Nuwe SA-riller se voorskou hier

Deur Michelle Els, SARIE - Oktober 2010

Die lokprent van die splinternuwe spanningsprent, Night Drive, met Corine du Toit en Chris Beasley van Isidingo-faam, is pas uitgereik! Kyk dit hier...

Die storielyn is grillerig ... erg grillerig. 'n Groep toeriste gaan op 'n nag-safari, maar die voertuig laat hulle in die steek. Die groepie bevind hulle in die middel van die Bosveld, en een ná die ander verdwyn hulle. Die gevreesde Hiëna-man en sy makkers is aan die werk en hul fokus is mensehandel, ook die handeldryf met menslike organe.

Die onderwerp van stropery, veral van renosterhorings, is juis nou hoofberigte in koerante. Dié fliek wys wat gebeur wanneer 'n stroper in 'n mense-moordenaar verander ...

Die fliek word versprei deur Indigenious Films, ook die verspreider van Jakhalsdans met Theuns Jordaan en Elizma Theron.

Besoek die amptelike webtuiste hier

Verwante artikels

Galery

  • Corine du Toit
  • Night Drive

Kommentaar

Web Development by FormFunction