Mathys se ode aan sy droomvroue
Foto’s: Phyllis Green Galery
"Hulle is regtig soos engele in my lewe," sê Mathys oor dié vier vroue. "Hulle het my tree vir tree ondersteun terwyl ek in die hospitaal was."
Margueriet se oë en gesig lag altyd saam, sê hy. "Sy gee baie om vir mense. Met my ongeluk het sy 'n week in Bloemfontein kom bly waar ek in die hospitaal was en elke dag by my gesit. Sy's net so vrek oulik, jy kan nie help om van haar te hou nie. "Daar is 'n paar dinge wat moeilik is, soos dat sy my altyd met pool, gholf en muurbal gewen het. Sy's baie sportief.
"Dis altyd lekker om haar te sien. Sy kyk na my met 'n glimlag. Dis lekker om heeltyd in 'n glimlag vas te kyk. Veral nou."
Mathys het Alexa (Strachan) tien jaar gelede by die lisensiekantoor in Centurion ontmoet. Hulle deel 'n liefde vir motorfietse en het onmiddellik daaroor begin gesels.
"Sy's iemand wat nugter oor die vermaakbedryf kan praat, vir wie ek kan nader as ek enigiets wil weet. Sy was die laaste paar maande ongelooflik. Sy het my lewe vir 'n rukkie oorgeneem terwyl ek van die ongeluk herstel het en al die medianavrae hanteer terwyl ek in die hospitaal was. "Dis nogal moeilik vir 'n man en 'n vrou om net vriende te wees, en dit is wat ons vriendskap so uitsonderlik maak. Dis lekker om iemand te hê wat my SMS om te vra of ek krieket kyk. Dis ook lekker om saam met haar te werk aan Kamp dit uit. Sy is professioneel en sy wroeg en swoeg nie oor dinge nie."
Mathys beskryf sy ma, Meisie, as ’n omgee-ma – iemand wat die ekstra myl met alles loop.
"Op skool wou almal ons toebroodjies steel omdat dit so mooi gelyk het. Ons mag nie met lelike toebroodjies skool toe gegaan het nie. My ma is vandag in beheer van my kantoor en besprekings. Ek geniet dit om saam met haar te werk.”
Mathys se jonger suster, Marié, was nog altyd daar vir hom.
"Sy het nog altyd oor my geworry. Ek het eenkeer ’n toets op universiteit gedruip, toe hoor ek sý huil daaroor! Sy is ’n arbeidsterapeut in Pretoria. Toe ek ná my ongeluk in die rehabilitasiesentrum was, was sy elke dag daar om my te ondersteun."
Lees nog:
- Mathys neem sy Droomvrouens-CD saam met SARIE op
- Mathys Roets wys sy droomvrou, Margueriet Jones (foto's)
Verwante artikels
-
Mathys Roets en Peter Sarstedt saam op verhoog - FOTO's
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Onthou nog daardie treffer ''Where do you go to my lovely?''
-
Mathys Roets se biografie bekendgestel
SARIE - Junie 2010
Steeds net Mathys word deur Naledi-uitgewers uitgegee en is Julie 2010 bekendgestel
-
Mathys Roets wys sy droomvrou
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 21
Hy sing deesdae vir hulle, sy droomvroue. Daar's sy hartsvrou, Margueriet Jones. En sy ma, Meisie, sy suster, Marié Greyling, en jare lange vriendin Alexa Strachan, almal vroue oor wie hy spesiaal voel.
-
SARIE.com se lekker lees- en doengoed vir Vrouedag 2010!
SARIE Augustus 2010
Dis Vrouedag op die 9de Augustus en hier's 'n paar idees, wenke, lekker leesstories, lesersbriewe, raad, inspirasie-stories en skoonheidswenke spesiaal vir julle!
-
Uit Mathys Roets se biografie, 'Steeds Mathys'
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 4
Lees dié spesiale uittreksel, Die Groter Prentjie, uit Mathys Roets se aangrypende biografie, 'Steeds Mathys'.
















Kommentaar