Ontmoet Lian Theo Winckler!
Hier's hy! Die oulike Lian Theo Winckler! Heinz en Aletté-Johanni kan nie trotser lyk nie en volgens haar Facebook-blad loop hul huis behoorlik oor van die blomme.
Waar kom Lian se naam vandaan?
"Lian is nie 'n familienaam nie, maar is vir ons special," sê Aletté-Johanni. Lian beteken Willow en die Skrifgedeelte wat daarmee gepaard gaan, is uit Jeremia 17:7 en 8. Dis op die swart bord in sy kamer geskryf. Sy tweede naam is Theo en is vernoem na Heinz se pa.
Geluk van SARIE!





















Kommentaar
thea meyer het gesê:
Baie geluk met die kleinman se geboorte. blessings. thea meyer - new zeeland
3de Jun. 2010, 00:37Ria van Dyk het gesê:
Baie geluk julle 2!!! Wonderlike geskenk van God!! Geniet hom - onthou net altyd dat ons kinders aan ons geleen word!!!
2de Jun. 2010, 19:22Vania Burger het gesê:
Baie geluk met die nuwe toevoeging tot jul familie. Hy is te pragtig!! Geniet elke oomblik van hom, hulle raak so vinnig groot!!!
2de Jun. 2010, 17:51hester het gesê:
Geniet julle kleinding hulle is baie kosbaar.
2de Jun. 2010, 12:28Ruan het gesê:
Wat 'n mooi kind - nes albei sy Ouers!
2de Jun. 2010, 12:06Die Botes familie het gesê:
Baie baie geluk met die geboorte van julle seuntjie. Ons vertrou dat hu vir julle tonne vreugde en geluk sal bring. Ons hoop dat Lian baie van sy baba "cot" sal hou.
2de Jun. 2010, 09:38Ina het gesê:
Hy is pragtig en baie geluk.
1ste Jun. 2010, 20:49Roenel het gesê:
Baie geluk met die kleinding Heinz en Alette. Hy gaan nog groot vreugdes bring en julle die wereld deur nuwe oe laat sien. Ek weet want ek is besig om my eie twee seuns groot te maak.
1ste Jun. 2010, 20:28Debbie Walters het gesê:
Ag kyk net die klein ou engeltjie!
1ste Jun. 2010, 19:26Wilna Wegner het gesê:
Baie baie geluk weereens met so 'n welgeskape geskenkie van ons Liewe Vader.
1ste Jun. 2010, 17:35