Meryl Streep speel Margaret Thatcher – kyk die foto!
Foto’s: www.latimesblogs.latimes.com Galery
Meryl Streep kan énige rol speel. En die nuutste op haar kerfstok is die van Margaret Thatcher, die eerste vroulike Britse premier.
Die fliek gaan oor die Ystervrou se lewe, politieke sukses, en spesifiek die tydperk voor die uitbreek van die Falkland-oorlog in 1982. Sy was die Britse premier van 1979 tot 1990.
Meryl sê op die Los Angeles Times se webtuiste dis vir haar 'n ongelooflike voorreg en uitdaging om só 'n dinamiese en sterk vrou te speel. Sy probeer haarself so goed moontlik voorberei vir die rol. Sy doen baie navorsing oor die Britte se Ystervrou en hoop haar uithouvermoë kan by die van die voormalige premier kers vashou.
Dit is nog nie bekend wanneer die fliek gaan wys of wie die rol van Denis Thatcher, haar man, gaan speel nie.
Verwante artikels
-
Lindsay as Liz Taylor, Nicole as Grace Kelly, Ashton as Steve Jobs
SARIE April 2012
Meryl Streep as Julia Child, toe Margaret Thatcher. Nicole Kidman as Virginia Woolf. Michelle Williams as Marilyn Monroe. Hollywood vertel graag die lewensverhale van ikone, en daar is nog 'n hele paar opwindende projekte in die pyplyn.
-
SARIE-kosredakteur, Herman, is verlief op Meryl Streep en die fliek Julie and Julia
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 2
Herman Lensing, SARIE-kosredakteur, het 'n spesiale voorvertoning van die nuwe Meryl Streep-fiek, Julie & Julia, bygewoon. Die verhaal is watertand-lekker!
-
Wat het Oprah, Meryl Streep en Sandra Bullock in gemeen?
SARIE - November 2010
Daar's nog nie sprake van draaiboek nie, maar Meryl Streep, Oprah Winfrey en Sandra Bullock het reeds ingestem om in Michael Patrick King (skrywer/regisseur van Sex and the City) se nuutste (nog naamlose) fliek te speel, berig www.slashfilm.com.














Kommentaar
Maretha het gesê:
Kan nie wag vir die fliek nie!! Sal n treffer wees soos al haar ander flieks!!!!
25ste Feb. 2011, 13:36marie het gesê:
ek weet nie so mooi nie
10de Feb. 2011, 19:09