Mathys Roets se CD saam met SARIE
Foto’s: Phyllis Green Galery
Die CD bestaan uit Afrikaanse én Engelse liedjies. Mathys het reeds verlede jaar sy verhoogoptredes aangepas en dit na Droomvrouens herdoop.
Hy wil die eerste volwaardige vertoning van Droomvrouens lewer by die KKNK op Oudtshoorn in April 2010. (Bespreek jou kaartjies vir Droomvrouens)
"Dit gaan 'n storie uit die man se oogpunt vertel. Ek het vir Alexa (Strachan) gevra om die teks te skryf. Sy's die enigste mens wat ek vertrou om dit te doen," vertel hy. "Maar daar's eintlik nie baie teks nodig nie, want elke liedjie vertel sy eie storie."
Lisa kan nie ophou as sy eers begin het nie,
En sy laat my nooit huis toe loop of afskeid
neem voor my laaste sigaret nie,
Ek staan op haar balkon, ek drink haar
appelkoos-tee.
Kyk uit na Kaapstad in die nag, die
liggies, en die swart, swart see. (Uit Koos Kombuis se treffer "Lisa se klavier".)
"Wat meer kan jy sê?" vra Mathys. Terwyl hy die liedjies vir die CD gekies het, het hy al hoe meer ooreenkomste in die versameling raakgesien. Cat Stevens en Koos Kombuis het byvoorbeeld albei van 'n Lisa gesing - "Sad Lisa" en "Lisa se klavier". Dan weer is tee en 'n hawe die ooreenkoms tussen "Lisa se klavier" en Leonard Cohen se "Suzanne". Lisa het appelkoos-tee vir haar gaste gegee en by die Kaapse hawe gebly en Suzanne het "tea and oranges" voorgesit en naby die Montreal-hawe gebly.
"Wees nice met mekaar. Ontspan en geniet mekaar se geselskap. Dis nie so ingewikkeld nie." Mathys oor die liefde
Daar is ook twee liedjies oor 'n Mary - "Lying in the arms of Mary" en Neil Diamond se "Oh Mary". Mathys het toevallig ook 'n hele paar liedjies gekies met name wat met 'n M begin: Mary, Madelein, Mona Lisa. Al dié ooreenkomste tussen die liedjies het 'n goue draad deur die CD gevorm.
Wat hom veral met die opname opgeval het, is dat sangers soos Leonard Cohen, Neil Diamond en Cat Stevens hulself so weerloos maak.
"Hulle ontbloot iets van hulself en skryf ernstig oor die liefde, stel hul emosies ten toon en is eerlik oor hoe hulle voel. Dís wat die liedjies so goed maak. Hulle noem die vrou op haar naam en vertel presies wat sy aan hulle gedoen het. In baie van die liedjies het dié vroue regtig hul pad gekruis."
Mathys oor pa-wees
Maar al die liedjies gaan nie oor romanse nie. Mathys sing ook Koos du Plessis se "Karla", oor sy dogter, Karla, toe sy 'n kind was.
"Ek het nie 'n dogter nie, maar ek ken die vreugde van pa-wees,"sê hy.
"My twee seuns, Liam (10) en Yuan (6), is my hart se punt. Hulle luister ook deesdae gereeld na my musiek, wat vir my baie beteken. Hulle ken die liedjies, weet beter as ek watter liedjies op watter CD's is en help oulik met verkope by vertonings."
Daar is ook 'n keurspel van liedjies soos "Meisie Meisie", "Liefling"en "Loslappie" op die CD.
"Dis liedjies waar die man nie die mannemoed gehad het om die vrou op haar naam te noem nie, maar dis ook universeel en kan op enige vrou van toepassing wees, sodat geen vrou voel sy word uitgelaat nie. Omdat dit ligter liedjies is, gee dit balans aan die CD."
Droomvrouens is 'n soort ode aan vroue.
Dis ook hoekom hy nie die liedjies se volledige naam op die CD se rugkant laat druk het nie."Lisa se klavier"word bloot "Lisa", "Lying in the arms of Mary"net "Mary".
Omdat Mathys van die liedjies gereeld sing, het hy dit nuut opgeneem sodat dit anders en vars klink.
"Die liedjies wys alle aspekte van die liefde. Soms is dit seer en soms is dit lekker. Ek sukkel self maar met vroue. Dit voel asof enigiets wat ek vír 'n vrou of óór 'n vrou sê corny is. Selfs die komplimente wat ek gee, klink corny. Ek sal eerder dat my medesangers die komplimente gee!"
Vir hom is die idee van liefde eenvoudig. "Wees nice met mekaar. Ontspan en geniet mekaar se geselskap. Dis nie so ingewikkeld nie."
Verwante artikels
-
10 dinge waaroor Juanita du Plessis droom + sy wys haar foto's
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 4
In 'n vorige SARIE-artikel deel Juanita met lesers die 10 dinge wat sy nog wil doen
-
Arno Carstens neem liedjie saam met Robert Pattinson se suster op
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 1
Arno trek aandag oorsee!
-
Claire Johnston: Terug met 'n "bang"
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
Trek jou dansskoene aan – Mango Groove is terug! En sáám met hulle hul “Special Star”, Claire Johnston. Hier vertel sy van haar hoogte- én laagtepunte.
-
Kuier saam by die Cederbergfees Vrouedag
SARIE - April 2010
Dit gaan ’n geleentheid wees om te onthou! Kom vier fees saam met SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, Sandra Prinsloo en Niël Rademan
-
Mathys Roets se biografie bekendgestel
SARIE - Junie 2010
Steeds net Mathys word deur Naledi-uitgewers uitgegee en is Julie 2010 bekendgestel
-
Mathys Roets wys sy droomvrou
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 21
Hy sing deesdae vir hulle, sy droomvroue. Daar's sy hartsvrou, Margueriet Jones. En sy ma, Meisie, sy suster, Marié Greyling, en jare lange vriendin Alexa Strachan, almal vroue oor wie hy spesiaal voel.
-
Ontbytsake maak 'n CD saam met bekendes
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2
Aanbieders van die kykNET-oggendprogram, Ontbytsake, het hul rol as aanbieders eenkant toe geskuif om 'n album op te neem.
-
SA tweeling-tienerbroers Locnville kry internasionale platekontrak
SARIE - Mei 2010
Die tweeling-tienerbroers van Kaapstad Andrew en Brian Chaplin (19) van die groep Locnville het gister 'n internasionale musiekdeurbraak gemaak toe die internasionale platemaatskappy Sony Music International (SMI) 'n kontrak met hulle gesluit het.
-
Uit Mathys Roets se biografie, 'Steeds Mathys'
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 4
Lees dié spesiale uittreksel, Die Groter Prentjie, uit Mathys Roets se aangrypende biografie, 'Steeds Mathys'.
















Kommentaar
De Lint het gesê:
waar kan ons die CD koop?
12de Mar. 2010, 08:00