Nico Panagio wys sy foto's

SARIE - Februarie 2010

Op Top Billing is hy die ene gepoleerde sjarme, maar die eiland van Survivor SA is bepaald nie die glanswêreld nie. Vir aanbieder van 2010 Survivor SA, Nico Panagio, was dit erger én lekkerder as wat hy ooit kon dink . . .

Hier regs is Nico saam met Paris Hilton tydens 'n eksklusiewe onderhoud vir Top Billing verlede jaar.

Nico op sy bergfiets
My gunstelingaktiwiteit buite
is bergfietsry. Hier sweet ek op
Harkerville naby Plettenbergbaai
Nico en Christi se troue in 2006
Ons troue in 2006:
Ek en Christi doen Griekse danse en
breek borde. 
Nico in SARIE Junie 2006
Om die hart warmer te laat
klop! 'n Foto vir 'n artikel in
SARIE, Junie 2006 
Nico Panagio
Toneelspeel en Top Billing is weer
op sy lys ná Survivor SA 
Nico in die Suide van Frankryk
 "Vir Top Billing reis ek oor die wêreld
heen. Hier is ek in my kantoor . . .
in die suide van Frankryk!" 
Nico en Chrisi  tydens SARIE foto-sessie 2008
 Ek en Christi vir 'n dag lank lede
van 'n sirkus.
Dit was vir 'n foto-artikel
wat in die Februarie 2008-uitgawe
van SARIE verskyn het. 

Verwante artikels

Galery

  • Nico saam met Paris Hilton
  • Nico op sy bergfiets
  • Nico en Christi se troue in 2006
  • Nico in SARIE Junie 2006
  • Nico Panagio
  • Nico in die Suide van Frankryk
  • Nico en Chrisi  tydens SARIE foto-sessie 2008

Kommentaar

  • Nico is 'n baie oulike en sjarmante man. Nooit sal jy lees of hoor dat sy "celebrity" status na sy kop toe gegaan het nie. Hy is 'n ware "gentleman" en Christi kan haarself 'n baie bevoorregte vrou beskou want sy is self 'n dame! Hou so aan Nico en Christi - julle is 'n voorbeeld vir die jeug in ons land!

    11de Feb. 2010, 14:52