Nuwe liefde vir Sean Else

Deur Fanie Cronjé, SARIE September 2010

Die pragtige Carla Halgryn, 'n 22-jarige model, het die musiekvervaardiger en akteur Sean Else se voete onder hom uitgeslaan

Hulle het mekaar tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 by 'n liefdadigheidsgeleentheid vir die WAGS ("Wives and girlfriends of football players") ontmoet.

"My aandag was nie eens by die WAGS nie, dit was net by háár," vertel Sean. "Ek het sommer in my tweede sin gevra of sy my na die opening van my en Deon Opperman se musical Shaka Zulu sal vergesel. Ek kon my geluk nie glo toe sy onmiddellik ja sê nie!

"Eerstens was sy die mooiste vrou wat ek nog gesien het. En toe ons begin gesels, het ek besef hoe onbewus sy van haar voorkoms is en hoeveel pret ons saam het. Die belangrikste ding is dat sy soveel liefde in haar siel het wat sy met elkeen deel." 

Verwante artikels

Kommentaar

  • Ons stem saam met Mathilda Fourie...... Laat mens wonder wat soek so jong bokkie saam iemand soveel ouer as hy....

    26ste Apr. 2011, 21:31
  • Carla is nie net van buite af 'n pragtige mens nie, maar ook innerlik! Sy en Sean maak 'n goeie span, en is duidelik baie lief vir mekaar.

    1ste Mar. 2011, 08:50
  • Baie Geluk Sean en Carla - Alles van die beste vir 'n pragtige toekoms saam! Geniet mekaar en koester elke oomblik van julle verhouding - die liefde is spesiaal en kosbaar!

    20ste Okt. 2010, 06:33
  • gELUK MAAR EK IS BAIE SKEPTIES. Is Sean nie 'n bietjie te wêreld wys vir so 'n jong meisie nie. Ek twyfel sterk of die verhouding kan werk. Sy sal nie die druk kan hanteer nie

    18de Okt. 2010, 14:20
  • JULLE LYK SO GELUKKIG.ONTHOU OM ALTYD EERLIK MET MEKAAR TE WEES DIT WERK ALTYD!!

    13de Sep. 2010, 10:55
  • Wonderlik! 'n Ware sprokie. Ek dink Sean is BAIE talentvol, Sean, jy verdien so 'n oulike girl. Ek wens hulle alles wat mooi is toe.

    10de Sep. 2010, 10:49

Web Development by FormFunction