Natalie Portman verloor 10 kg, is benoem vir Golden Globe-toekenning
Foto’s: www.go4celebrity.com Galery
Natalie Portman is benoem vir ’n Golden Globe in 2011 en die hele Hollywood gons reeds oor ’n Oscar-benoeming óók vir haar spel in Black Swan. Só berig www.people.com
Vir dié rol moes sy ’n volle 10 kg afskud, en sy was reeds plankdun! Sy erken sy het deur hel gegaan om dit te kon regkry. “Ek het vir maande lank 5 ure per dag geoefen, ek moes ballet doen en ek het baie geswem,” het sy aan www.showbizspy.com vertel.
Sy kon nie wag dat die verfilming moes eindig sodat sy weer kon begin normaal eet nie! “Ek het net pasta en pasta en nog pasta geëet!” bieg sy.
Dit was vir haar baie moeilik om nie saam met haar vriende lekker gesellig te kon wees nie, want die versoeking om iets te eet of iets anders as water te drink, was net te groot. Dit, en die feit dat jy konstant jou liggaam deur vreeslike pyn sit, was vir haar die heel ergste.
Tog het sy nooit opgehou eet nie, sy het baie gesond geëet en haar porsie-groottes streng dopgehou.
En behalwe vir die dieet moes sy ook omtrent agt ure per dag saam met ’n choreograaf oefen om die karakter van die ballerina foutloos te kon vertolk. Maar daarvoor het sy nie omgegee nie, want die choreograaf, Benjamin Millepied, is nou haar kêrel.
Na afloop van die verfilming van die fliek was sy baie verlig dat daar nie later van die tonele uit die fliek weer geskiet moes word nie, want sy sou verseker nie meer in die kostuums gepas het nie! Tog het die dieet en die intensiewe oefening haar gehelp om die selfdissipline van ballerinas te verstaan, en sy kon die karakter beter speel.
Verwante artikels
-
Aktrise verloor 25 kg, het nog 20 om te gaan...
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
Kirstie Alley, wie laasjaar die skaal by bykans 100 kg laat trek het, het 25 kg verloor.
-
Black Swan begin wys in SA
SARIE - Maart 2011
Black Swan begin in 2011 fliekteaters landwyd draai.
-
Die jaar van Natalie Portman, van 'n Oscar tot gesig van Dior!
SARIE - April 2011
Dis haar jaar! Natalie het so paar ure terug ( 15 Junie 2011) geboorte gegee aan 'n baba seun! Sy het ook die Oscar vir haar rol in Black Swan opgeraap en sy is as die nuwe gesig van ’n ikoniese Franse parfuum aangewys.
-
Franci Swanepoel verloor 18 kg - hier's dag 1 van haar dieet
SARIE September 2010 | Kommentaar: 20
Franci Swanepoel, Binneland Sub Judice se Toeks, wasvoorheen ’n ‘reeks-diëter’, maar dié keer wil sy al haar ‘vet’ klere weggooi. Boonop het sy ’n nuwe lus vir haarwerk en die lewe
-
Kelly Osbourne verloor byna 20 kg+ haar 1ste voorbladfoto in bikini!
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Sy was beslis nie die celeb-rolmodel van hoe om gesond te leef nie, maar nou lyk dit asof Kelly Osbourne mal is oor haar nuwe leefstyl. So baie, sy't byna 20 kg verloor!
-
Sanger en liedjieskrywer Hanno van Heerden verloor sy stryd teen kanker
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 7
Sanger en liedjieskrywer Hanno van Heerden het 10 Augustus 2010 sy stryd teen kanker verloor.
-
Verloor gewig sonder dieet - Rêrig! (Wenk 6 - 15)
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 8
Dis winter en tyd vir tuisgemaakte bredies, cappuccino en lepellê. En sowaar, dís dinge wat jou kan help gewig verloor
-
Wie is die wenners van die 68ste Golden Globe-toekennings?
SARIE - Januarie 2011
En wat het die bekendes aangehad?



















Kommentaar