Penélope Cruz trou

SARIE Julie 2010

Die nuus is pas uit! Die pragtige Spaanse aktrise, Penélope Cruz (36), en haar liefde, mede-Spanjaard en akteur Javier Bardem (41), is stil-stil by 'n vriend se huis in die Bahamas getroud.

Die twee Oscar-wenners het teenoor mekaar gespeel in Woody Allen se Vicky Cristina Barcelona en het nog nooit hul romanse, wat in 2007 begin het, aan die groot klok gehang nie. Die troue was ook 'n klein, intieme seremonie. Penélope se groot vriend, die ontwerper John Galliano, het haar trourok ontwerp. Penélope en Javier het mekaar vir die eerste keer op stel van die 1992-fliek, Jamon Jamon, ontmoet.

* Het jy nog altyd gewonder hoe jy met Penélope se haarstyl sal lyk? Doen ons splinternuwe aanlyn-mooimaak-sessie, laai jou eie foto op en kies Penélope se haarstyl onder die uitgebreide galery van celeb-haarstyle.

Verwante artikels

Kommentaar

Web Development by FormFunction