Nuwe Afrikaanse TV-reeks 'Liefste Kayla' begin Januarie

Deur Lou-Ann Stone, SARIE November 2012

Nuwe Afrikaanse TV-reeks 'Liefste Kayla' begin Januarie Foto’s: Lou-Ann Stone Galery

Die vervaardiger, musiekman en akteur Sean Else sit beslis nie stil nie! Hy en van ons land se bekendste akteurs is tans in Kaapstad vir die verfilming van Liefste Kayla, 'n Afrikaanse sitkom oor die talentvolle 12-jarige Kayla Venter, haar musiekdroom én haar uiteenlopende gesin.

 

Die Liefste Kayla-produksiespan is al langer as 'n maand aan die werk, en die media is genooi vir 'n eksklusiewe kykie agter die skerms.

"Dink Hannah Montana in Afrikaans en daai reeks iCarly [met 'n volledige blog-platform en aanlyn-been], dan kry jy Liefste Kayla," sê Nerine Lombaard van Collective Dream-bemarking, die vervaardigers van die reeks. Die sitkom-styl word vervleg met musiekvideo's van Kayla, en dit skep die gevoel van 'n musiekblyspel.

Op stel by Liefste KaylaOp stel by Liefste Kayla

Om die eetkamertafel sit Kayla en die Venter-gesin aan vir ontbyt – gereed vir "Take 4". Louw Venter speel pa Hennie en Franci Swanepoel die rol van Kayla se ma, Monja Venter. Zander, haar broer, word gespeel deur Viljé Maritz en dan's daar Oupa Frank, die veteraan-akteur Neels Coetzee.

Op stel by Liefste Kayla

Op stel by Liefste Kayla

Waar kom die idee vandaan?
Die hoofkarakter in die fliek, Kayla Venter, se passie is musiek en om te sing, en haar familie is haar anker. Haar storie is byna dieselde as dié van Kayla Gouws, wat die rol van Kayla vertolk.

Toe die regte Kayla 9 jaar oud was, het sy begin liedjies skryf. Sy het Sean Else ontmoet en dit vir hom gegee, min wetend dat hy al lankal met die idee vir 'n tienerreeks loop. Kayla het self 90% van die liedjies in die reeks geskryf, en met hoofteksskrywer Sandra Vaughn aan boord het die reeks gestalte gekry.

Kayla Gouws (Kayla Venter) en Nadia le Roux (Cara van der Merwe)

Kayla Gouws (Kayla Venter) en Nadia le Roux (Cara van der Merwe)

Kayla en Nadia (gespeel deur Cara van der Merwe – foto bo), haar beste vriendin in die reeks, is ook beste vriende in die regte lewe. "Ons act eintlik nie, ons is maar net!" lag Kayla.

Vir die verfilming het Kayla, haar ouers, Gerrit en Jolene, en haar kleinboet, Devon, almal Bloemfonteiners, in die Kaap kom bly (foto onder).

Kayla en haar gesin. Gerrit, Jolene en klein Devon

Ander bekende name in die reeks is die veteraan-aktrise Annette Engelbrecht (tannie Ansie) en Pedro Kruger (kleiner rol). Die regisseur is Shirley Ellis.

Die reeks begin 15 Januarie 2013 om 19:30 op kykNET.

Franci Swanepoel gesels oor haar nuwe TV-rol in Liefste Kayla

Verwante artikels

Galery

  • Op stel by Liefste Kayla
  • Op stel by Liefste Kayla
  • Op stel by Liefste Kayla
  • Op stel by Liefste Kayla
  • Op stel by Liefste Kayla
  • Op stel by Liefste Kayla
  • Kayla Gouws (Kayla Venter) en Nadia le Roux (Cara van der Merwe)
  • Kayla Gouws (Kayla Venter) en Nadia le Roux (Cara van der Merwe)
  • Kayla Venter en Sean Else
  • Kayla en haar gesin. Gerrit, Jolene en klein Devon

Kommentaar

  • Hi kayla ek love jou show maar wanneer wys die weer ek sien elke week so vir dit uit van Rikalize

    19de Apr. 2013, 16:59
  • DIE SHOW ROCK JY KAN MAAR ACT KAYLA JY ROCK!!!! WENS DIT KON ELKE AAND OP KOM

    8ste Apr. 2013, 17:25
  • Love die show,, Zander, Toks en Oupa is baie snaaks. Ek mis nie een episode nie . *Kayla jy rock*. :-)

    25ste Feb. 2013, 11:33
  • die show is net baie kleurvol miskien bietjie te veel

    23ste Feb. 2013, 16:16
  • jamer kayla dis lianca dit was my boetie wat gese het dat jou show suck maar ek love jou show jy rock en jy is awesome

    23ste Feb. 2013, 16:12
  • Kayla die Venters rock . Ek dink dat liancaweet nie waar van sy praat nie jy is n awesome jy KAN act

    20ste Feb. 2013, 16:18
  • ek sien elke dag uit na dinsdae kayla jy is so cool en nog meer jou broer hy is so sexy

    20ste Feb. 2013, 15:47
  • di show suck

    31ste Jan. 2013, 15:09
  • ek hou soos BaIebvan di show. maar ek se hulle moes imand anders vir di hoofrol kry want kayla jy kan ni act nie hou van divres maar nie kayla ni

    31ste Jan. 2013, 15:06
  • kayla dis n Awesome epesodes hou baie da van.soek graag jou bbm pin as j een het.;)

    29ste Jan. 2013, 20:28
  • Hi daar my 2 girls 10 en 9jaar oud is mal oor julle nuwe program en dis boonop in Afrikaans, uitstekend !!!!! Kan nie wag om dit elke dinsdag aand te kyk hoef nie eers 2 keer te praat om hulle gebad gekleed en geeet te kry die aand nie, wonderlik is die woorde wat die mamma het. Baie dankie julle :)

    23ste Jan. 2013, 15:34
  • My meisiekind, 10 jr oud, kan nie wag om op 'n Dinsdagaand voor die kassie in te skuif, om vir Kayla te kyk nie! Sean, jy het 'n wenresep hier beet! Knap gedaan! :-))))

    23ste Jan. 2013, 09:04
  • kayla,jou show is awesome!!!!

    15de Jan. 2013, 20:11
  • Die reeks gaan beslis 'n treffer wees en almal verbaas. Kayla is 'n talentvolle, passievolle en voorbeeldige tiener en n rolmodel vir baie kinders van haar ouderdom. My seun is bevoorreg om deel te wees van die cast en glo my, die Disney resep kan by Sean kom leer. Hoop almal geniet dit terdee!

    28ste Okt. 2012, 16:44
  • Eks baie opgewonde hieroor!

    25ste Okt. 2012, 12:38
  • Ek hou nie van Hannah Montana nie. Die karakter se beterweterige en aangeplakte maniere laat my tande kners van irritasie. Dieselfde geld ook vir al die ander 'tiener' reekse op die kinderkanale. Sean, ek hoop van harte nie hierdie is 'n verafrikaansde weergawe van die Disney resep nie! Ek hou duim vas! Kayla, mag jy 'n beter rolmodel wees as ou wysneus Hannah.

    24ste Okt. 2012, 09:13