Resepte vir Hollywood-styl mengeldrankies
Foto’s: verskaf Galery
'n Hoogtepunt op Hollywood se kalender is die jaarlikse Bafta’s (Orange British Academy Film Awards). Boonop het 2011 se after party beslis skop gehad.
Om die geleentheid meer spesiaal te maak is van die mengeldrankies wat voorgesit gaan word na van die genomineerde flieks genoem. Dié spesialiteitsdrankies gaan gemeng word deur van die wêreld se kundigste kroegmanne, met Grey Goose Vodka die amptelike borg van dié partytjie waar filmspanne ná die toekenningsgeleentheid tot in die vroeë oggendure gaan kuier.
Hou die naweek jou lyf Hollywood-aktrise en maak dié skemerkelkies:
Speechless – die inspirasie The King’s Speech – benoem vir 14 Bafta's
25 ml Grey Goose Vodka
15 ml Bombay Sapphire Gin
15 ml Noilly Prat Ambre
2 druppels Lemon bitters
suurlemoenskil
Metode
Sit al die bestanddele in 'n mengfles, skud goed en skink in 'n Martini-glas. Rond dit af met suurlemoenskil en 'n versuikerde kersie.
Social Status – die inspirasie The Social Network – benoem vir 6 Bafta's
Bestanddele
25 ml Grey Goose Vodka
15 ml vlierbessie-vrugtestroop (Elderflower Cordial)
15 ml suurlemoensap
sodawater
Metode
Sit al die bestanddele in 'n mengfles, skud goed en skink in 'n elegante sjampanjeglas. Maak glas vol met sodawater.
Verwante artikels
-
2009 Pica-toekennings: SARIE wen groot tydskrifpryse!
SARIE - November 2009
-
Emmy-toekennings 2010: Wie het wát gedra?
SARIE Augustus 2010
Hier is die mode-wenners van 2010 se Emmy-toekennings.
-
Via Afrika-toekennings: 2010 se wenners
SARIE Augustus 2010
Vanjaar se Via Afrika-literêre toekennings is in Kaapstad gehou. Eben Venter en Elsa Joubert was onder die wen-skrywers wat die funksie bygewoon het
-
Wie is die wenners van die 68ste Golden Globe-toekennings?
SARIE - Januarie 2011
En wat het die bekendes aangehad?



















Kommentaar