Nuwe Marilyn Monroe foto's vrygestel
Foto's wat nog nooit voorheen openbaar gemaak is nie, het nou die lig gesien van silwerdoek-ikon Marilyn Monroe.
Dié eerlike blik op dié enigmatiese aktrise is op die stel van die 1961-fliek, The Misfits, deur fotojoernalis, Eve Arnold, geneem. Monroe en Arnold het groot vriende geword en sy was ook die enigste vroulike fotograaf wat dié ster gereeld afgeneem het.
Die 8 foto's wys die andersins baie smeulende aktrise in 'n eenvoudige wit rok met haar hare in twee vlegsels. Volgens www.instyle.com was Monroe baie gelukkig met dié informele, vars foto's wat soveel anders was as die gestileerde Hollywood-portrette van haar. Dié fotoversameling word nou uitgestal by die Westover-galery in Dorset en 495 getekende afdrukke is vanaf sowat R4 000 tot R7 000 te koop.
The Misfits was die laaste silwerdoekverskyning vir beide Monroe en haar medester, Clark Gable. Haar eksman, die dramaturg Arthur Miller, was die skrywer van dié fliek en John Huston was die regisseur. Sy het 'n jaar ná die voltooiing van dié fliek selfmoord gepleeg.
Daar word juis nou beplan aan 'n fliek oor die laaste 2 jaar van haar moeilike lewe en hoewel sy dit pas as 'n leuen afgemaak het, loop die gerugte steeds sterk dat Angelina Jolie die hoofrol gaan speel. George Clooney het ook ontken dat hy Frank Sinatra gaan speel.

Verwante artikels
-
Bekende Amerikaanse sangeres speel Nina Simone in nuwe fliek, Naomi Watts speel Marilyn Monroe
SARIE - Mei 2010
Die R&B-ster Mary J. Blige gaan haar jazz-stem moet afstof vir haar rol in Nina, 'n fliek oor die legendariese jazz-sangeres Nina Simone, berig www.timeslive.co.za. Dit is by vanjaar se Cannes-filmfees bevestig.
-
Jennifer en George, Angelina en Johnny, Charlize en Brad ... hoe is hulle verbind?
SARIE Julie 2010
Hollywood is maar klein, want as mens die liefdespaadjie van die groot sterre begin volg, kom jy agter hoe klein die liefdespoel is.
-
Jimmy Choo: Eers skoene, nóú parfuum
SARIE - Oktober 2010
Bekende skoen- en bykomstighede-reeks, Jimmy Choo, gaan binne die volgende maand hul eerste parfuum aan die Amerikaanse media bekendstel.
-
LOKPRENT: Michelle Williams as Marilyn Monroe
SARIE Augustus 2011 | Kommentaar: 1
Michelle Williams se nuutste fliek, My Week with Marilyn, word in Oktober in New York bekend gestel.
-
Marilyn Monroe se geheime dagboeke, gedigte openbaar gemaak
Daar is min mense wat die verbeelding van die wêreld só aangegryp het soos silwerdoek-godin, Marilyn Monroe.
-
Wat het Jackie Kennedy en Katie Holmes gemeen?
SARIE Augustus 2010
Sy is gekies om die rol van Jackie Kennedy te vertolk in 'n mini-reeks van sowat 8 uur, The Kennedys.
-
Wat het Jackie Kennedy en Katie Holmes gemeen?
SARIE Augustus 2010
Sy is gekies om die rol van Jackie Kennedy te vertolk in 'n mini-reeks van sowat 8 uur, The Kennedys.


















Kommentaar
Yvonne het gesê:
Sy is waarlik pragtig en fasinerend!
19de Aug. 2010, 19:30Marthilda Fourie het gesê:
Pragtig. Verleidelik en sy mag maar die ikoon genoem word.
19de Aug. 2010, 09:25