Oud 7de Laner in Emmy-bekroonde vervaardiger se nuwe fliek

SARIE Februarie 2012

Neil Sandilands speel binnekort in Emmy-bekroonde vervaardiger Dan Jawitz se nuwe fliek. "One Last Look" is 'n riller deur skrywer/regisseur Philip Roberts. Só berig Filmcontact.com

Neil Sandilands en Stephanie Schildknecht speel die hoofrolle en die fliek word hoofsaaklik by die Aloe Ridge-wildsplaas 40 km buite Johannesburg verfilm.

Twee van die spanlede van die bekroonde Tsotsi-fliek, Lance Gewer en Megan Gil, is ook aanboord. Die bekroonde kostuum-ontwerper Rui Phillipe sal sy talente ook inspan.

Die storie
Toe Yasmin wakkerword ná 'n trans-partytjie in die Afrika-bos, kom sy agter haar suster, Angie, is weg. 'n Afrika-man genaamd Jules bied hulp aan om Angie op te spoor. Die spoor lei hul toe na 'n afgeleë plaashuis waar die ene Frank bly. Hy is 'n beeldhouer/reeksmoordenaar en hier begin die drama.

Verwante artikels

Kommentaar

  • AANHOUER WEN REGARDT!!!! BAIE GELUK!!!

    1ste Feb. 2012, 21:51

Web Development by FormFunction