Nádine wen gesogte internasionale prys

SARIE - Februarie 2010

Die sangeres Nádine is die eerste Suid-Afrikaner in die geskiedenis wat eerste plek by die World Peace Song Festival verower het met haar liedjie "This Time I Know It's For Real".

Ons eie Nádine het Coldplay en Ladyhawke (van Nieu-Seeland) se tjank afgetrap.

Sy was ekstaties en het gesê dié gesogte toekenning het haar selfvertroue verseker vir die bekendstelling van haar CD in Europa oor 3 maande.

"Ek't pas uit my Duitse klas gekom, op pad om iets te kry om te eet, toe ek 'n e-pos uit Europa ontvang. Dis so 'n eer om te weet dat hierdie liedjie soveel mense aangeraak het, veral as jy dink uit hoeveel lande die beoordelaars kom," het Nádine gesê.

Die World Peace Song Festival vind jaarliks sedert 1996 plaas en word deur die OGAE (Organisation Générale des Amateurs de l' Eurovision) aangebied. Lande van regoor die wêreld stuur hul liedjies in vir hierdie kompetisie.

Nádine se bestuurder in België, Hugo Foets, het gesê hierdie toekenning laat val weer eens die kollig op Nádine, 'n sanger wat hy glo 'n superster-in-wording is. Iemand met 'n wêreldklas-stem.

"Hierdie is 'n wonderlike reis, en ek moet my span in SA en in Europe bedank," het Nádine gesê.

Verwante artikels

  • Kyk! Nádine sing lewendig op Nederlandse radio

    Kyk! Nádine sing lewendig op Nederlandse radio

    SARIE Julie 2010

    SA sangeres Nádine is deesdae baie in die buiteland, so ook haar musiek. In 2009 was sy vir sowat die helfte van die jaar in Europa, en het sy konsertoptredes in Nieu-Seeland gegee.

  • Nádine

    Nádine

    Nádine het Saterdagaand haar 27ste verjaardag saam met vriende en familie in 'n restaurant in Sandton gevier. Die tema was goud en sy het onder meer rose laat goud spuitverf vir die geleentheid. Charis Labuschagne het met haar gesels Hoekom het jy...

  • Nádine binnekort as Maria Magdalena in Andrew Lloyd Webber-stuk

    Nádine binnekort as Maria Magdalena in Andrew Lloyd Webber-stuk

    SARIE - April 2011

    Die gewilde Andrew Lloyd Webber/Tim Rice-rock opera, Jesus Christ Superstar, is danksy Pieter Toerien binnekort op eie bodem te sien met ’n hele rits bekendes op die verhoog.

  • Nádine lok 3,5 miljoen kykers in Duitsland

    Nádine lok 3,5 miljoen kykers in Duitsland

    SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2

    Die SA sangeres Nádine het op Disdag 22 Junie elke Suid-Afrikaner se hart trots gemaak toe sy op Fernsehgarten, 'n program op Duitsland se openbare uitsaaier ZDF, haar nuwe treffer, "Made Up My Mind", voor 'n kykertal van sowat 3,5 miljoen gesing het.

  • Nádine terug ná oorsese toer

    Nádine terug ná oorsese toer

    SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 3

    Sy verklap haar gunsteling liedjie op haar nuwe album asook wie haar inspireer.

  • Roer! - Nádine se granaat-sangria

    SARIE - Julie 2009

    Nádine noem dit sommer 'Pret-fiësta' en met goeie rede! Dié drankie is heerlik verfrissend en is propvol smullekker vrugte.

  • Roer! - Nádine se Mexikaanse fondue

    SARIE - Julie 2009

    'n Fondue is iets wat 'n mens nie gereeld maak nie, so miskien is dit hoog tyd dat jy en jou vriende en familie weer 'n slag bymekaar kom vir een!

  • Roer! - Nádine se Tacos de Pollo

    SARIE - Julie 2009

    Vir diegene wat nie weet wat dié gereg is nie - dis hoender-tacos! Hou 'n Mexikaanse aand en sit voor saam met salsa en room.

  • Skink 'n glasie van sangeres Nádine se eie wyn

    Skink 'n glasie van sangeres Nádine se eie wyn

    SARIE Augustus 2010

    "Nou kyk, as 'n mooi meisie soos Nádine vir jou kom vra sy wil haar eie wyn hê, kan 'n mens mos nie nee sê nie," skerts Jan 'Ponk' van Zyl, een van die eienaars van Fryer's Cove-wyne.

Kommentaar

  • Baie geluk Nadine, ons is baie trots op jou. Dis 'n lieflike lied en ek het vandat ek dit die eerste keer gehoor het, gedink dis van internasionale gehalte!!!

    20ste Feb. 2010, 15:36