou my vriend...
30ste Apr. 2009, 21:50gerda het gesê:
mathys. die vader wat ons ken, doen wonderwerke my vriend.hy sal die las dra, hy kan jou op n dag wat jy dit nie verwag, aanraak met sy wonderbaarlike hand en mense sal verbaas staan, daar bestaan wondergenesing.. hou net vas waaraan jy glo.. prys hom net elke dag vir die genesing...
29ste Apr. 2009, 21:04geda het gesê:
matthys ek wil ok net se. wees sterk. god is goed my vriend... hy sal jou deurdra.
29ste Apr. 2009, 20:58Juleen het gesê:
Mathys,ons was baie geskok om te hoor van jou ongeluk en nou n week later dat jy verlam is.Die mens mik maar God beskik.Wees sterk,die hele land bid vir jou!!Sal nooit jou optrede by die Laerskool Simon van der Stel in Wynberg,Kaapstad,n paar jaar gelede vergeet nie.Voorspoed vorentoe!!!!!!!!!!
16de Apr. 2009, 20:53Sonja le Roux het gesê:
Was so geskok om te hoor!Ek kan nie begin om te dink hoe jy en jou familie/vriende moet voel nie.Wees egter verseker dat soveel mense aan jou dink.Konsentreer jy nou net daarop om te herstel(fisies en andersins).Daar IS 'n Opperhand wat alles bepaal en jou hierdeur sal dra.Baie sterkte vir jou en almal na aan jou.Sonja
16de Apr. 2009, 19:44KARIN het gesê:
STERKTE AAN JOU EN JOU FAMILIE EN MOET NET NOOIT JOU HART EN SIEL VERLOOR MET DIE LANGPAD WAT VOORLE NIE GOD IS SAAM MET JOU EN DRA JOU LAS VIR JOU OM JOU PAD NA GENEESING MAKLIKER TE MAAK KARIN
16de Apr. 2009, 16:19Amoré Booysen het gesê:
Daar is 'n doel met alles in die lewe. Dit gaan net van jou 'n baie sterker mens maak. Onthou net, geen wonderwerk is te groot vir God nie. Baie sterkte en almal bid vir julle. En jy het nog steeds die mooiste stem in SA!
16de Apr. 2009, 14:36Suzette het gesê:
Matthys & familie, onthou baie bid vir julle in die tyd.
16de Apr. 2009, 09:50Amanda de Lange het gesê:
Mathys, ek kan nie beskryf hoe my hart voel oor hierdie ongeluk nie, my ingewande pyn, ek, my man en kinders geniet jou musiek ongelooflik en ons het jou program Kamp-dit-uit weekliks gevolg, ek bid vir 'n WONDERWERK, ek glo aan die God van die onmoontlike, ek dra jou op in my gebede soos wat ek met my man en kinders doen.
15de Apr. 2009, 15:26WESSEL EN HANNA PRINSLOO het gesê:
MATHYS, ONS HARTE GAAN UIT NA JOU, GOD SE PLAN MET JOU LEWE IS VOLMAAK, HY SAL JOU BESKERM EN IN DIE HOLTE VAN SY HANDE HOU. ONS LE JOU EN JOU FAMILIE AAN JESUS SE VOETE NEER. MAG JULLE ELKE DAG BEWUS WEES VAN SY GROOT LIEFDE OOK IN HIERDIE MOEILIKE TYD.
14de Apr. 2009, 20:29Samantha Visser het gesê:
Ons almal dink aan jou. En ons glo in ons Vader dat jy volkome sal herstel. Die hele land bid vir jou.
14de Apr. 2009, 16:15TERRY het gesê:
MATHYS - DIE HELE WERELD BID VIR JOU, MAAR DIE HERE SE PLAN IS VOLMAAK! SY HAND SAL JOU BESKERM EN BEWAAR, EN VEILIG HOU! ONS GEBEDE LE OOK BY KAREN, LIAM EN YUAN, JOU OUERS EN ANDER FAMILIE - DIE HERE SAL JUL KRAG GEE OM HIERDEUR TE KOM. MAG DIE HERE JUL ALMAL NADER TREK NA HIERDIE GEBEURTENIS!
14de Apr. 2009, 09:49Suzanne Schmidt het gesê:
Sterkte Mathys!
13de Apr. 2009, 16:07Hennie Saaiman het gesê:
Hi Mathys-het reeds op jou e-pos met jou gesels-vra hulle moet dit vir jou lees,en my skakel 0826529169.Die ongeluk waarin ek kon ervaaar dat die lewe gaan graag voort het my baie geleer.Jy sal jou herstel bespoedig deur dit te peins.Doen So.Hennie Saaiman
11de Apr. 2009, 21:36Gerda en Louis Jordaan het gesê:
Liefste Mathys en Familie, met skok en hartseer dink ons aan julle. Ons bid vir julle. Ons glo daars engele wat oor elke kind van hom waak. Kyk op, daar sal jou hulp vandaan kom. Ons het al ervaar die wonderwerke van God, en vandag vra ons dieselfde vir jou. Jou voetspore van more wag vir jou. Liefde Gerda en Louis van Caledon ( daars n son wat skyn oor almal)
11de Apr. 2009, 21:14Veronica Hefer het gesê:
Ek lees weer vannaand die koerant opskrif (Mathys veg om sy lewe) teen die lamppaal toe ek verbyry en ek wonder: hoe gaan dit met die man met die donker fluweel stem? Wens ek kon persoonlik vir hom sê hoe ek sy musiek en sang geniet Hoe dit my deur menige nag gedra het na my egskeiding, agt jaar gelede en my nou nog bekoor.Ek het drie van sy CD's en kan dit oor en oor speel. Mathys, mag ons Groot Geneser langs jou siekbed kom staan en Sy helende hande op jou lê! Sterkte ook aan sy gesin en vriende. Vriendelike Groete; Veronica
11de Apr. 2009, 20:22Cynthia Morton het gesê:
To Mathys, the man whose voice gets me through the traffic every day! That voice will not be silenced ... God will work miracles and speak to you, just as your wonderful voice and talent has made you such a beloved singer in South Africa. We're thinking of your family and pray for your speedy recovery. The English girl!
11de Apr. 2009, 10:43Rietha Henning het gesê:
Mathys en almal wat vir jou lief is (wie is nie!), jy gaan nog diep spore trap; God is groot en almagtig; Jesus sal jou aan die hand vat, en ons bring jou almal na Hom toe, op jou "draagbaar", al is dit deur 'n dak van ernstige beserings; daarmee sê ek nie daar is soos in die Lukas-verhaal sonde nie - nee, ek sê net ons moet AANHOU GLO EN BID! Wonderwerke gebeur steeds.
10de Apr. 2009, 11:06