Raai watter bekendes se voete is dit?
Vir die bekroonde Franse fotograaf Amélie Debray se nuutste projek het sy die voete van SA bekendes gefotografeer. Die uitstalling begin 29 Oktober en loop tot 27 November 2010 by die Wessel Snyman Galery in Kaapstad.
DAVID KRAMER se voete (bo)

Die lys bekendes is mense van politici tot sterre, skrywers, akteurs en modelle. Sandra Prinsloo, Mark Fish, Elana Meyer, Shaleen Surtie-Richards, Basetsana Kumalo, Valiant Swart, Michelle and Riaan Garforth Venter en Gavin Rajah is maar van die name op die lys.
"Die doel van hierdie projek is om te wys watter 'voetspoor' daar deur hierdie mense op Suid-Afrika gelaat word," het Debray gesê.
Sy het soortgelyke projekte in Parys en by die Château royal de Blois uitgestal met bekende Franse politici, musikante, akteurs en skrywers se voet-foto's. Debray het ook vanjaar 'n boek bekendgestel. l'Esprit du sport (The Spirit of Sport) gaan oor amateur-sokker in Frankryk en in Suid-Afrika.
Raai wie se voete is dit hierdie...
![]() |
1. Wenk: Hy's Pasella-aanbieder |
![]() |
2. Wenk: Hy't die Nobel-vredesprys al ontvang |
![]() |
|
Verwante artikels
-
Christi Panagio se voete deel van 'n kunswerk
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
Die menslike voet is ’n meesterstuk in ingenieurswese en ’n kunswerk,” het die Italiaanse kunstenaar Leonardo da Vinci gesê. En pas het ’n Franse fotograaf, Amélie Debray, dié kuns vasgevang in ’n reeks besonderse swart-wit foto’s van 46 Suid-Afrikaners wat diep spore in ons samelewing getrap het.
-
Marguerite Wheatly oor haar voete
SARIE - November 2010
Toe sy dertien was, het ’n mooi outjie op Yzerfontein aan die Kaapse Weskus, waar sy grootgeword het, vir Marguerite op die strand gesê: “Meisiekind, jy het die lelikste voete wat ek nog gesien het.“
-
Ryk Neethling, Lee-Ann Liebenberg en Jeannie D – Suid-Afrika se stylvolstes!
SARIE - Desember 2010
Ryk Neethling is die afgelope naweek by die SA Style Awards as Suid-Afrika se stylvolste ikoon aangewys.
-
Shaleen Surtie-Richards 13 kg ligter: "Ek voel so goed"
SARIE - Desember 2010
Die voete van 46 bekende Suid-Afrikaners is onlangs afgeneem vir 'n besonderse foto-uitstalling.
























Kommentaar