Platteland: Steve en Lianie verklap wat agter die skerms gebeur
Foto’s: facebook.com Galery
Dinge op die stel van Platteland is heeltemal omgekeer. Hanna en Steve is 'n paartjie, Bok en Lianie wat gewoonlik sing, is hoofakteurs en SARIE se styl-en sosiale redakteur is 'n koerantfotograaf...
Kamera, ligte, aksie!
Die verfilming van die nuwe Afrikaanse fliek, Platteland, het Vrydag 9 Januarie 2011 in die Vrystaatse dorp, Vrede, begin. Platteland is die 'breinkind' van Sean Else en Deon Opperman en sluit 'n imposante groep Afrikaanse akteurs in.
Platteland handel oor 'n boervrou wat byna als verloor en van voor af op haar eie moet begin.
Die twee hoofrolle word deur Bok van Blerk en Lianie May vertolk. Daar is 'n hele paar "sangers wat hulle lyf akteur hou", soos Steve op sy Facebook-blad sê! Behalwe vir die twee hoofrolle kan jy ook vir Steve self, Jay du Plessis, Vaughn Gardiner en Karlien van Jaarsveld in dié fliek sien.
Hanna Grobler speel Steve se gold digger-vrou. Sy sê in 'n vorige onderhoud op sarie.com: “Ek het nog altyd goeie meisies gespeel, maar dié keer is dit glad nie die geval nie!”
Izak Davel het dít op sy Facebook-blad gesê: "...Ek's op die stel van die nuwe fliek Platteland vandag. Vroegoggend al begin... dis baie exciting!"
Paul Lückhoff (ook in Stander), Ivan Zimmerman (Koert Weideman van Egoli) en Annette Engelbrecht (Maggie van Tonder in Orkney Snork Nie) is ook te sien. Ook SARIE se styl-en sosiale redakteur, Fanie Cronje, het 'n rol! (Hou sarie.com dop vir meer hieroor)
AGTER-DIE-SKERMS-AKSIE
![]() |
Aksie in die strate van Vrede |
![]() |
Op stel |
![]() |
Steve en Lianie |
![]() |
Andre, Steve, Mia & Jay |
![]() |
Izak Davel en Ivan Zimmerman
|
![]() |
"Ek vang 'n bietjie op oor koffie met Lianie May en Ashley op die stel van Platteland."- Izak Davel
|
Steve en Lianie hou behoorlik dagboek van die verfilming op hulle Facebook-bladsye: Hier's van die inskrywings tydens die eerste paar dae van verfilming:
11 Januarie 2011
"Ons is op Vrede, besig om te skiet aan die fliek Platteland, wat Junie vrygestel word! Gister my eerste scene gehad teenoor Steve Hofmeyr! Wat `n ongelooflike akteur en mens, ek was `n groot fan van Agter elke man, ...nou act ek teenoor hom. Al die akteurs is great, die produksiespan is great, Sean Else is great, wat `n voorreg om deel te kan wees van hierdie fliek! Ons is hier tot 31 Januarie! Hou julle op hoogte, lief jul xxx"
13 Januarie 2011
Het gister `n hele dag scene shoot gehad in die bank, in Vrede, daar was nie vrede nie...ha ha, baie spanningsvolle toneel gewees, heel dag, maar so die moeite werd met Steve, David Clatworthy, Andre Odendaal (ook ons great acting coach), Paul Luckhoff-almal legends, Izal Davel, wat `n briljant scene, Ashley Saunders, Neels Clasen, Wynand van Vollenstee, great akteurs! Dankie ook aan Tannie Kriek, Oom Japie, Johan Bothma en die ekstra's vir jul bydrae! Ons waardeer dit so! Wat meer kan ek sê, soveel wonderlike akteurs, great hardwerkende produksiespan, make-up,wardrobe! Ongelooflike harde werk van Sean Else, kan nie wag vir die eindproduk! xxxxxx
14 Januarie 2011
Nog `n dag op stel van Platteland vandag, het `n toneel gehad teenoor Vaughn Gardiner (wat `n wonderlike entjie mens met baie talent) en julle sal nie glo `n toneel teenoor Maggie van Tonder van Orkney Snork nie (Annette Engelbreght), vir my - Tannie Annette, so so voorreg, ek was `n groot Fan van Orkney Snork nie, sy is nog dieselfde, wonderlike talentvolle mens, ek kan nie glo ek ontmoet al hierdie legendes nie! More rehearsal heel dag, Sondag skiet ons toneel tussen my en Steve, ek leer so baie! Was altyd `n droom om te act! I am blessed! Lekker nagrus vir julle almal, lief jul.
15 Januarie 2011
More oggend vroeg opstaan, ja julle het reg geraai: make-up en hare eerste ding! Dan die toneel wat ons skiet tussen my Steve! Vir julle wat gevra het, die fliek se naam is Platteland wat Junie/Julie op die big screen sal begin wys, ons sal jul op hoogte hou! Lekker slapies almal...dankie vir een en elke boodskap, mooi... wense en omgee en ondersteuning....dit beteken so so so baie! Lief julle xxx
Dag een, Sondag 9 January 2011
Eerste dag op stel. Ek werk my vrek vanaf 05.30 tot 19.00. Op die foto kan jy vir Bok sien in die eerste toneel in 'n fliek (teenoor my). Het al amper die hele Vrede ontmoet. Ek's lus en leer hulle 'n optog reël in protes teen hul eie padgate. Ek love die Vrystaat. More is dit ek, Lianie en Jay, ook sy eerste fliek. Vroeg ini bed. x
Dag twee, Mandag 10 January 2011
Dag twee dou voor dag. Een vitamine B inspuiting en 'n taai toneel tussen myself en Jay (my seun). Ons sing ook saam. Hy's 'n sterk jong akteur. Sean direct soos 'n skeepskaptein. O ja,daars 'n leeu buite my slaap kamer.
Dag drie, Dinsdag 11 January 2011
Die dorpie Vrede is in rep & roer. Ons is in dag 3 met die verfilming van Platteland. Ek geniet my knorrige bad-ass rol baie, moes selfs gister pyp rook, maar dis 'daai sangers wat hul lyf akteur hou', wat jou asem gaan wegslaan. Jay, Lianie & Bok, knap werk. Dis 'n mooi dorp die met mooi mense en opgedonnerde paaie. Ek reël sommer 'n optog. Ek plaas later foto's. Tussen in lekker chats gehad met Ivan Zimmerman. Talentvolle man. Na more is ek 2 dae af. MOET Jhb toe om my seuns te gaan sien. Ek skiet hierdie fliek met brongitis onder lede. Dit maak alles moeiliker.
Dag 4:
Goeie ding ons skiet binnekant anders het Vrede se son ons gekou. Gister het ek saam met Paul Lukoff, Izak Davel & Lianie May binne 'n bank gewerk. Ek moet so ses bladsye dialoog leer. Daar heers 'n geweldige gees tussen almal. Jy weet as jy werk aan iets wat 'n verskil gaan maak. Ek dink ek het al blad geskud met die helfte van Vrede. Die dorpenaars maak ons werk maklik. Drie dae af van vandag af. Vrede sien my eers Sondag weer.
Dag 7:
Vroeg Sondag aksie in die strate van Vrede. So 70 ekstras was vandag hier om op en af te loop. Dis taai werk vir enkele sekondes op die skerm. Ek sien (en onthou) hoe die jonger akteurs nie kan wag vir aksie en jaag tonele nie. Harde maar goeie dag op stel. Dan terug jaag Jhb toe. Vanoggend Kaap toe vir die skip ...Walvisbaai toe. As jy my langs die pad kry, gee my 'n Super C. Hier staan hy... Mike Ferreira. Bliksem van formaat.
Verwante artikels
-
Agter die skerms by Platteland
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 2
SARIE se Martie Swanepoel en Phyllis Green het op die rolprentstel van Platteland, 'n nuwe Afrikaanse musiek-fliek, naby Verkykerskop gaan kuier
-
Akteurs van nuwe Afrikaanse fliek, Roepman, gesels met sarie.com
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
Phyllis Green gesels met die akteurs van Roepman, 'n nuwe Afrikaanse fliek, met Paul Eilers as regisseur.
-
Nóg 'n nuwe Afrikaanse fliek - SARIE kuier agter die skerms van Paul Eilers se Roepman
SARIE September 2010 | Kommentaar: 4
Kamera, ligte, aksie! 'n Groepie akteurs verskyn soos spoke uit die stoomwolke wat langs 'n trein uitwarrel. Hulle hardloop langs die trein tot waar hulle nie meer kan byhou nie.
-
Ons lesers (en Armand) vra vir Steve vrae
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 23
SARIE-lesers en Steve se seun, Armand, vra vir hom die vrae wat jy nog altyd wou...
-
SARIE se Fanie kry rol in nuwe Afrikaanse fliek
SARIE - November 2010
SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, het 'n rol losgeslaan in Sean Else se nuwe fliek.
-
Steve: "Daardie duiweltjie in my kuiltjie"
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 10
Hy's uitgesproke en omstrede, maar ook 'n kunstenaar wat mense bly verras. en nou sien ons Steve Hofmeyr in SARIE se Afri-Spaans én in 'n nuwe fliek.
-
Wat maak Hanna Grobler aan Steve se sy?
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
2011 gaan ’n gróót jaar wees vir die Afrikaanse fliekbedryf. En hoe dan anders as Sean Else en Deon Opperman koppe bymekaar sit?






























Kommentaar
bevan het gesê:
Hi platteland crew ek wil net se dat julle n wonderlike werk gedoen het met die fliek wel gedaan
2de Apr. 2012, 10:36Dylan het gesê:
EK dink dit was n uitstekende fliek.Suid Afrika se fliek bedryf gaan nog ver kom wel gedaan
1ste Apr. 2012, 21:10juan het gesê:
dis uitstekend kan nie beter fliek in afrikaans maak nie.Het dit so pas klaar gekyk
4de Mar. 2012, 20:24Linda Grobbelaar het gesê:
platelander was baie goed nie die normale storie wat jy sal verwag nie ek is baie bly om te sien dat africkanse flieks ook nou begin flam vat .ek is opreg trotse sout afrikaner .Dankie vir wat julle vir afrikaans doen
27ste Feb. 2012, 10:01RINTA het gesê:
STEVE JY WAS AWESOME EK IS EEN VAN JOU GROOTSTE FAN.EK BEWONDER JOU BAIE.... BLY WIE EN WAT JY IS...
18de Feb. 2012, 11:39Lucy Forbes het gesê:
Great fliek, baie geniet, gisteraand gaan sien.
28ste Des. 2011, 09:11Liza het gesê:
Platteland, tot nou die BESTE AFRIKAANSE FLIEK, hou so aan !!!!!!! Oud en jonk was in die fliek in Brooklyn, en dit was net positiewe kommentaar. Tot my man wat nie vir Steve kan vat nie, het dit geniet.
20ste Des. 2011, 21:10Anneleen Duvenage het gesê:
so pas uit die fliek gestap. Dit was uitstekend. Sjoe ek is trots op die talent in ons afrikaner nasie. Ek gaan die dvd koop en weer en weer kyk.
10de Des. 2011, 20:44Marina het gesê:
Ek en my vriendin het gisteraand Platteland gaan kyk. Wat n mooi storie. Dit was lekker om ons akteurs en sangers saam in n fliek te sien. Dit is ernstig en grappig. Bok van Blerk het sy rol baie goed vertolk en Steve " jy mag maar " sowel as al die ander het hul rolle goed vertolk. Daar was baie ouer mense in die gehoor en om almal se kommentaar te hoor. Moenie steve , of dit is reg Bok slaan hom en so het dit aangegaan . Almal het dit geniet. Ons kan maar net se Wow . Ons Suid Afrikaners kan n fliek maak..
30ste Nov. 2011, 09:17Este het gesê:
wow gister Platteland gaan kyk - PUIK PUIK
25ste Nov. 2011, 11:40Karin Smit het gesê:
Ek was aanvanklik baie skepties oor hoekom ons gewone akteurs nie 'n kans kry om hulle ding te doen nie - ek meen, wat is dit met ons SA regiseurs? Totdat ek besef dit is 'n "musical". Ek Lief Jou met Kurt Darren was vir my 'n BAIE GROOT teleurstelling. Maar met Steve en Sean en die ander "cast" van Platteland glo ek dit sal 'n baie besonderse fliek wees. Ek kan nie wag om dit te sien nie.
14de Nov. 2011, 13:30Francis Herselman het gesê:
ons bly in klein plekkie,kan dit nie eers n dorp noem,soek nou met n spoed,besef ek het nog nie Plattelanders gesien,nie eers gehoor of dit wys,of gewys het,waar kan ek dit kry,baie dankie
6de Sep. 2011, 06:37Sanet het gesê:
Solank Karin Zoid net nie daarin speel nie!!!
24ste Jan. 2011, 14:59Doreen Landman het gesê:
Kannie wag om die fliek te sien nie eks n groot Steve van so als waarin hy betrokke is is n reuse sukses.
24ste Jan. 2011, 09:16Lydia Grobler het gesê:
Jammer vir die paar spelfoute - was bietjie haastig! Lydia
22ste Jan. 2011, 19:36LYDIA GROBLER het gesê:
Bly om tge sien die "ou Steve" is terug! Baie "Skou Spel" vertonings bygewoon tot verledejaar maar glo nie ek sal weer gaan totdat Steve terug is nie! Hyis die gees van "Skou Spel" Sal goed wqees as ons weer sulke treffers van hom kan kry soos "Pampoen" en "Blou Bul" STEVE, IS DAAR GEEN MANIER WAT JY WEER SAL TERUGKOM SKOUSPEL TOE NIE? Laat weet betyds anders sal al die kaartjies uitgverkoop wees binne 1e 15 minute!
22ste Jan. 2011, 19:35Nella het gesê:
Dit is nie net lekker omSteve weer in aksie te sien nie maar ook om 'n lekker plattelandse fliek en dit in my taal te sien. Dankie julle ouens ons waardeer en gaan dit beslis kyk.
22ste Jan. 2011, 15:52Simone Roelofse het gesê:
Steve jy rock soos altyd. Wat sal ons sonder Afrikaans wees? NIKS........
21ste Jan. 2011, 21:27Lydia Scheepers het gesê:
Ek dink dit gaan n wonderlike fliek wees. Met al die GREAT mense wat daarin speel. Steve bly n wonderlike kunstenaar & akteur. Lief julle almal, voorspoed
21ste Jan. 2011, 10:51Jannie du Toit het gesê:
Ek bly daar is tans soveel afr films. Hoop net nie die beginners in die bedryf word oor die hoof gesien net om film te bemark nie.
21ste Jan. 2011, 09:26FRIKKIE WEITZ het gesê:
DIT IS SO GOED OM TE SIEN DAT DAAR WEER AFRIKAANSE FLIEKS GAAN DRAAI. EERS LIEFLING WAT N PUIK PRENT WAS DAN DINK EK VINNING AAN HANNA HOEKOM ENS. STEVE PUIK MET DIE NUWE FLIEK. EK IS N TROTSE SUID AFRIKANER EN KAN NIE WAG OM DIE BIG SCREEN TE BESOEK NIE. EN O JA STEVE EK IS N GRAAT AANHANGER VAN JOU EN KAN MY NIE VOORSTEL DAT JY N ROL VAN N DOMINEE KAN SPEEL NIE BLY MAAR BY DIE BAD ROLLE. STERKTE
21ste Jan. 2011, 07:52ANN SCHOEMAN het gesê:
Hi Lianie - na Liefling het ek gese ons kort nog movies soos dit - daar is soveel Afrikaanse liedjies wat stories vertel! Vir Steve: "n Staaltjie om te vertel: 'n Buurman (Eugene) werk tans in Dar-es-Salaam en het voorheen NIKS van Afrikaanse musiek gehou nie. Hy was so pas terug in Pretoria oor Kersfees en sy vrou het met 'n knipoog vir my vertel hy het so pas Afrikaanse musiek ontdek. En sy gunsteling liedjie: Pampoen! Sy motor het 'n lekker klankstelsel en voor hy by sy kompleks van die werk inry - sit hy dit kliphard en speel Pampoen. Hy hoef nie eers meer by die hek te stop nie - die wagte staan sommer op aandag as hy aankom en hy ry net in! Sy vrou het November by hom daar gekuier en baie CD's vir hom gevat - hy belowe as jy lank genoeg kuier daar by ten minste 3 restaurante deur die loop van die aand Pampoen gespeel gaan word. Die wagte vra: Where is dat song p a m p u n? as hy dit nie speel nie. My gunsteling liedjie is ook Pampoen - die polisie het onlangs hier by ons winkelkompleks waar ons kantoor is ook geld vir liefdadigheid ingesamel. Steve se Cd het gespeel maar nie Pampoen nie. Van my kantoor kon ek die musiek hoor. Ek het die man in beheer van die klankstelsel onder vier oe gaan spreek (so bo van die balkon af) en toe speel hy Pampoen KLIPHARD hier in die parkeer area. Net vir my! As ons 50's & over deesdae saam kuier is dit die liedjie wat vir my gespeel word sodat ons kan begin dans. En as Delarey op so 'n geleenheid gespeel word: Trek ons 'n stoel nader, Vicky (die een maat) staan daarop op aandag, sy 2 pelle langs hom en selfs die vrouens staan by. En almal sing kliphard saam. Dit raak al 'n tradisie! En ons is lekker laf! Steve, as jy ooit hier by ons kantoor verby ry -(Jeanlaan, Centuron) bring vir my 2 getekende CD's - een vir my en een vir Eugene! En sodat ek my foto saam met jou kan kry. Ann
21ste Jan. 2011, 07:48Rina van der merwe het gesê:
Ek kan nie wag nie dit gaan goed wees Steve het nog altyd goeie flieks gemaak.
21ste Jan. 2011, 07:38hester het gesê:
Dit is nou great 100% vir Steve hoe se hulle "love it when a plan come's together" Baie groot Steve FAN
20ste Jan. 2011, 18:02Sarie het gesê:
Dis soo lekker om weer vir Steve in aksie te sien! Ons het jou gemis!
20ste Jan. 2011, 13:50Anna-Marie Hattingh het gesê:
Vrede se paaie lyk al vir jare so sleg en raak net erger-Stem saam daar is oulike mense op Vrede- Kry Die Dierbare "Mayor" aan die gang dan sal daar iets gebeur.
20ste Jan. 2011, 12:30sandrea het gesê:
kannie wag nie
20ste Jan. 2011, 10:28meryl het gesê:
ek kan nie wag om dit te sien nie.
20ste Jan. 2011, 08:56