Roxy Louw agter die kamera
Foto’s: verskaf Galery
Die sexy Roxy Louw, professionele branderplankryer en model, smeul nie net voor die kameras nie, maar is ook nou die amptelike ambassadeur vir 'n superkoel kamera.
Nikon het pas vir Roxy as ambassadeur aangestel van die splinternuwe Nikon COOLPIX AW100.
Dié nuwe toevoeging tot die Nikon kamera-versameling is ontwerp om enige prentjie, bo of onder die water, vas te vang. Dis die eerste digitale kamera wat water-, skok- en temperatuurbestand is en is die perfekte pasmaat vir iemand met ’n aktiewe leefstyl, soos Roxy.

Roxy en haar pa, oud-Springbok-rugbyspeler Rob Louw, probeer die nuwe kamera uit in die branders by Bloubergstrand.

* Kry die spesifikasies van die nuwe Nikon COOLPIX AW100 hier.
Verwante artikels
-
Roxy Louw se skoonheidswenke
SARIE - September 2009
Dié model en branderplankryer glo daaraan om altyd te bevogtig.




















Kommentaar