'n Bobaas butler gee raad: Só bly jou handdoeke sag

Deur Henriëtte Loubser, SARIE Maart 2010

Sarie.com het die hulp van 'n professionele butler ingeroep om 'n paar huishou-wenke met jou te deel. Hoe hoe jy sag en silwerskoon? Hy gee raad

"Help! Ek kan nie meer huishou nie."

Wenk 1: Só maak jy om jou handdoeke sag te hou

Anton van Deventer, hoof-opleier by die SA Butler-akademie, sê:

  • Bly weg van versagmiddel wanneer jy handdoeke was. Dit het 'n oliebasis en bou op. Pleks van versagmiddel kan jy 'n koppie wit asyn gebruik. Dit laat die handdoeke sag, sonder enige asynreuk.
  • Gebruik net die helfte van die waspoeier vir handdoeke wat jy vir ander bondels wasgoed sou gebruik het.
  • Was jou handdoeke teen 'n hoë temperatuur, 60 grade C. Vir baie vuil wit handdoeke kan jy tot 80 of 90 grade C gebruik - amper kookpunt. Moet dit nie met gekleurde handdoeke doen nie, dit sal verbleik.
  • As daar sonbrand- of ander oliekolle op jou wit handdoeke is, vryf Handy Andy daardeur voordat jy dit in die wasmasjien gooi.
  • Week wit én gekleurde handdoeke met grimeer- en ander vlekke op in Vanish O2-poeier.
  • Jou handdoeke is sagter as jy dit op 'n medium-temperatuur in die tuimeldroër droogmaak, eerder as om dit in die son te hang.
  • Sodra jy dit uit die tuimeldroër of van die draad afhaal, vat jou handdoeke aan die hoeke vas en rek en trek dit 'n paar keer voor jy dit opvou en bêre. Dit sal help om die handdoeke mooi reguit te hou.

Verwante artikels

Kommentaar

Web Development by FormFunction