Ons glansmense smelt weg - foto's
Die vermaakwêreld kan nie uitgepraat raak oor hoe slank Claudia Henkel (Mej. SA in 2005), die sepie-akteur Terence Bridgett en radio- en TV-omroeper Darren Scott deesdae lyk nie.
Claudia het 12 kg verloor sedert sy in September verlede jaar opgehou het om die Pil te gebruik.
"Ek eet normaal en vermy kitskos en braaigeregte, maar drink dan en wan 'n glasie wyn. Ek speel gereeld tennis en gaan gim toe. Ek is 1,85 m lank, weeg 68 kg en ek voel ongelooflik!"
![]() |
Darren het 'n volle 40 kg verloor. Sy geheim? 'n Kombinasie van 'n paar klein etes per dag, kos van goeie gehalte en báie oefening. "Ek stel in November 'n boek bekend saam met die persoonlike afrigter Lisa Raleigh van The Biggest Loser op TV. Haar wenke en eetplan het my baie gehelp." |
![]() |
Terence het die afgelope 2 maande 9 kg verloor. Hy eet 6 klein maaltye per dag, draf gereeld en doen Pilates-klasse. "Ek ráák nie aan onverfynde koolhidrate nie en eet graag vars kos. Omdat ek hárd werk, gun ek myself 'n glasie wyn en 'n bietjie vodka." |
![]() |
Prinses Beatrice is die eerste lid van die koninklike familie wat 'n marathon gehardloop het. Haar voorbereiding hiervoor en 'n porsie-dieet is die rede vir haar nuwe lyf. Bron: Hellomagazine.com |
![]() |
Kelly Osbourne het byna 20 kg verloor. Hier's haar geheime. Bron: Hellomagazine.com |
![]() |
Jennifer Hudson het ook baie gewig verloor. Lees hoe op sarie.com Bron: Hellomagazine.com |
![]() |
Kevin Federline het in 2009 baie gewig opgetel. Maar onlangs het hy weer begin werk aan sy gewig. Hy't intussen 25 pond verloor en kan nie wag om weer op die verhoog te dans nie. Bron: Hellomagazine.com |
Verwante artikels
-
Franci Swanepoel verloor 18 kg - hier's dag 1 van haar dieet
SARIE September 2010 | Kommentaar: 20
Franci Swanepoel, Binneland Sub Judice se Toeks, wasvoorheen ’n ‘reeks-diëter’, maar dié keer wil sy al haar ‘vet’ klere weggooi. Boonop het sy ’n nuwe lus vir haarwerk en die lewe
-
Franci Swanepoel: Voorheen 'n 'reeks-diëter', nou nie meer
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Binneland se Toeks: minus 18kg in 8 maande
-
Julle oor gewig ná swangerskap
SARIE Augustus 2010
-
Verloor gewig sonder dieet - Rêrig! (Wenk 6 - 15)
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 8
Dis winter en tyd vir tuisgemaakte bredies, cappuccino en lepellê. En sowaar, dís dinge wat jou kan help gewig verloor
-
Verloor gewig sonder dieet - Rêrig! (Wenke 1 - 5)
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 12
Dis winter en tyd vir tuisgemaakte bredies, cappuccino en lepellê. En sowaar, dís dinge wat jou kan help gewig verloor.
-
Wicus van der Merwe wys sy foto-album
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Grapmaker-sanger Wicus van der Merwe het sy Skouspel-2010--foto-album op Facebook gesit. Kyk net hier!






























Kommentaar