Nataniël se nuwe kookboek
Foto’s: Clinton Lubbe Galery
Vir 'n baie besig Nataniël is 'n aandjie tuis of 'n dag af werklik 'n gawe, 'n geleentheid. Iets wat hy dan graag vier met 3 van sy gunsteling-tydverdrywe: om te kook, te eet en te kuier saam met vriende.
Vandaar hierdie prag-kookboek - Gatherings (sy 14de boek en 4de kookboek) met bladsye vol inspirerende en onvergeetlike saamkuiers, feesvieringe by sy huis en in sy tuin. Hy deel Valentynsdag, 'n Hocus Pocus-partytjie, Kersfees en Paasfees asook impromptu etes saam met kollegas en pêlle met lesers.
Gatherings is 'n huldeblyk aan tuiskos en kuier - prakties, bekostigbaar, elegant, spontaan, grênd, prettig, oordadig en intiem.
Gatherings is uitgegee deur Human & Rousseau, kos sowat R310 en is vanaf 9 Oktober te kry.
En nou vir nóg goeie nuus!
2 gelukkige sarie.com-gebruikers kan elk 'n Gatherings-kookboek kry. Skryf nou in.

Verwante artikels
-
As liefde loop lê
SARIE - Junie 2005
Vir die eerste keer in maande loop ek weer rond op Kaalkop, verstom dat ek so lank kon wegbly.
-
Soggens
SARIE - Julie 2005
Is jy darem partykeer dankbaar oor jou lewe? vra ’n vriendin. (Dis nadat ek haar vertel het van ’n besonderse vyfster-hotel waar ek onlangs tuisgegaan het.)



















Kommentaar
Martie het gesê:
Ek moet bieg... Ek koop (omtrent) net die SARIE vir Nataniël se Kaalkop rubriek daarin. Hoe gaan ek te werk om in te skryf om sy nuwe kookboek te wen? Martie Bezuidenhout
9de Feb. 2012, 09:55Yolanda Kilian het gesê:
Goeie dag Ek het in 'n tydskrif een van Nataniel se artikels gelees en daarin het ek 'n "cup cake" resep gesien wat ook jogurt as een van die bestandele gehad het. Ek is op soek na die resep. Byvoorbaat dankie Yolanda Kilian
24ste Aug. 2011, 14:26Vivia Ferreira het gesê:
Kan iemand help asb. Ek soek Nataniel se gerasperde beet voorgereg happies. Het dit gesien op een of ander TV kanaal. Ek kan nie onthou of dit in samewerking met Clover was of Checkers nie.
11de Aug. 2011, 08:55Susan Owen het gesê:
Ek sou baie baie graag sy boek wou wen, want ek kan nie bekostig om 'n luukse soos 'n respeteboek te koop nie, baie groete!
29ste Okt. 2009, 14:31Ralie het gesê:
Ek moet bieg, ek kyk eintlik net Dekat vir Nataniël se kort kos insetsel. Hoekom nie vir hom 'n kosprogram gee nie, het julle al gedink, met watter fantasië hy vorendag sal kom, en hoe lekker ons sal giggel vir sy kwikslae?
26ste Okt. 2009, 09:35Marthie het gesê:
As Nataniel kan kos maak soos wat hy humor het dan kan dit net 'n wen wen situasie wess om sy boek in jou kombuis te he.... Nataniel, jy is UNIEK!!!
26ste Okt. 2009, 08:59Adri Botha het gesê:
Sy flymskerp humour het my gereeld in stukke. Ek sal graag sy kos wil probeer....
26ste Okt. 2009, 02:45Helene het gesê:
Ek is gaande oor alles wat Nataniel doen. Ek het al sy resepte boeke, leesboeke, joernale. Soos Sarie my is hy my insperasie. Sal beslis die nuwe resepte boek aanskaf.
20ste Okt. 2009, 12:55Susan Jurgens het gesê:
Geskenk wat enige een sal geniet!!!!
20ste Okt. 2009, 10:39Elvina het gesê:
Nataniël, jy kan my "uplift" wanneer ek dit die nodigste het. Ek maak 'n punt daarvan om al jou stories vir my dogters voor te lees. Jou onlangse onderhoud in Die Burger was 'n fees en jou maandelikse Sarie rubrieke is my hoogtepunt. Gatherings sal natuurlik (lank voor Kersfees) my Kersgeskenk aan my hele gesin wees!!!
20ste Okt. 2009, 09:09Muriel van der Mescht het gesê:
Beslis die kersgeskenk wat ek vir myself gaan koop!!!
19de Okt. 2009, 18:11Elsabe het gesê:
Hy is so rustig , ek wens ek het daai gawe gehad om ander so rustig te stem , Nataniel jy is pragtig
19de Okt. 2009, 16:21Antoinette het gesê:
Nataniël sê 'n ding soos dit is en sy kos is ook so, maar meer opgezoep. Geniet hom vreeslik, Nataniël jy is tops
19de Okt. 2009, 13:36Irina het gesê:
Mal oor Nataniel,hy is net eenvoudig enig in sy soort,sy artikels,sy vertonings en sy boeke.
19de Okt. 2009, 10:31Annaline het gesê:
Ai, hy mag maar kosmaak, en ja as ek so kon lyk na al die proe sessies..wel dan kook ek heeldag.
19de Okt. 2009, 10:16VERONICA VAN DER WALT het gesê:
As my figuur maar net so mooi soos Nataniel s'n sal bly met al die lekker eetgoed.
19de Okt. 2009, 09:51Dafina het gesê:
Ek hou van sy resepte,dit ia altyd iets besonders.Gewoonlik is die bestandele wat benodig word meestal in die huis.Om dit eenvoudig te stel ek is net mal oor hom.
19de Okt. 2009, 09:26anita het gesê:
Hou baie van sy kos wat hy maak
19de Okt. 2009, 09:24