Natasha Sutherland daag jou uit om te gee
Foto’s: Leana Cluinies-Ross Galery
Natasha het na aanleiding van die boek, 29 Days of giving, begin met dié uitdaging. Die boek is geskryf deur Cami Walkers, wat aan veelvouldige sklerose ly, en wat ander inspireer omdat sy weet hoe moeilike omstandighede jou konstant negatief kan beïnvloed.
“Ek glo boeke het ’n wonderlike manier om op presies die regte tyd van jou lewe in jou hande te val,” vertel Natasha.
En die boek was nie ’n uitsondering nie.
“Juis in ’n maand dat ek emosionele en finansiele uitdagings moes deurmaak, kom dié boek oor my pad,” sê sy.“Ek weier om myself jammer te kry en te stres oor goed wat buite my beheer is, so ek spandeer eerder my energie op iets positiefs.”
Natasha is mal oor sulke uitdagings en eksperimente. “Ek wil aan myself én die wêreld bewys hoe liefde en dankbaarheid jou lewe kan verryk. Dit maak my opgewonde om in die oggend op te staan
Ek weier om myself jammer te kry, so ek spandeer eerder my energie op iets positiefs.”
en nie te weet wat of vir wie ek iets gaan gee nie. En die beste van alles is dat jy nie geld hoef te gee nie, dit is dikwels die klein goedjies wat vir ander die heel meeste beteken.
“Dis ’n wonderlike en opwindende reis om op te wees, veral om nie te weet waarheen dit jou sal lei nie. “Ek voel ligter, gelukkiger, lewendiger en asof die wêreld meer sin maak. Hierdie denkpatroon van gee en ontvang gee my meer perspektief op dele van my lewe, soos my tekortkominge en dit waarvan ek oorgenoeg het.”
Natasha wil graag hierdie positiewe energie met die wêreld deel. Want hoe meer sy gee en daardie waardering aanvoel en dit deel met ander, hoe meer word daardie energie.
In haar nuwe boek, Sprokie of Fairytale, skryf sy oor hoe om jouself te wees en jou doel op aarde te ontdek. “Wanneer jy is waar jy waarlik wil wees, kan jy begin om op te tree soos iemand wat doelgerig leef. Jou dade word dan wie jy is,” skryf sy.
“Mens moenie gee omdat die wêreld dit van jou verwag nie, jy moet gee omdat dit is wie jy is. Wanneer jy gee omdat jy voel jy moet, kanseleer dit die betekenis daarvan. Wat die wêreld die meeste nodig
Ek voel ligter, gelukkiger, lewendiger en asof die wêreld meer sin maak.
het is integritiet en opregtheid. “Dit is so lekker om op die klein verrassings langs die pad af te kom. Dit is so bevredigend. Dit is die wêreld se manier om vir jou iets terug te gee. Soos dat my seuns nuwe vriende maak, ’n gratis kussing by Mr. Price of komplimentêre kaartjies vir ’n konsert. Ek dink ons almal moet net meer bewus raak van dié klein 'geskenkies' van die lewe.”
Verwante artikels
-
Agter die skerms saam met Natasha Sutherland
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 6
Al die foto's agter die skerms by Natasha Sutherland se voorbladsessie vir ons 2010 Kers-uitgawe. Fanie vertel
-
Natasha Sutherland kry 'n make over. Kyk hoe lyk sy nou!
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 54
In Julie 2010 twiet Natasha: "Bye bye long hair." En die SARIE-span het besluit dat ons daar moet wees wanneer haar lokke grond toe val. Só het die nuwe 'rock chick'-voorkoms stap-vir-stap gebeur.
-
Natasha Sutherland oor vergifnis
SARIE - Desember 2010
-
Natasha Sutherland se pad na vergifnis - sy maak hart oop
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
Soms raak ons só verstrengel in ons emosies en vrae oor vergifnis dat ons sukkel om vorentoe te beweeg.
-
Natasha Sutherland: "Ek glo nog in die liefde"
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 7
Die emosies oor 'n ontroue man waardeur Amor Vittone nou gaan, het Natasha Sutherland al deels verwerk: Woede, hartseer, vergifnis ... maar sy glo nog aan die liefde!

















Kommentaar