Penélope Cruz is ’n ma!

Deur Madge Booth, SARIE - Januarie 2011

Penélope Cruz se eerste baba is gister (Dinsdag 25 Jan) gebore. Die Spaanse koerant El País berig dat sy in Los Angeles in die Cedars-Sinai-hospitaal die baba in die wêreld gebring het.

Gister was 'n groot dag vir Penélope en haar man, akteur Javier Bardem. Behalwe vir hul eersteling, het Javier ook die goeie nuus gekry dat hy vir sy rol in Biutiful 'n Oscar-benoeming ontvang het. Penélope en Javier het vir die eerste keer in die 1992-Spaanse fliek, Jamon Jamon, teenoor mekaar gespeel, weer in 1997 in Live Flesh asook in Woody Allen se Vicky Cristina Barcelona (2008). Hulle is Julie verlede jaar stil-stil in die Bahamas getroud.

In September verlede jaar is die swangerskap aangekondig toe sy op die stel van Pirates of the Caribbean: On Stranger Tides gewerk het.

Die naam of geslag van die baba is nog nie bekend nie. Maar ons sal julle op hoogte hou.

Verwante artikels

Kommentaar

  • Dis 'n seun. http://www.hellomagazine.com/celebrities-news-in-pics/26-01-2011/55561/

    26ste Jan. 2011, 12:00

Web Development by FormFunction