Rafael Nadal die nuwe gesig op smeulende Armani-advertensie
Foto’s: www.hellomagazine.com Galery
Rafael Nadal is die nuwe gesig én lyf vir Armani-onderklere. Dié Spaanse tennisspeler volg in die spore van ander sporthelde soos David Beckham en Cristiano Ronaldo.
Of jy van Rafa op die tennisbaan hou of nie, maak nie saak nie: jy sal vir seker van dié advertensies hou! Dáái lyf is smeulend in ’n reeks swart-en-wit foto’s wat Armani se nuwe onderklere-reeks bemark.
Giorgio Armani voel Rafael is perfek vir die veldtog omdat hy ’n gesonde en aktiewe leefstyl vir jongmense bevorder.
Rafael sal ook in die Lente/Somer-reeks te sien wees saam met Megan Fox, wat al van 2009 af ’n gesig vir Armani is.
Vir meer inligting besoek www.armani.com
Verwante artikels
-
Diane Kruger - nuwe gesig van Calvin Klein
SARIE - Mei 2010
Sy's die gesig van Calvin Klein se nuwe parfuum, Beauty. Die Inglourious Basterds-ster en jarelange meisie van Fringe-akteur Joshua Jackson sal binnekort in 'n reeks gedrukte en TV-media verskyn.
-
Giorgio Armani gee water vir behoeftiges en jy kan help
SARIE - Maart 2011
Giorgio Armani, wat deur koninklikes en Hollywood-sterre genader word om hul klere te ontwerp, het pas 'n projek van stapel gestuur om drinkwater wêreldwyd meer toeganklik te maak.
-
Gwen Stefani is die nuwe gesig van L'Oréal Paris
SARIE - Januarie 2011
"Ek kan nie glo dat ek een van die L'Oréal Paris-meisies gaan wees nie!" het Gwen Stefani aan PEOPLE magazine gesê.
-
Jessica Biel - die nuwe gesig van Revlon
SARIE Maart 2010
Hollywood-aktrise Jessica Biel is die gesig van Revlon se Luxurious Color Eyeshadow. 'n Rits ander skoonhede het al dié eer as Revlon-ambassadeur gekry - Jessica Alba, Halle Berry, Elle Macpherson, Gucci Westman en Jennifer Connely, om 'n paar te noem.
-
Julia Roberts die nuwe gesig van Lancôme
SARIE Januarie 2010
Die skoonheidsreus Lancôme het pas aangekondig dat aktrise Julia Roberts hul nuwe internasionale ambassadeur vir 2010 is. Want as dit kom by mooi, wat meer wil jy hê as die oorspronklike Pretty Woman.
-
Rafael Nadal - die gesig van Lanvin se nuwe mansgeur
SARIE - September 2009
Die Franse modehuis Lanvin het besluit om die geur van tennis in die lug te spuit.
-
Scarlett - die nuwe gesig van MANGO

















Kommentaar