Mej. Heelal 2010: Mexiko wen, SA se Nicole Flint 10de uit 85 deelnemers
Foto’s: verskaf Galery
Die wêreld se mooiste vrou is aangewys. Jimena Navarrete (22) van Guadalajara, Mexiko, is gisteraand in die Mandalay Bay Hotel in Las Vegas gekroon. Ons eie Mej. SA het 10de geëindig.
Die eerste prinses is Mej. Jamaika, Yendi Phillipps, en die tweede prinses is Mej. Australië, Jesinta Campbell.
Navarrete se groot prys sluit in 'n salaris, 'n luukse woonstel in New York (haar dag tot dag uitgawes word ook betaal), 'n studiebeurs vir 'n jaar by die New Yorkse Film-akademie en genoeg juweliersware, klere en skoene. (Bron: Google News)
Voor haar vertrek na Amerika het SARIE Nicole Flint (22), ons Mej. SA, vinnig 5 vrae gevra. Sy was gisteraand in 'n Malcolm Klûk-skepping geklee.
Dis glo die eerste keer dat jy besigheidsklas vlieg . . .
Ja, ek is só opgewonde. Ek kan nie wag nie. Ek was ook nog nooit in Amerika nie.
Hoe het jy voorberei vir dié kompetisie? Ek bid om my kop reg te hou. Dis 'n kompetisie en daar is maar meisies wat nie baie vriendelik is nie. Dis belangrik om reg te eet en gereeld te oefen. Ek sal nooit nié eet nie. Dis nie die manier om slank te bly nie. Ek lees ook baie koerante sodat ek ingelig is oor aktuele sake.
SA het die wêreld verras met die sokker. Watter beeld oor ons land wil jy daarbuite uitdra?
Dat ons vorentoe beweeg. Ons nasie het soveel potensiaal. Ek is gebore in die era ná apartheid en verteenwoordig my héle land.
Baie skoonheidskoninginne sê hulle was rabbedoes. Maar jy was glo die klassieke tomboy?
Daar was nie 'n dag dat ek nie met bloukolle van die kleuterskool af teruggekom het nie. Ek het onderstebo van die swaai gehang en op die klimrame geklouter. Ek en my halfbroer Daryl (30) en broer Geoff (25) het dikwels bofbal gespeel.
Wie is jou ikoon?
Enigiemand wat met grasie oud word en 'n sukses van hul lewe maak. My ouma Elaine Flint was altyd my rolmodel. Sy was slim, mooi en 'n boekhoudster. Sy het gewerk totdat sy 80 was en altyd geveg vir ander se regte.
![]() |
Só lyk die top 10Mexiko - Jimena Navarrete Jamaika - Yendi Phillipps Australië - Jesinta Campbell Oekraïne - Anna Poslavska Filippyne - Venus Raj Albanië - Angela Martini Guatemala - Jessica Scheel Ierland - Rozanna Purcell Puerto Rico - Mariana Vicente Suid-Afrika - Nicole Flint (Bron: Wikipedia) |
Verwante artikels
-
5 minute met Mej. Tiener Wêreld, Tayla Robinson
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 1
-
Anneline Kriel praat oor skoonheid in haar 20's
SARIE - Februarie 2009
Volg haar spore deur die skoonheidswêreld. Kenners gee ook skoonheidswenke wat jy kan gebruik.
-
Hoe't jy gevoel toe... (Mej. Nieu-Seeland)
SARIE - September 2009
’n ‘boeremeisie’ van die Kaap, as Mej. Nieu-Seeland gekroon is?
-
Model en gewese Mej. SA Claudia Henkel verklap
SARIE - September 2009
Wat is haar skoonheidsgeheime?
-
Mooie Anneline Kriel met haar 2 ewe beeldskone dogters
SARIE - Februarie 2009 | Kommentaar: 8
Dis nog dieselfde Anneline Kriel – 25 jaar nadat sy as Mej. Wêreld gekroon is, het sy nog dieselfde magic, sê fotograaf Gerda Genis

















Kommentaar
Suzette Ann Brickhill het gesê:
Alle voorspoed! Jy is gorgeous!!!
25ste Aug. 2010, 13:12