Nico Panagio in nuwe Afrikaanse 'chick'-fliek Semi-Soet - FOTO'S
Foto’s: Lou-Ann Stone Galery
Die nuwe Afrikaanse romantiese komedie semi-soet, met Nico Panagio en Anel Alexander in die hoofrolle, begin 18 Februarie 2012 op die grootskerm wys. SARIE TV was agter die skerms by die bekendstelling op Vrede en Lust-wynlandgoed waar die fliek ook verfilm is
Ons was by die bekendstelling van semi-soet, 'n splinternuwe Afrikaanse fliek. Van die akteurs wat hoofrolle in dié opwindende nuwe rom-com het, het saamgekuier by die Vrede en Lust-wynlandgoed.
Wat is die storie?
Selferkende werkholis, Jaci van Jaarsveld, sal alles in haar vermoë doen om te keer dat die advertensiemaatskappy waarvoor sy werk oorgeneem word deur ‘n genadelose sakeman bekend as ‘The Jackal’. Haar enigste hoop is om ‘n groot kontrak los te slaan vir ‘n wynlandgoed wat hul wyne internasionaal wil bemark. Makliker gesê as gedaan, veral as die wynboer vereis dat die persoon wat sy wyn gaan bemark in ‘n gevestigde liefdesverhouding moet wees.
Uit desperaatheid besluit Jaci om ‘n model te huur om hom voor te doen as haar verloofde. Gevolglik neem sy aan dat die eerste aantreklike man wat by hulle kantore instap deur die modelagentskap gestuur is.
Als blyk seepglad te verloop met die ontmoeting met die wynboer, totdat hy vir Jaci en haar ‘verloofde’ wynplaas toe nooi vir ‘n naweek waartydens sy teen die opposisie sal moet meeding vir die kontrak. En wie is die opposisie? Jaci se eks-verloofde, Markus Rossouw.
Net wanneer Jaci dink dat sy in volle beheer is besef sy dat haar kamstige verloofde, JP, die einste ‘Jackal’ is wat haar maatskappy probeer sink.

(van links) Anel Alexander (Jaci), Nico Panagio (JP of Jackal) en Sandra Vaughn (Karla - skrywer & aktrise)

Anel Alexander, Sandra Vaughn en SARIE se wynskrywer Riette Rust


Vrede en Lust se wyne

Die here-huis op Vrede en Lust - waar die fliek verfilm is

Anel Alexander met 'n bottel Vrede en Lust-wyn

Nico Panagio (JP of Jackal)

Sandra Vaughn (Karla)

Nico Panagio en Sandra Vaughn

Nico Panagio en Sandra Vaughn
Verwante artikels
-
Die eerste Afrikaanse 'chick'-fliek: Hier's die voorprent!
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 35
Hier's die eerste voorsmakie van Semi-soet, die eerste romantiese komedie in Afrikaans!
-
Lokprent van splinternuwe Tintin-fliek
SARIE November 2011
The Adventures of Tintin: Secret of the Unicorn is teen 23 Desember 2011 op die grootskerm te sien.


























Kommentaar
elsa de kramer het gesê:
Dit is baie goed! Ek en my man het dit vreeslik geniet!
8ste Mar. 2012, 09:51Francis Herselman het gesê:
Kan nie wag om die fliek te gaan kyk,dit gaan n treffer wees
26ste Jan. 2012, 21:57HANNIE DE WAAL het gesê:
Nico.......... my hero! Ek is mal oor hierdie akteur. Hy is gemaklik voor die kameras, hy is super aantreklik en sy humorsin, nog aantrekliker!
23ste Nov. 2011, 12:32