'n Lyf soos Jennifer Aniston: stap-vir-stap
Jennifer Aniston (42) se lyf is slank en gespierd, maar steeds vroulik. Hoe kry sy dit reg?
Só aan die begin van die Desembervakansie wonder baie van ons hoe ons van die strandhanddoek tot in die water gaan beweeg sonder om te veel aandag te trek! Want die plan was om reeds 1 Januarie vanjaar met die Plan Nuwe Lyf te begin, maar die jaar het ons ingehaal. Klink dit bekend?
As daar een lyf is waarna talle streef, is dit dié van die eks-Friends-aktrise, Jennifer Aniston. Sy was nie verniet een van die sexyste vroue by ELLE se Women in Hollywood-geleentheid nie. Daar is nie 'n enkele ronding uit sy plek nie, maar tog is sy altyd die toonbeeld van vroulikheid en sensualiteit. Die antwoord lê daarin dat sy joga by haar gewone oefenroetine insluit, sê haar joga-afrigter, Mandy Ingber.
Ingber verklap aan InStyle die sleutel tot 'n prag-figuur is dít: "Wees lief vir die lyf wat jy hét, en gee jouself élke dag 5 tot 15 minute om net te sit en asem te haal."
Sy stel ook voor dat jy soveel moontlik organiese groente en vrugte eet, suiker vermy en baie vloeistof inneem.
VOLG HAAR OEFENPROGRAM STAP-VIR-STAP HIER:
* Arms
*
Verwante artikels
-
Friends-sterre sê nee vir fliek
Matt LeBlanc (Joey) is toe nie die enigste Friends-ster wat dink 'n Friends-fliek is 'n slegte idee nie, berig www.usmagazine.com.
-
Jennifer gee uit op skoonheid
SARIE Maart 2012 | Kommentaar: 3
Dit is geen geheim dat Hollywood-sterre duisende rande op hul skoonheidsroetines kan bestee nie, en nou weet ons omtrent hoeveel!
-
Kry só Michelle Obama se styl + wenke vir ferm arms
SARIE Mei 2013
Wie wil nie soos een van die stylvolste én invloedrykste vroue in die wêreld lyk (en voel) nie?
-
Kurt se nuwe lyf + sy dieetgeheime
SARIE November 2011 | Kommentaar: 11
Nie net het die Kaptein van Afrikaanse musiek se nuwe treffer-CD 'n goue toekenning gekry nie, maar hy spog ook met 'n maerder lyf.
-
Martelize Brink van rok-grootte 18-10
SARIE Desember 2011 | Kommentaar: 45
Martelize Brink, RSG-omroeper en -regisseur van Kaapstad, het verskeie rokgroottes voor dié Kersfees gekrimp, sy vertel wat dit vir haar beteken.













Kommentaar
Mary-Ann het gesê:
Wens ek kan ook da uitkom.
6de Des. 2011, 14:03