Bekendes wat musiekmaak in die geheim: Johnny Depp, Anne Hathway en Halle Berry
Dit lyk of hulle alles het wat in hul guns tel. Hulle is mooi, hulle is beroemd, hulle het geld... Nou, het jy geweet dat van die Hollywood-bekendes musiektalent ook het?
Anne Hathaway is miskien nie die vroulike weergawe van Carlos Santana nie maar het onlangs op Late night vir Jimmy Fallon en kykers verras met haar kitaarspel. Sy het vertel dat sy vir haar kêrel se verjaarsdag op Youtube die tutoriale gevolg het sodat sy The Beatles se Black Bird vir hom kon speel...
|
Halle Berry het baie talente! Sy het aan InStyle vertel dat sy kan fluit speel. ”Ek het op hoërskool gespeel en ek kan ook verf- so mixed media.” |
|
|
Klink vir ons daar steek tog waarheid in Jennifer Garner se karakter in die rolprent 13 going on 30. Glo was sy ‘n band-geek op skool en was sy trots daarop om die saxofoon te speel. Maar vandag bieg dat sy dit onlangs weer probeer het, maar glad nie meer dieselde klink nie, berig People.com |
|
|
Dan laaste maar sekerlik nie die minste nie die bekende seerower van Pirates of the Carribean het ook musiek gemaak en kan nogsteeds! Dis nie moeilik om te dink dat Johnny Depp in sy jonger dae in ‘n band gespeel het nie. The Kids was die groep se naam en hulle het in 2008 weer bymekaar gekom vir ‘n liefdadigheidskonsert. Na dit het hy al saam met Oasis en The Pogues opgetree. Depp sê nogals ewe beskeie op onderhoud met Inside the Actors Studio: “Ek het al daaraan gedink ek kan altyd terugval op kitaarspeel of ‘n petroljoggie word." |
|
Verwante artikels
-
Anne Hathaway is verloof!
SARIE November 2011
Dié 28-jarige aktrise is verloof aan haar kêrel van 4 jaar, Adam Shulman (30), berig www.accesshollywood.com
-
Anne Hathaway met kort hare?- foto's
SARIE Augustus 2010
Anne Hathaway het haar haarstyl verander. Of het sy?
-
Die geur van Halle Berry
SARIE - Januarie 2011
Die aktrise Halle Berry is taamlik geheimsinnig oor haar private lewe, maar nié oor haar nuwe parfuum – Reveal by Halle Berry – nie.
-
Die wêreld se sexyste man is ... Johnny Depp
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 2
Die gewilde akteur is pas as People-tydskrif se sexyste man ter wêreld vir 2009 aangewys.
-
Elise Fernandez: Halle Berry se lyf-dubbelganger in haar nuutste fliek
SARIE - Oktober 2010
Elise Fernandez (37), 'n enkelma van Kaapstad, is 'n lyf-dubbelganger vir die Oscar-wenner Halle Berry in die rolprent Dark Tide, wat pas in en om Kaapstad verfilm is.
-
Emmanuel Castis van Erfsondes droom van 'n fliek met Johnny Depp
SARIE Julie 2010
Dié akteur en sanger wat nou in Erfsondes 3 op SABC2 te sien is, praat passievol oor sy drome, hoop, vrese, lewenslesse.
-
Halle Berry se nuwe parfuum
SARIE - Julie 2009 | Kommentaar: 1
Vir Halle Berry het die skep van haar parfuum oor meer gegaan as net nog 'n geur.
-
Ryk Neethling, Lee-Ann Liebenberg en Jeannie D – Suid-Afrika se stylvolstes!
SARIE - Desember 2010
Ryk Neethling is die afgelope naweek by die SA Style Awards as Suid-Afrika se stylvolste ikoon aangewys.
-
SA-ontwerper se swembroekstyl is Halle Berry se gunsteling
SARIE - Oktober 2010
Halle Berry en ons eie Mej. SA, Nicole Flint, is maar twee celebs wat Dax Martin se baaikostuums met metaalringe, kralewerk en diamanté-afwerking dra.
























Kommentaar