Mode-ikone Michelle Obama en Jackie Kennedy
Dié twee formidabele vroue word gedurig met mekaar vergelyk. Hul mans is en was charismatiese jong presidente van Amerika.
Hulle is albei relatief jonk na die Withuis gestuur. Maar dis veral as mode-ikone dat hulle in dieselfde asem genoem word.
Die Amerikaanse tydskrif Vanity Fair illustreer dit goed met 'n prag-fotogalery. Blaai deur die foto's en sien self in watter mate dié twee op dieselfde spreekwoordelike mode-bladsy is: van 'n liefde vir pêrels en klassieke snitte tot handskoene en elegante bykomstighede.
Inspirasie soos min!
Besoek die Vanity Fair-webtuiste.
Verwante artikels
-
'n Pienk SA halssnoer vir Michelle Obama
SARIE - Junie 2009
-
Beyoncé help kinders om meer te oefen
SARIE - Maart 2011
Vetsug onder kinders raak wêreldwyd, en veral in Amerika, al hoe erger. Beyoncé Knowles doen haar deel om juis dit te verminder.
-
Ons eie top-7 vroue-ikone - modelle word celebs vir 'n dag
SARIE Augustus 2010
SARIE het destyds 'n paar plaaslike modelle in ikone omgetower vir die REVLON Supermodel-wedstryd op TV. Dit bly vir ons baie mooi...
-
Ons kies vir Angelina Jolie 'n paar nuwe haarstyle. Wat dink jy?
SARIE - Julie 2009 | Kommentaar: 7
Ons het besluit om vir Angelina Jolie 'n paar nuwe haarstyle en -kleure te kies met die nuwe SARIE mooimaakprogram.














Kommentaar
Simon Rademan het gesê:
Ek kan goed verstaan dat daar paralelle tussen die twee vroue getrek word, maar baie water sal nog in die see moet inloop voordat Me Obama Jackie Onassis se skoene sal kan volstaan. Vergewe my maar dit is my 5 sente. Faaab website, SARIE!
9de Aug. 2009, 10:47Crystal het gesê:
Pragtige gallery foto's van die twee dames. Ek hou veral van die feit dat Michelle n bietjie meer kurwes het, en nie huiwer om dit op n deftige manier te wys nie.
15de Jul. 2009, 13:52