Natasha Sutherland kry 'n make over. Kyk hoe lyk sy nou!
Foto’s: Adele Moolman, Phyllis Green Galery
In Julie 2010 twiet Natasha: "Bye bye long hair." En die SARIE-span het besluit dat ons daar moet wees wanneer haar lokke grond toe val. Só het die nuwe 'rock chick'-voorkoms stap-vir-stap gebeur.
Vir haar groot stap het Natasha gaan aanklop by Eric Way van Celebrity by Eric Way en sy 'Dream Team': Edith Kemp van Dream Nails, grimeerkunstenaar Cicilia Kaufmann en haarstilis Jan de Beer. Natasha, as handelsmerk-ambassadeur van die voorste velsorgreeks Placécol en Dream Nails, het Vrydag dié splinternuwe voorkoms gekry vir Saterdag (24 Julie 2010) se Placécol en Dream Nails Celebrity Make-over Event wat by The Royal Elephant Hotel & Konferensiesentrum in Centurion gehou is.
Eric Way, top internasionale mode-ontwerper en ook bekend as ontwerper vir TV-reekse soos Sex and the City en Britain's Next Top Model, het bygestaan met raad oor Natasha se nuwe haarsnit en -kleur. Hy het ‘n korter, oneweredige, shaggy bob met 'n kuif voorgestel wat haar ovaal gesigvorm sal komplimenteer. Dis ook ‘n maklik hanteerbare was-en-dra-styl. Hy het ook 'n effens donkerder haarkleur gekies met verskillende kleur-aksente wat die hare nóg gesonder sal laat lyk.
Natasha wou graag 'n lekker verandering hê, maar as 'n ma van twee besige seuntjies wou sy steeds nie ure lank voor die spieël deurbring nie. Sy was ook moeg vir haar lang hare en het al vir 'n ruk lank met die idee van 'n korter haarstyl gespeel. Sy het fyn hare en het ook meer volume in 'n nuwe haarstyl gesoek.
Haarstilis Jan de Beer het die kleur, Out of the Woods, uit die Affinage-reeks gekies. Dit het donker en ligter tone wat in natuurlike houtkleure voorkom. Vir die basis het hy Coffee gebruik, ‘n melksjokolade-kleur vir definisie, en vir aksente ‘n skakering tussen Cappuccino en Caffé Latte. Die kleur is in zigzag-patrone aangewend sodat dit goed kan vermeng en natuurliker kan lyk.
Die knipwerk is eers met 'n skêr gedoen en toe met 'n lemmetjie uitgedun vir volume. Dit help ook om die shaggy styl te skep.
Op Twitter twiet Natasha dat dit voel of sy wéér 'n lang verhouding verbreek het - dié keer met haar lang hare!
Die volgende Placécol en Dream Nails Make-over Event is op 4 September 2010 in Kaapstad en dan op 2 Oktober 2010 in Bloemfontein. Eric Way gee ook elke keer ‘n mooimaaksessie weg aan iemand in die gehoor. Besoek www.placecol.com vir meer hieroor.
|
VOOR DIE GROOT HAARKNIP (OKTOBER 2008) |
NATASHA SE NUWE 'ROCK CHICK'-VOORKOMS |
|
|
|
* Speel ook met meer as 120 haarstyle in die sarie.com mooimaak-sessieprogram. Dis maklik en gratis om te gebruik. Laai net jou eie foto op en speel met 'n reeks verskillende haarstyle en grimeervoorkomste.
Verwante artikels
-
Agter die skerms saam met Natasha Sutherland
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 6
Al die foto's agter die skerms by Natasha Sutherland se voorbladsessie vir ons 2010 Kers-uitgawe. Fanie vertel
-
Blond of brunet: Watter styl pas wie die beste? Elma, Angelina, Fergie wys
SARIE September 2010 | Kommentaar: 11
Wat is beter: blond of brunet?
-
Corine du Toit en Heinz Winckler wys hul nuwe haarstyle
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Corine verruil haar lang lokke vir die pixie-haarstyl. Dit vat waagmoed en mooi gelaatstrekke, wat Corine beslis het.
-
Elma Postma se nuwe haarstyl
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 20
’n Nuwe seisoen (2010) van Boer soek ’n vrou, ’n sjiek nuwe haarstyl vir die aanbieder, Elma Postma.
-
Emma Watson se kort hare
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Emma Watson, meer bekend as Hermione Granger van die Harry Potter-flieks, spog met 'n pixie-haarstyl.
-
Natasha Sutherland daag jou uit om te gee
SARIE - Maart 2011
Natasha het na aanleiding van die boek, 29 Days of giving, begin met dié uitdaging. Die boek is geskryf deur Cami Walkers, wat aan veelvouldige sklerose ly, en wat ander inspireer omdat sy weet hoe moeilike omstandighede jou konstant negatief kan beïnvloed.
-
Natasha Sutherland oor vergifnis
SARIE - Desember 2010
-
Natasha Sutherland se nuwe kinderboek op pad
SARIE - Junie 2010
Natasha Sutherland se nuwe kinderboek, Green & Blue (Groen & Blou in Afrikaans), wat sy saam met haar ma, Kenlynn, geskryf het, verskyn in Junie, berig haar webtuiste www.natashasutherland.co.za.
-
Natasha Sutherland: "Ek glo nog in die liefde"
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 7
Die emosies oor 'n ontroue man waardeur Amor Vittone nou gaan, het Natasha Sutherland al deels verwerk: Woede, hartseer, vergifnis ... maar sy glo nog aan die liefde!
-
Scarlett Johansson het 'n nuwe sexy bob-haarstyl
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Die haarstillis van die Hollywood-celebs, Oribe, het onlangs vir aktrise Scarlett Johansson 'n nuwe meer moderne medium-lengte bob gesny.
-
Vriend of vyand?
SARIE - Desember 2010
Hoor wat Natasha Sutherland te sê het oor jou vyande.
-
‘Skrikwekkend mooi' - Steve oor Natasha
SARIE - Oktober 2008 | Kommentaar: 4
‘Skrikwekkend mooi’ . . . sê Steve Hofmeyr oor sy vrou, Natasha Sutherland



























































Kommentaar
Riana het gesê:
Baie mooi Natasha! Jy gee my guts om ook die langlokke te laat waai! Jy lyk besonders goed, modern, funky en jonk! Riana
10de Jan. 2012, 15:20Anine de Lange het gesê:
Natasha, ek het jou by ons Vrouedag by Diaz Strand Mosselbaai gesien. Ek dink jou hare lyk stunning.
23ste Aug. 2010, 10:26Bertue Jieb het gesê:
Natasha, Jy bly maar my gunsteling - jy lyk stunning, jy is stunning. Selfs in die 'regte' wêreld is jy so 'down' to earth, jy laat almal om jou spesiaal voel. Sjoe, ek het nie woorde nie, jy het nog altyd koppe laat draai, selfs ons vroue s'n. Jy lyk beautiful.
13de Aug. 2010, 13:25Heidi het gesê:
Kleinjie en al die ander van julle wat so afbreekend oor Natasha praat hoekom vra julle nie vir Sarie om julle foro's te plaas nie en dan kyk ons wat die mense oor jul foute te se het. Niemand is volmaak nie en ons is almal deur God geskape. So as ek julle is kruip ek liewerste onder my bed weg sodat niemand my kan sien en met klippe gooi nie. Natasha jy is STUNNING en n goeie voorbeel van hoe n vrou haar moet gedra al het jy deur n baie moeilike tyd gegaan. GO GIRL GO!!!!!!!!!!!!!!!!
9de Aug. 2010, 08:44CARLIEN - LYDENBURG het gesê:
NATASHA JY IS PRAGTIG. EK DINK JOU VORIGE STYL WAS VIR MY NET SO MOOI MAAR WEET JY, EK DINK ENIGE STYL SAL JOU GESIG PAS.EK IS N BAIE GROTER BEWONDERAAR VAN JOU AS VAN JOU GEMENE MAN! JY IS VIR MY N DAAGLIKSE INSPIRASIE VIR ENIGE IETS WAT OOR MY PAD KOM! YOU GO GIRL!!!!!
6de Aug. 2010, 14:24Wilma Schutte het gesê:
Natasha, jy lyk pragtig! jy is een van Suid Afrika se mooiste vroue.
5de Aug. 2010, 21:24Cicilia Kaufmann het gesê:
Dit was so lekker om Natasha se grimeering te doen, ons het n wonderlike dag saam gehad. Dankie vir al die positiewe komentaar. Kom kuier gerus vir die Dream Team ons kan nie wag om julle te ontmoet nie. Cicilia Kaufmann http://www.ckmakeup.com
5de Aug. 2010, 18:29Annette het gesê:
Shame, Kleintjie, 'n man het jou seker nog nooit verneuk of verneder nie want anders sal jy nie sulke goed kwytraak nie. En jy is seker vreeslik maer en modelmooi want dan beledig jy nog ander vrouens se voorkoms ook nog! Wees asseblief tog vriendelik met ander mense want al daardie slegte goed wat jy so skree (ja, sit jou caps lock af en leer hoe om te spel!) gaan terugkom na jou toe. En hou op om vir Steve te verafgod, hy het geen morele waardes nie, maak nie saak hoe goed sy musiek is nie. Geen man wat sy sout werd is, sal sy kinders se ma so rondneuk nie. Natasha lyk ongelooflik mooi met kort en lang hare en sy verdien al die geluk in die wêreld.
3de Aug. 2010, 15:37Marinz het gesê:
Absoluut stunning ! Ek hou daarvaan! Dit is a groot verandering en ek dit dit pas jou .Ek het so pas n afspraak gemaak om MY hare by Jan de Beer > The Blade Factory te gaan sny !
3de Aug. 2010, 14:33Elma het gesê:
Ek het al uitgevind dat NIKS jou beter kan laat voel na n man se voete jou vertrap het, as n nuwe haarstyl nie!!Ek glo dit werk vir jou ook Nartasha...enjoy!!!
3de Aug. 2010, 13:54Jacky het gesê:
Natasha, hulle sê 'a change is as good as a holiday!', ek dink dit nuwe haarstyl pas jou en jy lyk sommer jonger! Wys jou net enige haarstyl sal jou pas!
2de Aug. 2010, 14:28Este het gesê:
Natasha jy lyk fabulous ! Kleintjie moet jy so skree, soek tog jou caps lock asb.
1ste Aug. 2010, 12:27Helene het gesê:
Natasha jy lyk stunning na jou make-over. Ek het 10 jaar gelede op ouderdom 39 jaar 'n make-over deur Weigh-Less gewen en glo my ek't sommer 100 % beter gevoel daarna. So lekker anders, vars en jonk!!!!
31ste Jul. 2010, 22:01Sarina van Aswegen het gesê:
Wow
31ste Jul. 2010, 09:26Heloise het gesê:
Het ek iets gemis?Was die kommentaar vir haar hare of haar lewe?Nats-jy lyk goed! Meer volwasse dames moet die lokke afsny, en `n verandering is altyd wonderlik!
30ste Jul. 2010, 15:18Adri van Wyk het gesê:
Natasha, jy lyk pragtig.... ek stem 'n makeover voel soos 'n lekker vakansie. Ek myself kort ene.. Net jammer die manne met die goeie hande is nie in die Kaap nie..
30ste Jul. 2010, 12:29Annetjie de Beer het gesê:
Dit is wonderlik om 'n vrou te wees. Ten spyte van al die hartseer en verlange hou sy en ander hulle koppe hoog. Lang of kort hare. Natasha jy lyk en is stunning!! Nog 'n bewonderaar.
30ste Jul. 2010, 12:11Cathy het gesê:
Geen mens het die reg om iemand te veroordeel nie! Ek praat van die mense wat sulke vieslike aanmerkings maak oor ander! Almal het 'n keuse om te doen wat hulle gelukkig maak en goed laat voel. "Beauty is in the eye of the beholder", maar dit beteken nie die vlymskerp lemmetjie tonge wat niks moois te se het oor ander, hoef die mooi vir ander lelik te maak nie! Dis waar wat mense se, as jy niks goeds te se het nie, bly eerder stil. Woorde maak seer - vir ander net soos vir jou! Persoonlik dink ek Natasha lyk pragtig!
28ste Jul. 2010, 09:55KLEINTJIE het gesê:
NICCY EN SUNET WESTPFAHL, HET JULLE AL VAN FRREDOM OF SPEECH GEHOOR?? LYK NIE SO NIE WANT EK HET NET SOVEEL REG OM TE SE AS WAT JULLE HET OM TE SE. SY LYK VIR MY OUER EN NIE SO SEXY MEER NIE MET DAAI STYL. DIT IS NIE OM HAAR AAN TE VAL NIE, MAAR NET MY MENING, JULLE IS SEKER HUPSE WYFIES NE, WELL COOL IT LADIES, EN SY IS BESLIS NIE DIE ENIGSTE VROU WAT AL DEUR MOELIKE TYE IS NIE, DAAR IS DUISENDE ANE VROUE ERGER AF AS SY, SO, EK DINK DAT SY DALK NIE VROU GENOEG WAS VIR SEVE NIE, WAAROM ANDER WEIVELDE SOEK DEUR DIE HELE TYD VAN DIE HUWELIK??????????? MAAR EK LIKE HAAR TOG NOG STEEDS, EN STRAAL N INNERLIKE STERKE UIT. STERKTE VERDER NATASHA!!!!!
27ste Jul. 2010, 20:04Pierré het gesê:
Spoggerig Natasha!!! Dis altyd goed om te sien wanneer vrouens vernuwe en soos die jare aanstap die vermoë het om net beter te lyk. Hou dit so!!
27ste Jul. 2010, 20:01Ronel het gesê:
Ek laaik, ek laaaik ek laaaaaaik!!!!!
27ste Jul. 2010, 19:47Eric Way het gesê:
Natasha, it was only but an honour to have the privilege to perform a makeover on you with my Dream Team. We had so much fun working with you, getting to know you was only but a pleasure! You're truly a very special person and the makeover was really only to compliment your natural beauty. Regards, Eric Way
27ste Jul. 2010, 19:44Yvonne het gesê:
You look stunning Natasha! Well done girl!Years younger than 30??? If I look like Anton I will rather not have anything to say about any body else and their looks!!!! Jealousy makes you Nasty!!! Well done Sarie, Natasha looks incredible.
27ste Jul. 2010, 18:09HANNELIE het gesê:
Natasha maak nie saak of dit nou lank of kort is nie, jy bly die mooiste vrou. Ek dink Steve is elke dag spyt!!
27ste Jul. 2010, 15:49Peter het gesê:
Ek weet ek is nie n bekende akteur of sportman nie, maar jy is "stunning" so as jy eendag na n normale (nie beroemd nie) mens soek bel my, al is dit net vir "wine en "dine" (072 624 4921)
27ste Jul. 2010, 15:07Marius het gesê:
Beeldskoon!
27ste Jul. 2010, 14:47Rina het gesê:
Natasha, jy is pragtig. Voor en na die makeover, want jou skoonheid kom van binne af.
27ste Jul. 2010, 11:36Sunet Westpfahl het gesê:
Kleintjie en Gideon - julle si verseker bitter, mislike mense. As jy nie iets goied het om te se nie, bly asseblief stil. Sy is n wonderlike, sterk vrou wat deur hel is en steeds sterk staan aan die anderkant. Ongeag wat julle dink van haar makeover, lyk sy nog steeds great. So asseblief - bly stil. Natasha en Jan - Julle maak n mean team :)
27ste Jul. 2010, 09:39ellen het gesê:
wel gedoen natasha jy lyk wonderlik sorry steve jy het `n stunning vrou gelos
27ste Jul. 2010, 09:30Jan de Beer het gesê:
Natasha ! Dit was net n groot plesier om saam met jou te werk en jou nuwe look vir jou te gee ! ek wil net graag vir almal n groot dankie gee vir al die posetiewe komentaar ek dink haar hare lyk great en pas haar persoonlikheid ! Jan de Beer The Blade Factory Hair Studio 011-326 2643
27ste Jul. 2010, 09:11Esmé le Roux het gesê:
Ek kan nie glo sy lyk so stunning met haar nuwe rock voorkoms nie!! Wow sy lyk jonger ook. Steve eat you heart out!!
27ste Jul. 2010, 09:05boetie potgieter het gesê:
voor of na die makeover pleeeeaaaasssse!!!!! Trou met my jy is die mooiste vrou in die hele wereld.
27ste Jul. 2010, 08:33Gideon het gesê:
Persoonlik was Natasha nog nooit vir my 'n super skoonheid nie. Wat sy ook nooit sal wees nie. Steve Hofmeyer was sekerlik vir haar lief vir die mens wat sy is. Sy is in elk geval steeds mooi genoeg en het niks om te bewys nie.
27ste Jul. 2010, 08:26Verbaas! het gesê:
Waarom kan die mense wat net altyd die lelik in iets sien, nie maar vir n slag stilbly! Kleintjie plaas jou foto dat ons kan sien hoe jy lyk!! Natasha jy lyk pragtig! Jy is sowaar n inspirasie vir baie van ons. Jy het na al die seer opgestaan het die beste van als gemaak.....jou kinders kan trots wees op jou! Sterkte vir als wat jy nog gaan en wil aanpak!
27ste Jul. 2010, 08:20Hannely het gesê:
Great new chique look....although you've always been lovely, inside and out
27ste Jul. 2010, 08:14Niccy het gesê:
Aan Kleintjie - Het jou ma jou nie geleer dat as jy nie iets goed te se het van iemand nie, dan bly jy eerder stil!
27ste Jul. 2010, 07:45Selma het gesê:
Wil net vir jou se, jy lyk pragtig, was nog altyd hoor! Dink die "make-over" was pret of hoe? Hoop jou gesin hou ook daarvan!
27ste Jul. 2010, 02:05Chuckie het gesê:
Die engelse uitdrukking ''Mutton dressed up as lamb'' is hier van toepassing. Natasha onthou tog dat in die land van die blindes, eenoog koning is.
27ste Jul. 2010, 00:31Anton Gosen het gesê:
Nee wat, iets moet aan die neus en mond gedoen word. Die "droom span" droom regtig en kort 'n make over.............
27ste Jul. 2010, 00:21Marius het gesê:
Nee wat .. iets is verkeerd. Wil jy nie maar alles knip nie. Steve, WIE IS SY NOU WEER?
27ste Jul. 2010, 00:02wihelm tell het gesê:
plaas hulle sommer die goofy tande ook gedoen het.wens sy wil nou ysland toe trek
26ste Jul. 2010, 20:37heila het gesê:
Dis nou voorwaar n pragtige prentjie - Natasha jy lyk 100!! Jou twee seuns kan trots wees op jou...
26ste Jul. 2010, 19:52Gladys het gesê:
Jy lyk stunning! You GO Girl!!! 'n Verandering is netso goed soos 'n vakansie!!
26ste Jul. 2010, 15:34S CORNELIUS het gesê:
WELL DONE NATASHA. DIE NUWE HAARSTYL PAS JOU. JY LYK PRAGTIG.
26ste Jul. 2010, 14:50Johann het gesê:
Laat ek nou maar vir die hele werled se: Steve was n swaap gewees om hierdie girl deur sy fingers te laat glip. Sy is pragtig, sal altyd wees. Jy kan haar met water nat gooi en in n kombers toedraai en sy sal nog steeds die meeste vroutjies, insluitende jongeres pak gee.
26ste Jul. 2010, 14:19KLEINTJIE het gesê:
AG LIEWE VADERTJIE TOG WAT SE ROTTE HET JY N JOU HARE LOSGELAAT. EK DINK GLAD NIE DAT DIT JOU PAS NIE, DIT LAAT JOU GESIG SO HARD EN ONGENAAKBBAR LYK, JY HET BAIE MEER SENSIONEEL GELYK MET JOU ANDER STYL EN BAIE MEER SEXY, NOU LYK JY NA N PUNKROKER WAT GLAD NIE BY JOU OUDERDOM PAS NIE MAAR EK BLY NOG STEEDS EEN VAN JOU BESTE FANS
26ste Jul. 2010, 13:24M. Richardson het gesê:
Cicilia het awesome werk gedoen met die grimering! En Natasha se hare lyk stunning!
26ste Jul. 2010, 13:03Annemarie vd Heever het gesê:
Wow!! dit vat guts. . . .welgedaan Natasha, jy lyk,mmmm, hoe kan ek se? Skrikwekkend pragtig!! Mag daai man in sy drankie stik as hy sien wat het hy deur sy VINGERS LAAT GLIP!
26ste Jul. 2010, 12:41Vlinder het gesê:
You go girl - jy lyk fantasties!!!!! Net jammer dat ek nie jou styl gesien het voor ek my lang lokke ook gaan afsny het nie! Lanklaas ñ styl gesien wat so goed werk vir ñ gesig.
26ste Jul. 2010, 12:32Brie het gesê:
sjoe sy lyk pragtig. Steve het'n pragtige vrou verloor .. maar ek is seker daar staan tonne mans in die ry om met jou uit te gaan . geniet dit . jy is stunning!
26ste Jul. 2010, 11:50AMANDA LUDICK het gesê:
Natasha lyk nou jonger en meer funky, pragtige verandering. Het self ontlangs dit gedoen - stukke beter
26ste Jul. 2010, 11:30Rencia Els het gesê:
Baie stunning.. sal ook sit vir so 'n make-over
26ste Jul. 2010, 11:23Anne-Marie Enslin het gesê:
Jy lyk Pragtig..!! Baie Modern dog Funky.
26ste Jul. 2010, 11:17