Nádine lok 3,5 miljoen kykers in Duitsland
Die SA sangeres Nádine het op Disdag 22 Junie elke Suid-Afrikaner se hart trots gemaak toe sy op Fernsehgarten, 'n program op Duitsland se openbare uitsaaier ZDF, haar nuwe treffer, "Made Up My Mind", voor 'n kykertal van sowat 3,5 miljoen gesing het.
Sy was openlik trots Suid-Afrikaans en het die nasionale vlag om die klawerbord gedrapeer.
Nádine toer tans deur Duitsland om haar album This Time I Know te bemark. Dit is op 11 Junie in Duitsland, Switserland en Oostenryk uitgereik. En dit lyk asof sy Duitsland stadig maar seker oorrompel - haar liedjies word oor openbare en private radio-stasies gespeel en sy word op TV-programme verwelkom.
Kyk na haar optrede:
Verwante artikels
-
Kyk! Nádine sing lewendig op Nederlandse radio
SARIE Julie 2010
SA sangeres Nádine is deesdae baie in die buiteland, so ook haar musiek. In 2009 was sy vir sowat die helfte van die jaar in Europa, en het sy konsertoptredes in Nieu-Seeland gegee.
-
Nádine sing met ’n nuwe stem
SARIE - November 2007
Haar loopbaan is amper gekelder, sy was ’n teiken van skoolboelies en sy’s bang die liefde maak haar seer. Maar Nádine die kinderster het grootgeword
-
Nádine terug ná oorsese toer
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 3
Sy verklap haar gunsteling liedjie op haar nuwe album asook wie haar inspireer.
-
Nádine wen gesogte internasionale prys
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Die sangeres Nádine is die eerste Suid-Afrikaner in die geskiedenis wat eerste plek by die World Peace Song Festival verower het met haar liedjie "This Time I Know It's For Real".
-
Roer! - Nádine se granaat-sangria
SARIE - Julie 2009
Nádine noem dit sommer 'Pret-fiësta' en met goeie rede! Dié drankie is heerlik verfrissend en is propvol smullekker vrugte.
-
Roer! - Nádine se Mexikaanse fondue
SARIE - Julie 2009
'n Fondue is iets wat 'n mens nie gereeld maak nie, so miskien is dit hoog tyd dat jy en jou vriende en familie weer 'n slag bymekaar kom vir een!
-
Roer! - Nádine se Tacos de Pollo
SARIE - Julie 2009
Vir diegene wat nie weet wat dié gereg is nie - dis hoender-tacos! Hou 'n Mexikaanse aand en sit voor saam met salsa en room.
-
Skink 'n glasie van sangeres Nádine se eie wyn
SARIE Augustus 2010
"Nou kyk, as 'n mooi meisie soos Nádine vir jou kom vra sy wil haar eie wyn hê, kan 'n mens mos nie nee sê nie," skerts Jan 'Ponk' van Zyl, een van die eienaars van Fryer's Cove-wyne.
















Kommentaar
Heila het gesê:
Baie geluk - sy het die hele pakket... voorspoed Nadine
24ste Jun. 2010, 13:33Yolanda Nel het gesê:
Wow ek is noi nie 'n Nadine fan nie maar dit wil nou vir jou gedoen wees!
24ste Jun. 2010, 11:51