Mathys Roets en Peter Sarstedt saam op verhoog - FOTO's
Onthou nog daardie treffer ''Where do you go to my lovely?''
Peter Sarstedt se grote. En nou het hy dit die naweek (September 2010) saam met niemand anders nie as ons eie Mathys Roets, gesing. Hul konsert was by die Walter Sisulu Botaniese Tuine in Roodepoort.
Dit was deel van die Sappi Sondagpiekniek-konserte wat vanjaar vir die 10de keer aangebied word.
Sarstedt is 'n natuurbewaringsaktivis en is in Suid-Afrika as 'n gas van Sappi om te help geld insamel vir verskeie omgewingsbewaringsorganisasies.
"Ongelooflik om vandag saam met Peter te kon sing. Toe ons gou in kleedkamers 'where do you go to my lovely' oefen, kon ek nie glo dis hier voor my en ek hoor rêrig die stem wat mens al soveel jare met die lied assosieer nie," het Mathys gister gesê.
Sarstedt was al voorheen in SA om verskeie ongewingsorganisasies te ondersteun. Hy toer steeds regoor die wêreld en skryf steeds musiek spesifiek vir omgewingsbewusmaking. Sy ''groen musiekword oral gehoor, en sy liedjie Save the rhino gaan spesiaal in SA gesing word om bewustheid rondom die bedreiging van renosters te skep.
Verwante artikels
-
Erik Holm oor sy grootste inspirasie, sy suster, Nike
SARIE - Oktober 2010
-
Klein Karoo Klassique: 2 Grammy-benoemde SA kunstenaars tree op
SARIE - Oktober 2010
Dis weer tyd vir die Klein Karoo Klassique-fees op Oudtshoorn. Kyk net wie gaan almal daar wees.
-
Mathys Roets kan weer staan...
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 20
Mathys het by sy konsert gisteraand (Wo 10 Nov) sy gehoor verstom toe hy ewe skielik in sy nuwe stoel regop staan! Klik om dit te sien.
-
Mathys Roets se biografie bekendgestel
SARIE - Junie 2010
Steeds net Mathys word deur Naledi-uitgewers uitgegee en is Julie 2010 bekendgestel
-
Mathys Roets wys sy droomvrou
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 21
Hy sing deesdae vir hulle, sy droomvroue. Daar's sy hartsvrou, Margueriet Jones. En sy ma, Meisie, sy suster, Marié Greyling, en jare lange vriendin Alexa Strachan, almal vroue oor wie hy spesiaal voel.
-
Mathys se ode aan sy droomvroue
SARIE - Februarie 2010
"Hulle is regtig soos engele in my lewe," sê Mathys oor dié vier vroue. "Hulle het my tree vir tree ondersteun terwyl ek in die hospitaal was."
-
SARIE by Mathys Roets se boekbekendstelling
SARIE Julie 2010
Mathys Roets het Julie 2010 in Bloemfontein sy outobiografie, Steeds Mathys, by die Volksblad-kunstefees bekend gestel – en SARIE was eerste daar!
-
Uit Mathys Roets se biografie, 'Steeds Mathys'
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 4
Lees dié spesiale uittreksel, Die Groter Prentjie, uit Mathys Roets se aangrypende biografie, 'Steeds Mathys'.

















Kommentaar
Natashia van Greunen het gesê:
Was by 'n Valentynskonsert Feb van Mathys en Danie in Hoekwil, George. Hy sing asemrowend en hy is 'n plat op die aarde persoon. Mathys hoop jy het jou optrede saam met Peter geniet. Die liedjie pas by jou. Sterkte vorentoe. Ek ng steeds mal oor j liedjie droomvroue
13de Sep. 2010, 10:45Desiree het gesê:
Dit sal definitief iets besonders wees om te sien en te hoor! Jammer ek kan nie daar wees nie...
12de Sep. 2010, 10:48Desiree het gesê:
Dit sal definitief iets besonders wees om te sien en te hoor! Jammer ek kan nie daar wees nie...
12de Sep. 2010, 10:48