Oprah gaan dalk weer in 'n fliek speel

SARIE Februarie 2012

Sy's die beroemde kletskoningin en ons onthou haar vir daardie Oscar-benoemde rol in The Colour Purple (1985). Maar dit lyk asof Oprah Winfrey moontlik gaan terugkeer na die silwerdoek. Só berig India Today

Die fliek se naam is The Butler en dit handel oor die lewe van Eugene Allen, 'n butler in die Wit Huis. Hy het tussen 1952 en 1986 na agt Amerikaanse presidente omgesien.

Akteurs soos Hugh Jackman, Mila Kunis (Jackie Kennedy) en John Cusack (Richard Nixon) se name is reeds in die hoed vir moontlike rolle. En as alles volgens plan verloop, gaan Winfrey die rol van Allen se vrou speel.

Verwante artikels

Kommentaar

Web Development by FormFunction