Nuwe Hanna Hoekom-fliek se voorprent is hier!

SARIE Julie 2010

sarie.com kuier agter die skerms by Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, 'n tienerfliek wat gegrond is op Marita van der Vyver se gelyknamige boek.

Regardt van den Bergh is die regisseur. Hanna (Anneke Weidemann) het 'n ingewikkelde gesin, maar sy is bekkig, intelligent en verbeeldingryk. Anna-Mart van der Merwe speel haar verstrooide skilder-ma en Tertius Meintjies is haar gay mode-ontwerper-pa.

Helene Lombard speel die ma van Hanna se stiefboeties. Sy woon in Hollywood. Die musiek is geskryf deur Riku Lätti.

Kyk agter-die-skerms-foto's van die fliek.

Kyk uit vir Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom wat teen Augustus 2010 by die flieks begin draai.

 

Kyk die voorprent...

van Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom

 

Verwante artikels

Kommentaar

Web Development by FormFunction