Jennifer en George, Angelina en Johnny, Charlize en Brad ... hoe is hulle verbind?
Hollywood is maar klein, want as mens die liefdespaadjie van die groot sterre begin volg, kom jy agter hoe klein die liefdespoel is.
En ons wonder hoekom dié skynbaar perfekte paartjies nog nie by mekaar uitgekom het nie. Miskien maak ons nou 'n paar voorspellings...Sommer net vir die pret!
Jennifer Aniston en George Clooney... sou dit nie die mees perfekte paartjie gewees het nie? Ons dink nogal so. Maar kyk bietjie hoe dié twee wel deur vorige liefdes aan mekaar verbind word:


Jennifer was vir meer as 4 jaar met Brad Pitt getroud. Brad Pitt was vir 'n vinnige 6 maande aan aktrise Gwyneth Paltrow verloof. Gwyneth en Ben Affleck was vir 'n ruk 'n paartjie terwyl Ben en die Emmanuelle-aktrise (ja, daardie omstrede Vrydagaand-grootmens-kykgenot op een van ons TV-kanale), Krista Allen uitgegaan het. En Krista en George Clooney was 'n paar jaar gelede in 'n aan-af-verhouding.
Angelina Jolie en Johnny Depp...?


Dit klink ook soos 'n 'match made in heaven' met albei wat so 'n bietjie van 'n aweregse siening van die lewe het. Die twee het juis nou saam 'n fliek gemaak, The Tourist, en ja, die skinderblaaie het behoorlik gegons oor 'n moontlike affair tussen die twee. Daar is 'n interessante paadjie wat hulle aanmekaar 'skakel'. Angelina en sangeres Kylie Minogue het albei met die mooie Oliver Martinez uitgegaan. Kylie was voorheen verbind met sanger Lenny Kravitz terwyl Lenny en sangeres Vanessa Paradis mekaar warm gehou het. En natuurlik is Johnny Depp en Vanessa nou reeds jare bymekaar en die ouers van Lily-Rose Melody en John Christopher "Jack".
En wat van onse eie Charlize en Brad? Mooi, mooier, mooiste!


Hulle is slegs deur 4 mense van mekaar geskei. Charlize se vorige liefde Stephen Jenkins het ook met aktrise Winona Ryder uitgegaan. Olivier Martinez (sien ook bo) het met Winona, maar ook op 'n stadium met Angelina Jolie uitgegaan. En só kom ons dan by Brad uit...
En hoekom sou Sandra Bullock en Tom Cruise nooit liefdesbriewe uitgeruil het nie...Klink ook vir ons na 'n wenpaartjie.


Só is hulle verbind: Tom het ná hul saam in die fliek, Vanilla Sky, verskyn het, sy bed met Penélope Cruz gedeel. Penélope en Matthew McConaughey het in mekaar se arms beland en Matthew het ook vir Sandra Bullock as 'n vorige liefde getel.
Ons dink ook nog steeds dat Julia Roberts en Richard Gere van Pretty Woman-faam, perfek bymekaar pas.


As dinge anders geloop het, kon hulle dalk só in die werklike lewe by mekaar uitgekom het: Julia en akteur Liam Neeson was 'n paartjie. Liam en Brooke Shields, en Brooke en John F. Kennedy Junior het liefde in mekaar se arms gevind. John F. Jnr en supermodel Cindy Crawford was die allermooiste paartjie waarna Cindy en Richard Gere trouringe uitgeruil het.
Onwaarskynlike liefde?
Diana se liefde, Dodi Al-Fayed, wat saam met haar in die motorongeluk gesterf het, was voorheen aan Brooke Shields verbind.
Richard Gere en Diana Ross - glo dit of nie!
Jennifer Aniston en Adam Duritz (Die rock-groep, Counting Crows, se hoofsanger). Hy't ook met Jennifer se beste vriendin, Courteney Cox, uitgegaan.
Verwante artikels
-
Brad Pitt vervaardig Eat, Pray, Love. En wil die Wêreldbeker Amerika toe bring!
SARIE - Junie 2010
Het jy geweet? Brad Pitt is nou amptelik deel van Amerika se bodkomitee om die sokker-wêreldbeker in 2018 of 2022 na Amerika te bring.
-
Die wêreld se sexyste man is ... Johnny Depp
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 2
Die gewilde akteur is pas as People-tydskrif se sexyste man ter wêreld vir 2009 aangewys.
-
George Clooney oor beroemd-wees
SARIE - Maart 2009
-
Hugh Grant oor verhoudings
SARIE Maart 2010
-
Julia Roberts die nuwe gesig van Lancôme
SARIE Januarie 2010
Die skoonheidsreus Lancôme het pas aangekondig dat aktrise Julia Roberts hul nuwe internasionale ambassadeur vir 2010 is. Want as dit kom by mooi, wat meer wil jy hê as die oorspronklike Pretty Woman.
-
Julia Roberts se beste skoonheidsraad
SARIE - Mei 2010
"Om jou wimpers te krul en jou wenkbroue gepluk te hou. Dit kan jou voorkoms dramaties verander. En wat van om net gelukkig te wees? Ek glo hoe jy oor jou lewe voel, gaan op jou gesig wys." - Julia Roberts, aktrise
-
Julia Roberts se hare en lippe
SARIE - Mei 2010
Jy hoef nie 'n Hollywood-ster te wees om Oscar-mooi te lyk nie!
-
Kate Moss in 'n ballet saam met Mikhail Baryshnikov
SARIE Maart 2010
As jy gedink het jy't als gesien ... Supermodel Kate Moss is eersdaags saam met die wêreldbekende balletdanser Mikhail Baryshnikov (wat ook Carrie Bradshaw se kêrel, Aleksandr Pertrovsky, in Sex and the City vertolk het) in 'n ballet-kortfilm, glo genaamd Baryshnimoss.
-
Matthew McConaughey wys sy nuwe dogter
SARIE - Februarie 2010
Die eerste foto van Vida Alves McConaughey, die nuutste toevoeging tot Matthew McConaughey en Camila Alves se gesin.
-
Nuwe Marilyn Monroe foto's vrygestel
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Foto's wat nog nooit voorheen openbaar gemaak is nie, het nou die lig gesien van silwerdoek-ikon Marilyn Monroe.
-
Sandra Bullock: "In my 40's lewe ek soos ék wil"
SARIE Maart 2010
Sandra Bullock is pas met die Oscar as beste aktrise vir haar rol in The Blind Side bekroon. Ná sy haar in haar 20's oor als bekommer het en deur haar 30's gewerk het, lewe sy op haar manier in haar 40's.




























Kommentaar