Ontwerper, Gert-Johan Coetzee, op pad NY toe!
Foto’s: Alexander Hart
Hoe het jy gevoel toe jy na die New Yorkse Modeweek genooi word?
Gert-Johan Coetzee (23),wat reeds verskeie ontwerppryse ontvang het, het op Koster in die Noordwes provinsie grootgeword en aan die North West School of Design op Klerksdorp gestudeer. Hy is verlede jaar deur die tydskrif True Love as SA Ontwerper van die Jaar aangewys.
Die Amerikaanse werklikheidster Kourtney Kardashian het op 5 Januarie vanjaar een van sy rokke by die People's Choice prysoorhandiging in Hollywood gedra. Hy ontwerp ook vir plaaslike glansvroue soos die huidige Mej. SA, Bokang Montjane, en die sangeresse Andriëtte Norman en Nianell.
Ek het nie matriek nie, maar het deur 'n ander ‘skool' gegaan. Ek het so hard gewerk om my drome waar te maak. Die roem het nie oornag gebeur nie, en ek voel eintlik al dertig! My loopbaan het kleintyd begin toe ek potlode met sneesdoekies ‘aangetrek' het.
Verlede Februarie het ek my eie mode-ateljee in Melville, Johannesburg, oopgemaak. Die uitnodiging na die New Yorkse Modeweek in September, waar die modes vir Lente/ Somer 2012-'13 vertoon gaan word, is my grootste prestasie nog. Ek moes baie navorsing oor modetendense doen en gaan Boheemse goed met 'n punk-invloed wys. Koraal, groen en grys is in. My klere het eenvoudige lyne, maar dis glam.
Snaakse goed inspireer my: lampskerms, plante, 'n gebou, die vroulike vorm - die lewe! Ek wil eendag vir ons eie Charlize Theron aantrek in 'n bloedrooi of turkoois rok."
Verwante artikels
-
Fanie is by die New York Modeweek 2011
SARIE - Maart 2011
Dit was 'n droom van hom! En nou het Maybelline New York dit vir hom moontlik gemaak deur SARIE 'n eksklusiewe sitplek in die voorste rye by die New York Modeweek te gee.
-
Khloe Kardashian verkoop SA-ontwerpersrok vir liefdadigheid
SARIE - Maart 2011
Met susters, Kim en Khloe Kardashian, se onlangse besoek aan SA het Suid-Afrikaanse ontwerper Gert Johan Coetzee (GJC) vir elkeen een van sy ontwerpersrokke as geskenk gegee.
-
SA Ontwerper maak rok uit 12 000 kondome!
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
Lara Klawikowski, wat ná vier jaar 'n hoërdiploma aan die Cape Town College for Fashion Design verwerf het, se kondoom-rok en -baadjie (waarvoor sy 12 000 kondome gebruik het!), het vanjaar baie reaksie uitgelok by die 2010 Design Indaba in Kaapstad.
-
SA ontwerpers genooi na New York Modeweek 2011
SARIE - Maart 2011
SA se Malcolm Klûk en Christiaan Du Toit van KLûK CGDT is by die pas afgelope Arise Magazine Lagos Modeweek 2011 in Nigerië bekroon as die Ontwerper van die Jaar.
-
SARIE se Fanie by New York Modeweek!
SARIE - Maart 2011
SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, is nou in Amerika as gas van Maybelline by die New York Modeweek!

















Kommentaar