Nicole Kidman nog ’n dogtertjie ryker
Foto’s: www.go4celebrity.com Galery
Nicole Kidman en Keith Urban het vroeg in 2010 vir die eerste keer hul dogtertjie by die huis verwelkom, berig yahoo.com. Faith Margaret Kidman Urban is op 28 Desember gebore in Nashville.
'n Surrogaatmoeder is gebruik vir die geboorte, en daarom kon hulle haar eers gister huis toe neem.
“Ons is baie geseënd,” het Nicole en Keith gister in ’n verklaring gesê. Hulle het ook almal bedank wat hulle in dié proses ondersteun het, en veral die surrogaatma.
Hulle het ook ’n tweejarige dogtertjie, Sunday Rose. Nicole het ook twee kinders by haar gewese man,Tom Cruise. Isabella (18) en Connor (15) bly in LA by hul pa.
Nicole en Keith het die aand voor hul dogtertjie se koms die Golden Globe-toekennings bygewoon. Sy is benoem as Beste Aktrise vir haar vertoning in Rabbit Hole. Natalie Portman het egter in hierdie kategorie gewen vir haar rol in Black Swan.
Verwante artikels
-
April se wenbrief: "My suster, die surrogaatma"
SARIE April 2012
Kleintyd het ek grootoog in die kerk gesit en luister na stories vanwonderwerke en engele...
-
Die Chanel-kortfliek met Nicole Kidman
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 1
Nicole Kidman is in 2004 gekies as een van die 5 Chanel-muses vóór Audrey Tautou.
-
Eerste foto’s van Elton John se baba
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 3
Op die voorblad van die nuutste US Weekly pryk Zachary Jackson Levon Furnish-John.
-
Eksklusief: Nicole Kidman praat met sarie.com
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 1
Sy's weer in 'n musiekblyspel wat beloof om 'n lokettreffer te wees. In Nine speel sy teenoor nog groot name soos Penélope Cruz, Sophia Loren, Judi Dench, Marion Cotillard en Kate Hudson. Sy vertel meer oor haar lewe Keith en Sunday Rose.
-
Wie is die wenners van die 68ste Golden Globe-toekennings?
SARIE - Januarie 2011
En wat het die bekendes aangehad?

















Kommentaar