Prinses Caroline se seun na hospitaal geneem
Foto’s: Gallo images/Getty images Galery
Pierre Casiraghi, seun van Monaco se Prinses Caroline, moes hospitaalbehandeling in New York ontvang ná 'n vuisgeveg in 'n nagklub.
Die 24-jarige prins het saam met 3 vriende by die Double Seven-nagklub in die trendy Meatpacking-distrik van New York gekuier toe die vuisgeveg uitgebreek het. Hy is met diep snye op sy gesig hospitaal toe geneem. 'n Voormalige nagklub-eienaar is in hegtenis geneem. Volgens sy verklaring het hy die eer van die vroue wat saam met hom was, probeer beskerm.
Volgens 'n ooggetuie het sy beserings so erg gelyk dat hy vermoed dat bene in sy gesig gebreek is. "Dit lyk of hy plastiese snykunde sal moet kry."
Die Monaco koningshuis het geweier om kommentaar te lewer.
Verwante artikels
-
Charlene Wittstock se SA ontwerper gesels met sarie.com
SARIE Julie 2011
Terrence Bray, bekende modeontwerper van Durban, ontwerp al jare uitrustings vir Charlene Wittstock, ook die rok wat sy by die SA geleentheid gedra het. Hy het ook haar ma, Lynette Wittstock, se stylvolle uitrustings vir die troue in Monaco ontwerp. Hy vertel meer.
-
Die kleindogter wat Prinses Grace nooit geken het nie . . .
SARIE Maart 2012 | Kommentaar: 7
Prinses Grace se kleindogter, Charlotte Casiraghi, deel beslis haar ouma se gene en is pas aangewys as die gesig van Gucci – die modehuis wat ook 'n sterk verbintenis met haar ouma gehad het.
-
Nuwe foto: Charlene en prins Albert die ‘toonbeeld van geluk’
SARIE September 2011
Ingehaak bymekaar en oënskynlik gelukkig het prins Albert en prinses Charlene van Monaco die Variety Club Yorkshire se goue jubelbal die afgelope Sondag (4 September 2011) in Leeds, Engeland, bygewoon.

















Kommentaar
Silena het gesê:
Stem saam met Paula Vorster, hy is sy oorlede pa se ewebeeld!!!
23ste Feb. 2012, 12:41Sorine het gesê:
Mooi of te nie - wanneer hoor mens van ellendes wat die rykes en beroemdes tref? Elke liewe keer as daar in "'n nagklub gekuier is"!!! Regtig my simpatie is min.
21ste Feb. 2012, 20:17Paula Vorster het gesê:
Sjoe, hy trek sterk op sy oordede pa! Ek hoop maar sy beserings is nie te ernstig ni....
21ste Feb. 2012, 15:23Lindy het gesê:
Ag nee en dit is so mooi seun!
21ste Feb. 2012, 14:53