Milan Murray se splinternuwe haarstyl

Deur Madge Booth, SARIE Desember 2011

Milan Murray se splinternuwe haarstyl Foto’s: www.twitter.com Galery

Volgelinge van Milan Murray kon gister, 1 Desember, ’n foto van haar vars en funky nuwe haarstyl op haar Twitterblad sien.

“Ek het Woensdag die laaste tonele van The Wild vir die jaar geskiet en besluit om te laat waai met dié nuwe styl,” vertel Milan aan sarie.com.

Haar haarkapper in Johannesburg, Karen, doen Milan se hare die afgelope drie jaar al elke week.

“Sy ken my hare regtig goed en toe sy die nuwe advertensie van Coco Chanel se parfuum Mademoiselle met Keira Knightley sien, het sy net geweet dit is my volgende styl.”

Karen het die styl hier en daar aangepas om by Milan se gelaatstrekke te pas en siedaar!

Milan is ook hard aan die oefen om aan volgende jaar se Otter African Trail Run deel te neem ter bewusmaking van kinders met kanker. “Die styl is dalk nie so prakties vir ’n aktiewe leefwyse nie, maar ek sal dit máák werk met ’n kopband of iets,” vertel sy.

Op die vraag of dit by haar karakter Kate in die M-Net-sepie The Wild gaan pas, is Milan baie geheimsinnig ... “Die storie om Kate kry volgende jaar ’n interessante kinkel ... en dié haarstyl gaan daarby pas!”

Milan se hare op die voorblad van die Augustus 2011-uitgawe van SARIE

Milan Murray se haarstyl op die Augustus 2011-voorblad van SARIE

Volg Milan se fiksheidsreis op Facebook by Milan vs The Otter of volg haar op Twitter @Milanmurray

Kyk hier na die advertensie van Coco Chanel se Mademoiselle


Verwante artikels

  • Bekendes se nuwe haarstyle

    Bekendes se nuwe haarstyle

    SARIE Desember 2011

    Dit is die seisoen van verandering in Hollywood, veral as dit by haarstyle kom. Is jy ook lus vir 'n nuwe voorkoms?

Galery

  • Mialn Murray
  • Milan se hare op die voorblad van die Augustus 2011-uitgawe van SARIE

Kommentaar

  • Die nuwe haarstyl is beslis nie 'n verbetering nie.

    4de Des. 2011, 18:10
  • Ek hou ook nie daarvan nie, Iets groots is verkeerd, daardie sexy gesig is weg. Ek soek die features wat ek ken, maar sy lyk behoorlik vreemd. Milan moet asb vir haar 'n ander haarkapster kry! 'n Verandering is nie altyd ' n verbetering nie.

    4de Des. 2011, 15:35
  • Ek stem, sy lyk soos 'n weeskind.

    2de Des. 2011, 14:22
  • Ek hou meer van haar vorige styl!

    2de Des. 2011, 13:09
  • Dit lyk soos 2 verskillende mense. Dalk maar net sarie se goeie fotograaf...

    2de Des. 2011, 10:15
  • Kan nie sê dis 'n verbetering nie.

    2de Des. 2011, 09:48
  • Nee, dit lyk of haar kind die skêr in die hande gekry het!

    2de Des. 2011, 08:58

Web Development by FormFunction